Friday 1 November 2013

PAMPOENTERT IN JOU POT



PAMPOENTERT IN JOU POT:
[WEGRY] 6-8 porsies
3 koppies gaar pampoen (boerpampoen of botterskorsie), fyngemaak
1 x 380 g-blik Ideal-melk
1 koppie koekmeel
1 koppie volroommelk
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
1 koppie suiker
2 eiers, geklits
2 eetlepels botter of margarien, gesmelt (plus ekstra om die pot te smeer)
kaneelsuiker
SO MAAK JY:
Smeer ’n platboompot deeglik met botter. •Meng al die bestanddele behalwe die kaneelsuiker en gooi dit in die pot.
Sit die pot se deksel op en sit dit oor matige kole.
Sit ’n paar warm kole op die deksel.
Bak dit vir ’n uur of langer, totdat die pampoentert gestol het.
Druk ’n skerp mes in die middel om te toets of dit gaar is. As dit skoon uitkom, is die tert gaar.
Strooi kaneelsuiker oor en sit warm voor.
WENK:
As jy brood of enige gebak in ’n platboompot wil gaarmaak, onthou om die hitte onder die pot laag te hou anders brand die inhoud gou.
Pak ’n paar warm kole op die deksel en vervang dit met warm kole as dit te koud word.
Dit is nuttig om ’n vel foelie, groter as die pot se deksel, oor die pot te sit voordat jy die deksel opsit.
As ’n mens die deksel oplig, keer die foelie dat daar kole of as in die kos val.
By: Kos vir kampeerders met idees vir kampering* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/pampoentert-in-jou-pot.html

No comments:

Post a Comment