Tuesday 29 January 2013

PAELLA



PAELLA
Foto>Henriette Wessels


LEKKERSTE PAELLA OOIT
50 ml Olyfolie
200gr Cherizo worsie in skyfies gesny
500 gr gerookte hoender fillets
2 uie geakp
2 knoffelhuisies fyngekap
5 ml tiemie
1 teel borrie
1 rooi brandrissie ontpit en fyngekap
1 groen soetrussie fyngekap
350 ml basmati rys (Anders sommer gewone rys)
5 ml gerookte paprika
100 ml witwyn
1 ml saffraandrade geweek in 1 Liter hoenderaftrekstel
4 groot tamaties geskil en fyn gesny (ek het sommer blik tamaties gebruik....en die sous met 2 teelepels kerrie gemeng en ook ingegooi)
100gr bevrore ertjies
Sout en swartpeper vars gemaal
200gr afgedopte garnale
1 Pak seafood mix (die gevriesde pakke)
15ml suurlemoensap
30 ml gekapte Italiaanse pietersielie
1 pakkie (Klein) gerookte worsies (soos Klein Russian tipe ontbyt worsies)
Verhit die olyfolie in 'n swaarboomkastrol en braai jou worsies cherizo en hoender tot lekker bruin (ek het die hoenderfillets kleiner gesny, heel stukke is te groot).
Haal uit die pot en sit eenkant. Braai Dan jou uie, rissies en knoffel saam in dieselfde pot en sorteer tot sag.
Voeg Dan jou tiemie en rys by asook die paprika, borrie en wyn. Voeg Dan jou saffraan en hoenderaftreksel mengsel by .
Laat dit kook tot jy sien die meeste van die vloeistof is geabsorbeer. Roer liggies en voeg Dan weer jou worsies, en hoender by.
Gooi Dan ook jou tamaties oor die mengsel asook jou ertjies. Vat Dan die tamatiesous / kerrie mengsel wat in die blik aangemaak is
Gooi so half koppie kookwater by en gooi ook oor, roer saggies deur!
Sit hitte laag en laat stoom terwyl jy in 'n pan botter sit, jou steurgarnale en seekosmengsel vir 'n paar minute braai
Tot dit die effense pienk kleur kry en sprinkel Dan so bietjie suurlemoensap oor.
Skep jou seekos Dan op jou paella in die pot en laat vir 6 minute stoom
(ek het maar dopgehou dat dit nie droog kook nie en soms water bygevoeg)gooi Dan soute en peper na smaak.
Meng alles goed deur (maar liggies Anders is dit pap) Sprinkel jou pietersielie oor, laat so 2 minute op die af plaat staan net dat jou geure
lekker meng
Walla Dan eet jy heerlik!
Ek het dit met 'n mengelslaai voorgesit en dit was Fantasties!
Wenk - Sorg net dat jou seekos mengsel goed ontvries is voor die tyd Anders is dit taai.
Bron: Eie resep verander
Plasing en foto: Henriette Wessels**http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/paella.html




PAELLA VIR ‘N FEES
30ml margarine
30ml kooklolie
2 hoenderborsies, bene en vel verwyder en in blokkies gesny
2 frankfruters in ringetjies gesny
1 ui in skywe gesny
1 knoffelhuisie fyngekap
1 blik tamaties gedreineer en gekap
1 rooi soetrissie ontpit en gekap
5ml sout
3ml vars gemaalde swartpeper
5ml paprika
500ml rou rys
750ml water
15ml suurlemoensap
2ml borrie
175ml bevrore ertjies
250g steurgarnale of garnale doppe verwyder en skoongemaak
250g mossels skoongemaak
125g calamari in ringe gesny
15ml gekapte pietersielie
Metode:
Verhit die margarine en olie in die braaipan of paella-pan. Braai die hoender en worsies tot ligbruin en verwyder. Braai nou die ui en knoffel tot die ui sag is, maar nie bruin nie. Voeg die tamaties, soetrissie sout, peper en paprika by en kook ongeveer 12min tot die mengsel verdik. Voeg die rys by en roer aanhoudend. Braai 3 min. Voeg nou die water, suurlemoensap en borrie by, bedek en prut 15min terwyl dit af en toe geroer word. Voeg die ertjies, en seekos by en plaas die hoender en worsies weer in die pan. Roer liggies met ‘n vurk. Bedek en laat nog 10min kook of tot al die vloeistof geabsorbeer is en die seekos gaar is. Sprinkel pietersielie net voor bediening op. Sit voor met ‘n slaai. *Eenskottelwenners http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/paella.html


SPAANSE HOENDER PAELLA
1 hoender gekook en ontbeen
4 groot tamaties in blokkies gesny
1 pak sampioenroomsop
250g skulpie noedels
2 Groot uie gekerf
250g spek opgesny
500ml hoenderaftreksel
10ml borrie
1 blik ertjies
Metode:
Braai gekerfde ui, voeg dan gesnye spek en tamaties by en laat stowe/ Voeg hoender by. Meng hoenderaftreksel met sop en geur met borrie. Voeg by vleismengsel. Kook noedels sag in sout water en voeg saam met ertjies by vleis. Laat prut vir 10min. Bedien met groenslaai. Hierdie gereg vries fantasties.
VARIASIE: Gebruik rys in die plek van die pasta http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/paella.html

Louise Groenewald
PAELLA
(FROM THE ROYAL HOSTESS COOKBOOK)
30ml Olive Oil
6 cooked Chicken joints
1 large green or red pepped, seeded and chopped
1 large onion, chopped
2 cloves of garlic, crushed
2 medium tomatoes, skinned and diced
500ml Tastic Rice
1,5 litres Chicken stock
5ml Salt
2ml freshly ground black pepper
1ml saffron or turmeric infused in 50ml hot water
1 small crayfish cooked and shelled, diced
6 cooked prawns, shelled
12 cooked mussels in shells or canned mussels
12 smoked oysters
12 black olives
260ml frozen peas
Heat oil in a large frying pan. Add chicken, peppers, onion and garlic and fry until golden. Add tomatoes, rice, chicken stock, salt & pepper and simmer, uncovered for 15 minutes. Stir in saffron or turmeric. Arrange crayfish, prawns, mussels, oysters, olives and peas on top and simmer for a further 10 minutes or until rice has absorbed most of the liquid. If rice becomes too dry, add a little more stock. Serve Paella immediately.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/paella.html


KORTPAD SEEKOS PAELLA
Helena se Kortpad
Kook rys met bietjie borrie in en laat rus as gaar [2-3k rou]
Marineer jou Seekos in n bietjie Italiaanse Slaaisous en 1t gekapte knoffel vir 30min.
Maak 500ml hoenderaftreksel met 125ml Sweet-chillie sous aan en laat rus
1K Gevriesde ertjies
Sout en Peper en n bietjie Visspeserye
1 Pak half skulp Mossels
10 Grabsticks
5 Calamarie Tubes in ringetjies gesny[of 4 Calamarie steaks in repe gesny]
15 Baby Octupust
12 Lekker groot Tiger Prawns
2 uie gesny
groen en rooi soetrissie in repies gesny
1k Sampioene gesny
Braai uie en sampioene en soetrissies halfgaar in botter
Nou Braai jy elk van jou seekosse apart in n pan vinnig en skep uit [ nie te lank nie asb]
Gooi alles by jou uiemengsel
Voeg jou gekookte rys by asook jou ertjies
Voeg jou aftreksel by en meng goed nie te veel nie
Deurwarm en geniet dit[ proe maar vir jou sout en swartpeper]
N.S As jou rys gaar is en jou seekosse gemarineer is neem dit nie eers 10min. nie dan kan jy eet!!!WHALLA!14/12/11 Helena Kruger. Porsies 8-10 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/paella.html


