Monday 13 May 2013

VETKOEK MET SPARDEEG/ GEKOOPTE DEEG


                                                           Foto>Helena Kruger



VETKOEK SPARDEEG
André Potgieter
My "Easy Peazy" resep:
Koop brood deeg by winkel.
Rol uit op werkoppervlak wat met bruismeel gestrooi is.
Sny met mes in 3"x 3" grootes.
 Maak los van mekaar en laat rys.
Wanneer gerys, gooi olie in pot en verhit.
 Olie moet so helfte diepte van deeg dikte wees.
 Braai en draai om wanneer bruin.
 Klop metode
. As hol klink is dit reg. haal uit en plaas in bord of bak, strooi dan strooi suiker oor en laat die olie dit oplos.
Ek het al strooi suiker bo-op deegin pot gevoeg, maar dit val af en word pikswart in olie. Smaak nes daai Oliekoeke of Oliebolle van ouds. Daai soetlagie bo-op !Foto>onbekend
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/vetkoek-met-spardeeg-gekoopte-deeg.html








<Foto>Helena Kruger



SPAR DEEG SE VETKOEK
Dalene Brits Nou ja julle doen navraag na gekoopte deeg.

Wanneer jy die deeg kry druk dit effens plat en vorm vetkoeke. Jy kan dit uirtol of effens plat druk en dan ronde vorms uitdruk. of jy kan deeg afknyp en koeke vorm.

Maak die olie, so 4 vingers diep,(of hoe sal ek verduidelik dat julle my verstaan... he he) warm en toets 'n klein stukkie deeg daarin.(Ek rol altyd so 2 klein wurmpies wat ek dan gebruik om te toets en ... weer te toets of Spar se deeg genoeg sout in het.... net ek alleen... sien) As die olie warm genoeg is, sal die deeg dadelik begin borrel. Braai eers aan die een kant tot goudbruin en draai dan die vetkoek om. Ek hoop dit help!  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/vetkoek-met-spardeeg-gekoopte-deeg.html

No comments:

Post a Comment