Wednesday 21 May 2014

ROLKOEKE - SJOKOLADE ROLKOEK




Kersfees sjokolade rolkoek


Bestanddele:
3 eiers
75 g strooisuiker
2 eetl kakao poeier
65 g koekmeelblom,

Vir die versiering:
200 g botter
250 g versiersuiker
200 g sjokolade

Metode
Voorverhit oond na 180 g cel
1. Berei ‘n 30 x 23 cm pan voor (smeer pan met botter , le uit met waspapier, sprinkel goed met bakpoeier)
2. Klits eiers en suiker saam tot glad en romerig.
3. Sif koekmeel, cocao saam en vou in by die eiermengsel met metaallepel.
4. Gooi mengsel in voorbereide pannetjie .
5. Bak vir 10 min.
6. Plaas ‘n skoon vadoek op werkoppervlak, plaas waspapier bo op vadoek en sprinkel goed met strooisuiker.
7. Tiep warm uit , verwyder die ou waspapier , plaas koek bo op die skoon waspapier met strooisuiker, ( nb: die onderkant van die gebakte koek moet nou na bo le ) ; sny die kante van die koek af met skerp 
8. Plaas nog ‘n waspapier bo oor die koek en rol nou styf op . Laat so goed afkoel

Vir die versiering:
1. Room botter en versiersuiker saam
2. Smelt shokolade (gebruik 2 potte waarin water in onderste een kook , plaas shokolade in 2de pot, plaas bo op ander kastrol, en laat smelt die shokolade met die stoom van onder af)
3. Voeg nou by jou bottermengsel en meng goed, laat effe afkoel
4. Rol die koue koek oop, verwyder die waspapier, en smeer goeie lagie op oop koek
5. Rol nou die koek weer mooi op en versier met die res van mengsel
6. Vat vurk en trek lang strepies bo oor koek , sprinkel met strooisuiker en versier na wense
Bron: Boerekos

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/sjokolade-rolkoek.html 

Louisa Hollenbach
 
MAKLIKE ROLKOEK / SWISS ROLL
Switserse rol (maklike resep)
120 g bruismeel;
4 groot eiers; 
10 ml suurlemoensap;
160 g strooisuiker.
Smeer en voer 'n 22 x 35 cm bakpan geskik vir Switserse rol. Sif die meel. Klits die eiers, 25 ml water en die suurlemoensap deeglik. Voeg die suiker by en klop tot dik. Vou die meel versigtig in die voorbereide pan en bak vir 10 tot 12 minute in die voorverhitte oond van 190 grade C. Sprinkel 'n bietjie versier- of strooisuiker oor 'n stuk waspapier. Plaas bo-op 'n klam afdroogdoek. Keer die bakplaat op die waspapier om en trek die papier waarmee jy die bakpan uitgevoer het, af. Sny die rande netjies met 'n getande mes af. Rol die koek op met die waspapier en laat staan. Maak toe met klam vadoek. Rol weer versigtig oop en smeer met 'n vulsel van jou keuse en rol dit weer op.
Vulsels
Karamel en aarbei: Smeer 'n laag karamelkondensmelk oor die rol en pak dan dun gesnyde vars of geblikte (sous afgegooi) daarop.
Konfyt en room: Smeer met appelkoos- aarbei- of bessiekonfyt. Bedek met 'n dun lagie styfgeklopte room.
Neute en sjokolade: Smelt 'n blok sjokolade en meng dit met 125 ml grondboontjiebotter. smeer dit oor die rol. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/sjokolade-rolkoek.html 

No comments:

Post a Comment