Friday, 21 June 2013

TUNA ROL



TUNAROL
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/tuna-rol.html

Martie Fourie Moolman                         
Vulsel:
1 blikkie Tuna (200g), gedreineer
1 ui, fyn gekap
2/3 k gerasperde kaas
6 E grof gekapte yskoue botter
6 E mayonnaise
1 E Blatjang
Meng alles, hou eenkant.
Rol:
4 eiers
3 E suiker
½ t sout
6 E koekmeel
¼ t peper
Gebruik ‘n rolkoekpan 38cm x 25cm x 1.5cm. Voer uit met bakpapier. Skei eiers en klits witte tot skuim.. Voeg suiker en sout by en klits tot styf. Sif meel en peper en vou in. Klits eiergele en vou by eierwitte. Smeer in rolkoekpan en bak vir 8 min. Keer uit op klam doek. Verwyder papier. Smeer vulsel oor warm basis en rol op. Laat afkoel
Bedekking:
½ k fyn maaskaas
6 E cheddar smeerkaas
Fyngekapte pietersielie
Grof gekapte pekaneute
Meng kase en smeer oor rol. Strooi pietersielie en pekaneute oor. Verkoel en sny in skywe. Bedien 12 



Tuna Rol

1 rol Blaardeeg
2 blikkies Tuna
1 blikkie Sweetcorn Chakalaka
3 eetlepels Mayonaise
Sout & Peper
Eier vir bo-oor verf indien verkies

Braai tuna en chakalaka so paar minute
Laat paar minute afkoel en meng met mayonnaise.
Rol deeg oop.
Skep vulsel op deeg en maak ‘n rol.
Bak so 35-30 min teen 180C
Bron: Kreatiewe kosidees - Izani Hood


TUNAROL


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/tuna-rol.html
Rol
4eiers geskei

50 ml suiker

2 ml sout
100 ml koekmeel
1ml peper
Vulsel:
1blik tuna
150 ml kaas gerasper
90 ml margarien
100 mk blatjang
15 ml mosterdpoeier
125 ml maaskaas
90 ml smeerkaas
150ml uie
Metode rol
Klits eierwitte tot skuim.
Voeg sout en suiker by klits tot styf.
Klits gele en voeg by eierwitte vieg nou meel by en meng.
Gooi in swissrol pan en bak by 190grade.
Gooi op klam doek uit.
Meng alles vir vulsek behalwe maaskaas en smeerkaas
Meng nou 2 kase en smeer op rol
Smeer nou tuna vulsel bo-oor.
Rol op soos rolkoek.*
Dalene Brits


No comments:

Post a Comment