Monday 13 May 2013

ANDRE SE CHICKEN KIEVS



ANDRE SE CHICKEN KIEVS
André Potgieter

Okay... Soos belowe. Hier is n pic van my Chicken Kievs. Daai wat soos ystervarkies gelyk het voordat hul in die pot olie beland het !
3 Hoender fillette
bakkie met meel
bakkie met
1 eier geklits

bakkie met Roberts...Golden Crispy (Chicken) knoffelbotter knoffel(crushed)
Mozarella kaas gerasper.
Olie sout
METODE :
ontvries fillette plaas in (brood) plastieksakkie en kap liggies met bottel(rondekant) tot gelyk en eweredige dikte plaas vinger knoffelbotter in lengte neer, strooi kaas oor, voeg by crushed knoffel.
Sout liggies

Nou die morsige werk vou fillette toe of rol toe, maar maak net die inhoud toe.
Steek met tande stokkies vas of met sosatiestokkies.
neem daai bol en druk en rol in bak met meel tot oral bedek druk bol in geklitste eier en doop behoorlik rol nou in Golden Crispy(Robertsons) plaas in bord totdat almal gereed is.
Laat rus in yskas so n uur
.
Ekt swart platboom ysterpot op gasbottel gesit voeg so n koppe en half olie in pot en sit gas op hoog Wanneer olie warm, gebruik braaitang om "ystervarkies" in olie te plaas.
Na 5 min draai om en dan weer op kante.
As als en oral goudbruin is haal uit en dien op met gebraaide babba aartapels, pampoen en biekie groenslaai..

Dis net daai morsige gedeelte waarvan ek nie hou nie !
WENK: sit jou bakkies met meel, eier en spesery langs mekar sodat jy dit van die een in die ander kan sit ! Dis wragtig lekker..Moedersdag 12/5/13
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment