Wednesday 23 January 2013

BROODDEEG / SPARDEEG / WINKELDEEG


BROOD DEEG

OESTER-CHILLI DEEG BROODJIE’S


Helena Kruger
**My Eie Resep**
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/brood-deeg-resepte.html
1kg gekoopte Brooddeeg
Verhit oond tot 180*C.
Verdeel die deeg in 8-4 stukke
Maak ronde broodjies
Druk nou klein stukkie kaas
1t chilli-roomkaas
1t Chilli-Blatjang
2ringetjies gesnyde gepiekelde jalapenos
3gerookte oesters
Bietjie gerasperde parmesan kaas
Bietjie vars gekapte pietersielie in die middel


Vou toe van links na regs en van bo na onder
Keer om en plaas in jou gesmeerde pannetjies[las is nou onder in jou pannetjie.] smeer met die olie van die oesters en strooi parmesan bo-oor
Laat hulle rys vir sowat 20min. of tot mooi uitgerys en bak hulle in n vooraf verhitte oond vir so 30min .
WENKE:

Dit is baie lekker en elkeen het sy eie broodjie.
Jy kan net voor jy hulle uithaal so n klein bietjie kaas bo-oor strooi as jy wil. Geniet dit saam met n lekker braai!!!**Helena Chilli Kruger **7/4/12






KARAMELBOLLETJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/brood-deeg-resepte.html
1 kg winkeldeeg
1 ½ kop muscovado bruinsuiker (klam bruinsuiker)
500 ml room
20 ml fyn kaneel
60 ml botter

Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C.
Verdeel die deeg in 18 bolletjies, smeer jou hande met gesmelte botter, maak ‘n deegbolletjie en rol elkeen in die bruinsuiker.
Verdeel nou die oorblywende suiker en plaas die helfte onderin die bak wat u gaan gebruik.
Pak die deegbolletjies nou bo-op die lagie suiker, gooi die room eweredig oor die deegbolletjies, en rond dit af met die fyn kaneel en die res van die bruinsuiker en stip aan met stukkies botter.
Bak die bolletjies in die voorverhitte oond vir 45 minute (met die deksel op) of tot mooi uitgerys en ligbruin. Verwyder nou die deksel en bak vir nog ‘n paar minute (± 10 min)…. tot bruin bo-op.
Sit warm voor, skep van die karamelsous bo-oor die bolletjies ……………….. en nodeloos om te sê ……………… iemand gaan die bak se laaste lekkerte ook wil uiteet met ‘n teelepel.*
Bron: Radio Pretoria* .

Elsjè Stolk
Hallo julle. Ek het laas naweek 'n post geplaas vir 'n Soetbroodjie resep. Ek het dit laas naweek gemaak en vergeet om 'n foto te neem. Dit was so groot sukses dat ek gevra is om dit weer te maak so hier is die foto ook!

SOETBROOD MET SPARDEEG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/brood-deeg-resepte.html

BESTANDDELE
1 Pak winkeldeeg
1½ koppie room
1 koppie bruinsuiker (of 1 pakkie bruin uie soppoeier)


METODE
Sit die helfte van die bruinsuiker en en helfte van die room in 'n oondvaste bak.
Maak bolletjies van die deeg en plaas dit daarin.
Voeg die res van die room en suiker by. (As jy 'n soutbroodjie wil hê, vervang die suiker met die uie soppoeier)
Bak teen 180 °C vir 45 minute met deksel op.
Haal deksel af en bak vir verdere 15 minute. 

#roombolletjies.
Helena Kruger
SPAR DEEG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/brood-deeg-resepte.html
maak n rol en las aanmekaar met bietjie water..sny skywe in deeg van voor na middel maar nie deur nie en pak Ham..kaas..en gekerfde knoffel in en druk namekaar toe om dit bymekaar te hou.Smelt botter en voeg gekerfde knoffel en vars pietersielie by . Gooi onder in die pan en plaas jou rol bo-op en gooi nou ook van die bottermengsel bo-oor genoeg en strooi lekker kaas oor!!!Ek het ook kaas saam met die ham in die snye in gedruk en bak in oond tot gaar en mooi bruin..N.S Sorry nadat jy dit gepak het laat dit eers weer mooi rys en bak dit dan Helena?
Michelle Nel .

