Monday 23 June 2014

VETKOEK GALORE - DALENE SE VETKOEK VIR 2 MENSE



fotos geleen


VETKOEK.....VETKOEK....VETKOEK

Ek moet dit met julle deel. Daar was 'n tannie in ons gemeente wat die wonderlikste vetkoek gebak het. Dit was so sag en glad nie taai nie, maar die geheim is ongelukkig saam met haar in die graf in.  So het ek vele kombinasies uitgetoets en vandag met hierdie een opgekom wat net so smaak.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/dalene-se-vetkoek-vir-2-mense.html
VETKOEK VIR 2 MENSE                                       
Lewer 6 vetkoeke
2 k koekmeel
1 tlp sout
1pakkie kitsgis
1 tlp bakpoeier
1 tlp asyn
50 ml kookolie
200 ml louwater

Knie goed en laat rys tot dubbel.  As jy 'n broodmasjien of Kenwood het gebruik dit om die deeg te knie. Anders sal jy maar moet GOED knie. 
Strooi die oppervlakte met maizena (mielieblom) en rol dan die deeg uit en druk uit met 'n glas. Bak dan in die warm olie. Olie moet nie te warm wees nie, anders is die vetkoek aan die buitekant gaar en nog rou binne.
As jy hierdie vetkoek hol wil he, dan gebruik jy 'n lepel en skep die warm olie op die vetkoek sodra jy dit in die olie gesit het. 

WENK
1. Indien jy die resep vermeerder MOENIE die suurdeeg verminder nie, ek dink dit is waar die geheim le.

1 pakkie suurdeeg is genoeg vir 1 kg koekmeel om te rys. So baie mense mag dalk dink die resep klink na baie suurdeeg. Maatr ek dink dit is waar die geheim le 2 koppies meel, met die koppie geskep in die houer, nie met 'n lepel vol geskep nie en 1 pakkie suurdeeg.

2. Dan gebruik mens 2 bottels van 750ml kookolie sodat die olievlak diep genoeg is.

3. Ons oumas het nie termometers gehad om die olie se temperatuur mee te meet nie. So wat het hulle gedoen?

Maak die olie warm en gebruik dan 'n klein toetsstukkie deeg om te kyk of die olie warm is.

As jy die stukkie deeg ingooi, moet dit amper onmiddelik na bo kom. As dit onder bly le, is die olie nog nie heeltemal warm genoeg nie. Gee nog 'n minuut of so en toets weer.

Die vetkoek moet ook nie dadelik bruin word nie, dan is die olie te warm.

(Foto geleen van ons blog maar dit lyk netso.) ‪‎sagte‬ vetkoek , 



VETKOEK VIR 6 MENSE
6k koekmeel 
3tlp sout 
3 pk kitsgis 
3tlp bakpoeier 
3tlp asyn 
150ml kookolie 
600ml louwater

No comments:

Post a Comment