Monday 4 August 2014

CHORIZO EN KAASHAPPIES






    CHORIZO- EN  KAASHAPPIES

    1 eetlepel (5ml) olie
    1 rooi ui, gekap
    1 knoffel huisie, fyn gekap
    1 klein rooi soetrissie, in klein blokkies gesny
    375ml bruismeel, gesif
    ½ koppie (125ml) Parmesaankaas, fyn gerasper
    sout en swartpeper
    80ml botter, gesmelt
    ½ koppie (125ml) melk
    1 eier, geklits
    2 eetlepels (30ml) vars tiemie (5 ml gedroogde tiemie)
    1 koppie (250ml) chorizoworsies, grof gekap


    Voorverhit oond tot 200°C.
    Spuit ‘n muffinpannetjie met kleefwerende sproei.
    Verhit olie in ‘n braaipan en braai die uie, knoffel en soetrissie vir 5 minute tot gaar.
    Hou eenkant en laat effens afkoel.
    Plaas die meel in ‘n mengbak en roer die parmesaankaas by.
    Geur goed met sout en swartpeper.
    Voeg die botter, melk en eier by die droë bestanddele en roer goed deur.
    Roer die uie-mengsel, tiemie en chorizo by.
    Skep die holtes van die muffinpannetjie ⅔ vol en bak vir 20 - 25 minute tot goudbruin en gaar.
    Plaas op ‘n afkoelrak en bedien met botter en kaas.
    http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/chorizo-en-kaashappies.html

No comments:

Post a Comment