Hoe om gekoopte deeg te ontvries
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/brood-deeg-resepte.html
Ek haal dit die aan voor ek dit wil gebruik uit die vrieskas. Dit moet goed ontddooi.
Knie dit liggies af en sit in gesmeerde panne. Laat rys in oond by 100 grade C. Dit neem langer as gewoonlik om te rys, ek laat dit 60-90 minute rys. Maak die liggies toe met foil. Dit moet warm gehou word. Bak dan soos gewoonlik.

ROL~BROODJIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/brood-deeg-resepte.html

¾ pak deeg (ready made doug)
1 blikkie tamatie puree
250 g spekvleis
1 ui
375 ml gerasperde cheddarkaas


Metode:
Voorverhit oond tot 200°
Rol deeg uit
Smeer tamatie puree oor deeg
Braai spek en ui en smeer oor
Sprinkel kaas oor
Rol deeg in lengte op soos swiss rol
Plaas in gesmeerde broodpannetjie en laat rys eers bietjie voor bak
Bak half +/- 30 minute
Kan ook enige vulsel soos verkies gebruik*
Annalizé Vermeulen.



POTATO BAKE BOLLETJIES ALLA COLLEEN http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/brood-deeg-resepte.html

1 sakkie Brooddeeg
Pakkie sour cream and chives potato bake
250ml vars room
Metode:
Smeer jou hele ysterpot/oondskottel met botter.
Maak bolletjies, pak styf teenmekaar in die gietysterpot, laat rys so ¾ vol, maak sourcream potatobake aan met room, gooi bo-oor en trek die bolletjies weg van mekaar sodat sous tussen in loop. Bak 180C vir 30 - 45 min. Heel maklik en verslawend lekker!*
Adri Malan

KNOFFELBROOD MET ROOM
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/brood-deeg-resepte.html


1 kg Vetkoek deeg - deeg wat by "Spar/Checkers" te koop is.
500 (Vyf honderd) ml Ultramel room /enige ander volroom
Kaas - Soveel soos wat jy wil insit
Gebraaide spek (opsioneel)
Gekapte swart olywe (opsioneel)
Knoffel - Soveel soos wat jy wil insit


Metode:
* Maak die deeg in lang vorm (soos 'n brood),
* Sny dit in die middel oop (in lengte), voeg kaas, knoffel, ens. in en druk die deeg toe.
* Draai die deeg om met gesnyde kant na onder
* Plaas die deeg in gesmeerde broodpan /oondpan (pan moet diep wees)
* Gooi 375 ml room oor die deeg,
* Strooi bietjie kaas en paprika bo-oor
* Vooraf verhit die oond tot 180 grade,
* Bak ongeveer uur .
* Gooi die laaste room oor - 5 minute voor die brood uitgehaal word.
Die warm brood kan in die room in pan gedoop word soos dit geëet word of opgesmeer word.
Hoe langer die brood in die room lê hoe lekkerder!
Walters le Roux[Baie goeie vriend van my].. Dankie Wally
.



LEKKER DEEG BROODJIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/brood-deeg-resepte.html


1kg gekoopte Brooddeeg
Verhit oond tot 180*C. Verdeel die deeg in 8 stukke. Maak ronde broodjies en plaas dit op jou gesmeerde bakplaat.Druk nou klein kersietamaties, Repies Soetrissies, Gekneusde knoffelhuisies gemeng met vars gekapte Pietersielie bo-op die ronde broodjies. Laat hulle rys vir sowat 20min. of tot mooi uitgerys en bak hulle in n vooraf verhitte oond vir so 30min .Dit is baie lekker en elkeen het sy eie broodjie.n.s Jy kan enigiets bo-op druk waarvan jy hou..Salami..gebraaide spekblokkies feta blokkies..olywe..gebraaide uie ringe in balsamiese asyn..Chilli vlokkies..organum.. Kan ook gerasperde kaas oor strooi net voor jy dit uit die oond haal As dit gaar is strooi growwe sout bo-oor en geniet dit saam met n lekker braai!!!<Helena 18/7/10
  
.


