Friday 23 May 2014

SONDAG BEESRIB



EET-MET-DIE-HAND-RIBBETJIE
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 minute
Staantyd: oornag of 2 uur
Gaarmaaktyd: 1-2 uur

1,5 kg beesribbetjies, in stukke gesny
sout en peper
70 ml tamatiesous
50 ml blatjang
45 ml (3 e) sagte bruinsuiker
30 ml (2 e) worcestersous
1 groot suurlemoen se sap (sowat 60 ml) en skil
pietersielie, gekap

Verhit die oond tot 160 °C en smeer ’n groot oondbak met olie.
Geur die rib met sout en peper en rangskik in ’n glasbak.
Meng die res van die bestanddele buiten die pietersielie en giet dit oor die ribbetjies. Maak seker die marinade bedek al die kante.
Marineer oornag of minstens een uur. Pak die ribbetjies in die voorbereide oondbak en bak sowat ’n uur of tot gaar en tot die sous taai en klewerig is.
Verf die ribbetjies met die marinade terwyl dit in die oond bak.
Garneer met die vars pietersielie.
Sit die ribbetjies voor met kapokaartappels en geroosterde tamaties.

WENKE

Maak die ribbetjies so op die ketelbraai gaar: Smeer die rooster liggies met olie. Plaas die ribbetjies so op die rooster dat daar geen kole direk onder die ribbetjies is nie en sit die deksel van die Weber op. Verf die ribbetjie gereeld met die marinade en draai dit gereeld om.
Maak Oosterse ribbetjies: Vervang die marinade hierbo met ’n marinade wat bestaan uit 30 ml oestersous, 180 ml sojasous, 125 ml sjerrie, 3 huisies fyn knoffel, 1 stukkie vars gemmer, 2 salotte en 180 ml suiker. Marineer 1-2 uur in die yskas en braai op die kole.
#Sondag beesrib 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/sondag-beesrib.html

No comments:

Post a Comment