Thursday 22 May 2014

LUI HUISVROU VISDIS

Helena Kruger
En hier het ek n lekker VISDIS gemaak in die Slow-Cooker vir vanaand*
LUI-HUISVROU VISDIS
2 Aartappels gerasper
1k Sampioene gebraai
1med. ui gebraai saam met die sampioene in botter
3 Stokvis fillette in mote gesny,visspeserye oorgegoo en in meel gerol
1k Cheddar kaas gerasper
1 pakkie Seekos-sop aangemaak met 350ml melk
1k room bygevoeg
Begin met n laag gerasperde aartappels
Dan n laag gerasperde kaas
Dan n laag vismote, en sprinkel nou van die uie en sampioene bo-oor
Dan veder dieselfde lae tot bo en eindig dan met kaas
Sprinkel bietjie sout en swartpeper oor en gooi nou die Sop-Roommengsel bo-oor
Stel op *High vir so 2h of op med vir langer**
N.S=Dit ruik soos heerlik ...het nou geloer**27/6/12*Helena Chilli Kruger.
— at Die Grasdak Bultfontein.
.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/lui-huisvrou-visdis.html

No comments:

Post a Comment