Friday, 23 May 2014

LAEVET SJOKOLADEMOUSSE


Laevet-sjokolademousse
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute
stoltyd: 2-3 uur

30 ml (2 e) vlapoeier
90 ml (6 e) kakao
180 ml (¾ k) strooisuiker
500 ml (2 k) vetvrye melk
20 ml (4 t) gelatien
30 ml (2 e) koue water
1 blik (410 g) ingedampte laevetmelk, verkoel

1. Sif die vlapoeier, kakao en strooisuiker saam in ’n swaarboomkastrol. Roer die melk by en verhit tot kookpunt. Roer aanhoudend tot die mengsel verdik. Prut sowat 2 minute tot gaar. Verwyder van hitte.
2. Sprinkel die gelatien oor die koue water en laat staan om te spons.
3. Roer by die warm kakaomengsel en laat afkoel tot kamertemperatuur.
4. Klits die yskoue ingedampte melk styf en vou die kakaomengsel daarby in. Verkoel tot stewig.
5. Skep in klein bakkies of een groot bak.

Bron: Huisgenoot
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/laevet-sjokolademousse.html