Louise Groenewald
PAELLA
(FROM THE ROYAL HOSTESS COOKBOOK)
30ml Olive Oil
6 cooked Chicken joints
1 large green or red pepped, seeded and chopped
1 large onion, chopped
2 cloves of garlic, crushed
2 medium tomatoes, skinned and diced
500ml Tastic Rice
1,5 litres Chicken stock
5ml Salt
2ml freshly ground black pepper
1ml saffron or turmeric infused in 50ml hot water
1 small crayfish cooked and shelled, diced
6 cooked prawns, shelled
12 cooked mussels in shells or canned mussels
12 smoked oysters
12 black olives
260ml frozen peas
Heat oil in a large frying pan. Add chicken, peppers, onion and garlic and fry until golden. Add tomatoes, rice, chicken stock, salt & pepper and simmer, uncovered for 15 minutes. Stir in saffron or turmeric. Arrange crayfish, prawns, mussels, oysters, olives and peas on top and simmer for a further 10 minutes or until rice has absorbed most of the liquid. If rice becomes too dry, add a little more stock. Serve Paella immediately.
Serves 6 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/paella.html

Dalene Brits
PAELLA
30 ml (2 eetl) Kookolie
125g Bevrore Steurgarnale
1 Ui, gekap
1 Knoffelhuisie, fyngedruk
1 groen Soetrissie, in blokkies gesny
5 Ontbeende Hoenderborsies in repies gesny
1 Russian, in skyfies
125g Knopiesampioene, in skyfies
500 ml (2k) Rou witrys
3 klein Tamaties, ontvel en gekap
5 Hoenderborsies in repies
1 lourierblaar
1 lt (4k) Hoenderaftreksel
2ml ( ½ tlp) Borrie
1 blikkie (105g) Mossels in pekel
of
250 g gaar Mossels in die skulp
125 ml Bevrore ertjies
Sap van 1 klein suurlemoen
Sout & vars gemaalde swartpeper
60 ml ( ¼ k) Vars Pietersielie, gekap
Verhit olie in ‘n groot kastrol en roerbraai steurgarnale sowat 1 min lank tot mooi pienk. Skep uit en hou eenkant.
Soteer die ui, knoffel en soetrissie in dieselfde pan tot sag. Voeg meer olie by indien nodig. Voeg hoenderrepies by en braai tot dit effens verbruin. Voeg dan die worsies & sampioene by en roerbraai tot effens bruin.
Voeg die rys by en roerbraai sowat 1 min lank. Voeg die tamatie & lourierblaar by en meng deur. Meng die borrie met aftreksel en voeg by. Verlaag hitte en laat prut tot rys sag en die meeste van die vloeistof geabsorbeer is. Plaas die garnale bo-op en voeg ook mossels en ertjies by. Verhit tot deurwarm. Geur met suurlemoensap en sout & peper. Skep in warm opdienborde en sprinkel pietersielie oor. Genoeg vir 6-8 persone.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/paella.html


Jenny van der Westhuizen
EASIEST EVER PAELLA
Serves 4. Ready in 30 minutes.
1tbsp olive oil
1 leek or onion, sliced
110g pack chorizo sausage, chopped
1 tsp turmeric
300g long grain rice
1 litre hot fish or chicken stock
200g frozen peas
400g bag frozen seafood mix, defrosted
Heat the oil in a deep frying pan, then soften the leek for 5 minutes, without browning. Add the chorizo and fry until it releases its oils, then pour in the stock. Bring to the boil, then simmer for 15 minutes, stirring occasionally.
Tip in the peas and cook for 5 minutes, then stir in the seafood to heat through for a final 1-2 minutes, or until the rice is cooked. Season to taste.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/paella.html

Helena Kruger
KORTPAD VISPAELLA
koppie rou rys
5ml borrie
500ml visaftreksel
150g skelvis gaar gestoom in melk
150g stokvis in botter gebraai tot gaar
150g botter
1 pak gemengde seekos (Marinara mix), gebraai in botter en knoffel. (Behou die bottervloeistof)
250ml bevrore ertjies in mikrogolf verhit vir 3 minute
Metode:
Kook rys gaar in visaftreksel, borrie en knoffel. Meng gaar rys, gaar gevlokte skelvis en stokvis, gaar seekosmengsel en ertjies, alles deurmekaar. Plaas in opskepbak en stip met botter bo-op. Knoffel kan ook bygevoeg word. Gooi melk waarin skelvis gaar gemaak is en bottervloeistof van seekosmengsel bo-oor. Plaas foelie oor en bak vir 45 minute by 160C. Roer deur voor, voorgesit word. Sit voor met slaai. Helena http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/paella.html

No comments:

Post a Comment