POTATO BAKE BROODROLLETJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/brood-deeg-resepte.html

Weg tydskrif
basiese brooddeeg
1 koppie melk
1 koppie room
1 pakkie Potato Bake-poeier
(die geur van jou keuse)
gerasperde kaas


Metode:
1 Goed geklits. Meng die melk, room en Potato Bake-poeier. Gooi die helfte daarvan in ’n oondbak
(of platboompot, as jy dit oor die kole gaan bak).
2 Rol die broodjies. Vorm nou brooddeeg wat die eerste keer klaar gerys het, in bolletjies en pak dit langs mekaar in die oondbak bo-op die vloeistof. Wees versigtig om die bolletjies deeg nie te groot te maak nie, angesien hulle weer gaan rys.
3 En nou die kaas. Gooi nou die oorblywende vloeistof oor en sprinkel gerasperde kaas bo-oor.
Laat dit vir ’n halfuur of so staan totdat dit gerys het en bak dit dan in ’n oond van 180°C tot goudbruin en gaar sonder die deksel. As jy beplan om dit buite oor die kole te doen, volg dieselfde aanwysings as vir potbrood deur ’n paar kooltjies bo-op die deksel te plaas.
Weg sê: Pleks van brooddeeg aanmaak, kan jy dit ook sommer by jou naaste supermark koop
*
Carin Ras Wilson...


BILTONG BOLLETJIESBROOD:


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/brood-deeg-resepte.html
Frikkie Bussie le Roux‎ 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/01/winkeldeeg.html
Oh ja amper vergeet het n wonderlike resep vir die( try anyting club ). Ek koop gewoonlik maar my deeg baie makliker. 
1 sakkie deeg. 
2 blikkies tamatie en uie( mix ) 
2 potjies vars room. 
1 sakkie biltong shavings
2 soorte kaas

Metode:

As die deeg lekker gereis het vat die biltong shavings strooi oor die deeg,rol nou die deeg in ewe bolliekies so groot soos n golf bal ,pak in n oond pan spasieer laat daar n spasie tussen elk is .meng nou die blikkies tamatie en uie mix saam met die potjies room. En gooi oor die bolliekies deeg in die oond pan bak tot gaar en strooi kaas voor gaar 2 soorte kaas


Hier is sommer 'n hele paar links na brooddeeg idees
  




1. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/01/kaasbolletjies-brood.html 


2. Stokbrood kan ook met gekoopte deeg gemaak word:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/09/stok-roosterbrood.html 

3. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/soet-sultana-en-kaneel-bolletjies-brood.html

4. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/vetkoek-met-spardeeg-gekoopte-deeg.html




GEROOKTE HOENDER EN BROCCOLI VLEG BROODJIE:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/brood-deeg-resepte.html

1 pakkie winkeldeeg
1 eier geklits
koekmeel vir oppervlak - om deeg uit te rol

Sprinkel die werkoppervlak met koekmeel
druk deeg plat in reghoek vorm, rol mooi egalig, en dun,
sny nou kepe, 1/3 van die oppervlak aan albei kante, vul met vulsel, vou toe, smeer eier, gooi kaas, bak..

Vulsel:
15ml groenteolie
15ml botter
1 ui gekap
250g gerookte hoender gekap
250g broccoli in blommetjies gebreek
30ml gekapte pietersielie
500ml gerasperde cheddar kaas

Metode:
Voor verhit die oond tot 180°C.
Verhit die olie en botter in ‘n pan en soteer die ui vir 2 min tot sag. Voeg die hoender by en maak deurwarm.
Voeg die broccoli by en roerbraai dit vir 2min. Haal dit van die plaat af en voeg die pietersielie by. Laat effe afkoel.
Voeg helfte van gerasperde kaas by. Skep die kaas en hoendermengsel in voorbereide deeg en vou toe.
Klop die eier ,smeer jou broodjie. gooi ander helfte kaas oor,
Bak dit in die oond vir 30min of tot goudbruin.  .

