Saturday, 10 January 2015
BROOD - MELKBROOD
HILDA SE MELKBROOD
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/01/brood-melkbrood.html
2c self rising flour,
1/4t salt,
1t baking powder,
1/2c milk,
1/2c ice water,
1 egg ...
Sift flour, salt and baking powder. -
Whisk milk, water and egg together.
Add to flour - mix well -
Scoop mixture into a greased small breadpan and even out.
Bake 30min in a 160C oven. **Hilda Dates Steyn *
MELKBROOD
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/01/brood-melkbrood.html
deur Herman Lensing
(genoeg vir 7 rolletjies)
25 g (45 ml) broodmeel
125 ml water
350 g (625 ml) koekmeel
10 g kitsgis
55 g (70 ml) suiker
5 g sout
10 g (30 ml) poeiermelk
1 eier
185 ml melk
7 koljanderblare
Meng 25 g meel en water tot gladde mengsel.
Plaas in skoon pot oor matige hitte en roer tot mengsel verdik.
Krap uit in skoon bak en bedek met kleefplastiek.
Laat tot kamertemperatuur afkoel.
Plaas res van bestanddele, behalwe die koljanderblare, in elektriese menger se bak.
Voeg afgekoelde meelmengsel by.
Knie op medium-spoed tot gladde mengsel en tot alles in een bal saamkom, sowat 5 – 8 minute.
Plaas in skoon bak wat goed met olie gesmeer is en laat rys op warm plek tot dubbel in volume, sowat 25 – 30 minute.
Keer deeg uit op meelbestrooide oppervlak en verdeel in 7 porsies.
Rol elke porsie in ronde bal.
Spuit ’n bakplaat met kleefwerende kossproei en pak deegballe in kransvorm.
Plaas koljanderblaar op elke broodjie en laat rys weer vir sowat 10 – 12 minute. Bak in warm oond vir 12 – 15 minute of tot goudbruin.
Labels:
Brood - Skons
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment