Tuesday 24 June 2014

SOET SULTANA EN KANEEL BOLLETJIES BROOD

SOET SULTANA EN KANEEL BOLLETJIES BROOD
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/soet-sultana-en-kaneel-bolletjies-brood.html

1 Pak Spardeeg
2 k Room
1 k Bruinsuiker
Sultanas
Kaneel
METODE
Gooi die helfte van die bruinsuiker en die helfte van die room en ook n bietjie kaneel in 'n oondvaste skottel[pan]
Rol jou deeg in n worsie en sny dit in stukke [foto]
Neem nou n stukkie en trek dit oop, plaas n bietjie Sultanas binne in en vou dit toe en plaas met die voukant dit in die roommengsel in jou pan
Maak alles klaar en gooi die ander helfte van jou room oor die Bolletjies en strooi die ander helfte van die bruinsuiker bo-oor en dan strooi ook n bietjie kaneel en ook n bietjie Sultanas oor alles
Bak dit oop by 210*C vir 30min. en 160*C vir so 10min.Baie lekker Helena Kruger 24/06/2014

 

No comments:

Post a Comment