Sunday 11 January 2015

KAASBOLLETJIES BROOD

Knoffel & Krui Kaas Bolletjies
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/01/kaasbolletjies-brood.html

Bestanddele:
500gram deeg (vetkoek deeg wat jy sommer by Pick 'n Pay of Checkers kan koop)
120gram Mozzarella kaas, in so 20 blokkies gesny
4 teelepels botter, gesmelt
1/2 teelepel knoffelpoeier
Vars pietersielie blare, fyngekap
Knippie sout

Metode:
Verhit die oond solank op 200°C
Voer 'n koekie plaat met bakpapier. Deel die deeg in so 20 bolletjies. Neem dan 'n blokkie kaas en draai dit toe in die middel van elke bolletjie deeg. Knyp die deeg mooi toe en maak seker dat dit goed geseel is. Plaas die bolletjies op die plaat, met die soom kant onder. Daar moet so 2,5cm tussen elke bolletjie wees. Bak vir so 10 minute of tot goud bruin.

Terwyl die bolletjies in die oond bak, meng die botter, knoffelpoeier, sout en pietersiele saam en sit eenkant.

Haal die gebakte bolletjies uit die oond en smeer die botter mengsel dadelik met 'n kwassie oor die warm bolletjies. Bedien warm.


No comments:

Post a Comment