Monday 4 August 2014

STAMPMIELIEGEREG


Stampmielie gereg


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/stampmieliegereg.html
4 tot 6 koppies gaar stampmielies (nie te droog)
1 pakkie potato bake (enige geur)
1/4 koppie melk
3/4 koppie mayonaise
1 koppie room
1 koppie fyn gesnyde sampioene
1 koppie gesniperde spek
2 uie grof gekap
1 koppie gerasperde cheddar kaas

Voor verhit die oond tot 180* C.
Braai spek, uie en sampioene in olyfolie.
Meng mayonaise, sop, melk en room goed.
Meng dit nou met stampmielies en skep in bak.
Strooi kaas oor en bak vir 30 minute.
Heerlik saam met braaivleis.





HEERLIKE STAMPMIELIE GEREG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/stampmieliegereg.html
Heerlike alternatief in die plek van pap
500 ml stampmielies
7 ml sout
10 ml botter

1 pakkie spek gesnipper
250 g sampioene in skyfies gesny
250 ml mayonnaise
125 ml room
1 pakkies wituiesop
250 ml gerasperde cheddarkaas
vars gemaalde swartpeper na smaak

Metode:
Week die stampmielies oornag in water. Dreineer en giet die mielies in 'n kastrol. Voeg genoeg water by om dit te bedek en voeg ook die sout by. Kook tot gaar en dreineer. Voorverhit die oond tot 180º en smeer 'n oondvaste bak. Verhit die botter in 'n pan en braai die spek en sampioene tot bruin. Meng die mayonnaise, room, soppoeier en kaas in 'n groot mengbak. Voeg die stampmielies, spek en sampioene by en geur met peper. Skep die mengsel in die voorbereide bak en bak ongeveer 60 minute tot bruin bo-op.


No comments:

Post a Comment