Saturday 6 September 2014

STOK ROOSTERBROOD


Stok roosterkoek

250 ml (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
15 ml (1 e) margarien
125 ml (½ k) water


Sif die droë bestanddele saam.
Vryf die margarien liggies in en giet die water by die mengsel.
Knie die deeg sowat 5 minute tot sag en elasties.
Rol die deeg 15 mm dik uit en sny in repe van 5 cm breed.
Draai die repe met die kante effens oormekaar om sosatiestokke.
Rooster op die kole en eet warm van die stokke af saam met ’n klontjie botter en stroop.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/09/stok-roosterbrood.html
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20-30 minute
Gaarmaaktyd: 10-15 minute
Deur Huisgenoot Digitaal op

No comments:

Post a Comment