Monday 23 June 2014

SKAAPAFVAL IN 'N BAKSAKKIE


Vleisland se SKAAPAFVAL...IN n BAKSAKKIE...
"Slowcooker"
Een Skaap afval, +/- 1.5 kg
1 Ui in ringe gesny
30 gram sout
5 gram knoffel peper of swart peper..
1 Eetlepel appelkooskonfyt.
2 teelepels kerrie poeier
1 teelepel borrie
2 eetlepels asyn
1 koppie water..


2 groot aartappels.....wat eers later ingesny word..
Meng die speserye en appelkoos konfyt saam met die water, Klites die konfyt fyn.
Pak nou die Afval, saam met 2 uie in ringe gesny... in n BAKSAKKIE, en gooi die sous daaroor..Knoop dit toe, en steek 2-3 gaatjies aan die bokant in die sakkie.
Plaas nou die sakkie met die afval in die "slowcooker" en kook stadig oornag.
Maak die sakkie in die oggend oop, en sny nou 2 aartappels in blokkies en gooi dit in die sakkie, en druk dit onder die sous in, en kook dit op hoog vir nog 1 uur...
NOU is die afval MURG SAG....ek nou maak jy n potjie helfte stampkoring en helfte rys.. daarby en geniet...EN EERS AS AL DIE DOLOSSE GEVAL HET....dan het jy hom gewen...
(Stefaans Blaauw) #skaap afval, baksakkie, 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/skaapafval-in-n-baksakkie.html

No comments:

Post a Comment