Bron: Henriette Wessels 



Sonia Van Niekerk Maharaj      



‎SONIA SE BYBELBROOD
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/brood-deeg-resepte.html
Ek het nou regtig soos die storie in die bybel twee vissies en 'n pak winkeldeeg gevat en daar is nou so 'n groot brood ek sal vir die bure moet uitdeel! Nooit gedink dit sal so groot uitkom nie... 
Wel... hier is my broodjie gevul met vis, gekarameliseerde uie, broccoli, feta en 'n smeer maaskaas. Bo-op geklitste eier gesmeer en bietjie kaas gesprinkel. Net sout, peper en Spice for fish bygevoeg. Gebak teen 180 grade vir 30 minute. 
Gee my nou die idee om so bunny te probeer... net met minder deeg!  

Debbie Caetano Coetzee 

vat oondpan spuit met spray n cook, strooi bietjie bruin suiker onder in oondbak, rol balletjies met deeg plaas op suiker in oondbak, meng potato bake met suurroom gooi oor balletjies bak in oond 180 grade tot mooi bruin
Marita van der Walt 
1 pak deeg 
1 pakkie potatobake 

Maak bolletjie eb dit in n gesmeerde braaibak maak pototobake aan en gooi oor sit die braaibak se deksel op en dit in die oond . skakel dan eers die oond op 180 grade en bak dit vir 20 min met n oop oond deur maak die deur dan toe en bak verder 40 min ... enige potatobake kan gebruik word.
maak dit aan presies soos dit op die pakkie staan ..... hang af hoe groot jou braaibak gaan bepaal hoeveel deeg jy gebruik vir elke 1 pak deeg is dit 1 pakkie potatobake


Sonia Van Niekerk Maharaj 
POTBROOD MET POTATO BAKE EN ROOM

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/brood-deeg-resepte.html

1 pak gekoopte deeg
1 bakkie vars room
1 pakie potato bake van jou keuse
Gerasperde kaas

Rol die deeg in balletjies en pak in n oondvaste pot met n deksel.
Voeg die potatoe bake en room by mekaar meng goed.
Gooi oor die bolletjies deeg, dan jou kaas bo oor.
Bak by 180 grade vir 45 minute met deksel op en 15 minute daarsonder om bruin te word.
Baie lekker met braaivleis Chricelda Coetzee 
.
Debbie Lange 
Ek braai bacon, uie, rol die deeg so liggies groter uit, smeer knoffel, smeer bacon en uie oor, rol op, sny in wiele, sit in bak, gooi potato bake en room mengsel oor, rasper kaas oor, en bak. DIVINE!!!

Petro Oosthuizen 
As j n soet rolletjie wil maak vat jo deeg rol in bolletjies sit in oond bak gooi bruinsuiker oor en twee glassie room al te heerlik






Kos vir kampeerders met idees vir kampering

ROOMWIELE AS BYKOS BY 'N BRAAI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/brood-deeg-resepte.html

BENODIG:
1 Pak deeg (sommer die klaargemaakte soort) wat jy in die winkel koop
Tamatiesous & Chutney
Gebraaide gesnipperde uie
Gebraaide speksnippers/ham
Gebraaide gesnipperde robot peppers (ons gooi sommer so bietjie van groen, geel & rooi in vir die kleur) selfs brokkoli
So bietjie pitmielies (nie die roomsoort nie)
Peppadews stukkies (vir so bietjie byt) – Optioneel
Gerasperde Chedder Kaas
Gesnipperde mushrooms
Ongeveer 500ml Vars room
MAAK SO:
Rol die deeg ‘n bietjie uit
Smeer die area met Tamatiesous en Chutney
Strooi nou van die ander bestandele bo-oor (soos op ‘n pizza)
Rol die deeg op soos ‘n Swiss-rol en sny in sulke 1cm skywe en pak in ‘n dieperige vierkantige gesmeerde oondpan
Gooi nou van die room bo-oor die deeg mengsel – so ¾ van die 500 ml.
Bak in in voorverhitte oond van 180°C vir 45min – 1 uur of tot dit lekker deurgeprut en gaar is.**
[KREATIEWEKOSIDEES]**

No comments:

Post a Comment