Friday 23 May 2014

GROENTESLAAI EN WORSBALLETJIES

GROENTESLAAI EN WORSBALLETJIES
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute

GROENTE EN WORSBALLETJIES
750 ml (3 k) van ’n verskeidenheid groente soos geskilde botterskorsie, patat, murgpampoentjies, rooi soetrissies, uie en mielietjies, in klein blokkies gesny
6 heel knoffelhuisies
’n bietjie olyfolie
geurselsout
1 pak boerewors, vleis uit die velletjie gedruk en in klein balletjies gerol


SLAAISOUS
10 ml (2 t) korrelrige mosterd
30 ml (2 e) witwynasyn
45 ml (3 e) olyfolie
knippie suiker
gerasperde skil van 1 suurlemoen

KOESKOES
250 ml (1 k) koeskoes
45 ml (3 e) gekapte pietersielie

Voorverhit die oond tot 190 °C.
Smeer ’n oondpan.


GROENTE EN WORSBALLETJIES 
Meng die groente en knoffel met die olyfolie, sprinkel geurselsout oor en pak in ’n enkellaag in die oondpan. Pak die boereworsbolletjies tussenin. Bak tot net gaar.
SLAAISOUS 
Meng al die bestanddele van die slaaisous. Giet die helfte oor die warm groente en laat effens afkoel.
KOESKOES 
Giet 250 ml (1 k) kookwater oor die koeskoes en laat staan tot uitgeswel. Vlok met ’n vurk.
Skep die koeskoes in ’n bak, meng die groentemengsel deur en sit voor met die orige slaaisous. Garneer met pietersielie.
Deur Huisgenoot Digitaal

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/groenteslaai-en-worsballetjies.html

No comments:

Post a Comment