Tuesday 9 September 2014

SPESERYE RYS


SPESERYE RYS
2,5 ml (½ t) karwysaad (opsioneel)
7,5 ml (½ e) komynsaad
3 kardamompeule, gekneus
½ pypkaneel
20 ml (4 t) olyf- of avokado-olie
3 preie, in dun skyfies gesny
1 knoffelhuisie, gekneus
500 ml (2 k) wit of bruin basmatirys
750 ml (3 k) groente- of hoenderaftreksel, redelik flou aangemaak
375 ml (1½ k) water
125 ml (½ k) lemoensap
sout en peper
1-2 handevol granaatpitte of rooibosbessies
50 g gevlokte amandels of pimperneute
’n handvol vars kruisementblare, grofgeskeur

1. Verhit ’n braaipan oor matige hitte en rooster speserye sonder enige olie tot aromaties. Voeg die helfte van die olie by en soteer die preie en knoffel tot sag. Roer 80 ml (⅓ k) water by en laat prut tot alles verdamp het. Die proses versterk die speserygeur.
2. Roer die res van die olie en die rys by en soteer vir ’n paar minute. Roer al die vloeistof by en verhit tot kookpunt.
3. Stel die hitte laer, sit die deksel op en prut wit basmatirys vir 10-12 minute of die bruin basmatirys vir 30 minute of tot net gaar, maar nie pap nie. Geur met sout en peper na smaak. Roer die granaatpitte, neute en kruisementblare deur en sit warm voor.

Bron: Heleen Meyer RSG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/09/speserye-rys.html  

SPESERYE RYS
Anthea Ernest
Ek kook gewoonlik net my rys op.
Dan braai ek
uie (in klein blokkies gesny), ‘
bietjie knoffel,
green pepper en
mushrooms.
Tamatie fyngekap


 Saute dit so vir 5min,dan voeg ek n fyngekapte tamatie by. Saute vir nog so 2-3min. Dan gooi ek my rys eerste in n bak. Ek doen gewoonlik 3 lae voor ek dit roer. So eerste n laag rys,dan gebruik ek rys spice, bietjie peper en aromat. Dan n lagie van die uie mengsel. Dan weer n lagie rys, spice, uie mengsel. Dit doen ek 3 keer. Roer deur en geniet.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/09/speserye-rys.html  

No comments:

Post a Comment