Saturday 22 June 2013

VOORGEREG BROODJIE



VOORGEREG BROODJIE
In klein pottery bakkies!
Benhet Nieuwenhuis
Hi jy!!!! Ek het soma deeg in my broodmasjien gemaak! En toe n groot potbrood gemaak en toe reis hy so baie dat ek die kante afgesny het en toe die afal stukke bolletjies gerol en die gemaak!!!
My resepie vir die brood deeg in my broodmasjie is
1 + 3kwart koppie melk
2E olie
1E cremora
2t sout
2E suiker
2k koekmeel
2K broodmeel
1 pakkie yeast
Stel masjien op deeg en daar gaan hy!!!!!
As die deegie klaar gemaak is het ek hom bietjie geknie met kaas en salamie in! Toe in gesmeerde broodpan gesit en gelos tot hy weer vol gereis is en toe gebak!!!! 40min op 180C en die afal stuKkies het ek in balletjies gerol en in gesmeerde bakkie gesit ook laat vol reis en toe gebak vir 15min by 180c!!! O ja ek het voor ek hulle gebak het met bietjie mayoniase bo op gesmeer!!!!* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/voorgereg-broodjie.html


No comments:

Post a Comment