Friday 23 May 2014

SJOKOLADE EN OKKERNEUT KOPPIEKOEKIES


SJOKOLADE EN OKKERNEUT KOPPIEKOEKIES

Lewer 6 koppies of muffins
Bereiding: 15 minute
Baktyd: 45 minute

170 g botter
140 g donkersjokolade, in stukkies gebreek
200 g strooisuiker
50 g bruinsuiker
4 eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
1 ml (¼ t) amandelgeursel
110 g koekmeel
15 ml (1 e) kakao
100 g gekapte okkerneute
gesmelte sjokolade en gekapte neute vir afronding

Voorverhit die oond tot 180 °C
Spuit 6 groot teekoppies of diep muffinholtes met kossproei of smeer met botter
Smelt die botter en sjokolade in ’n glasbak in die mikrogolf of oor ’n kastrol met kookwater
Roer die suikers by en klits die eiers een vir een by
Voeg die geursels by en sif die koekmeel en kakao oor die mengsel Vou in saam met die okkerneute
Skep in die voorbereide koppies of holtes en bak sowat 45 minute of tot ’n toetspen skoon uit die koekies kom
Keer uit en laat afkoel of sit net so in die koppies voor
Smeer die sjokolade oor en sprinkel die neute bo-oor
BRON:Felishia Lee Frank van Durban het hierdie resep met ons gedeel.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/sjokolade-en-okkerneut-koppiekoekies.html

No comments:

Post a Comment