Saturday 10 January 2015

BIEFSLAAI

Biefslaai met 'n Oosterse sous

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/01/biefslaai.html
Vickie de Beer

Genoeg vir 4


Die slaai lyk alte fraai as jy dit in afsonderlike bakkies voorsit sonder om die bestanddele te meng. Maar meng gerus alles as julle baie mense is, dit bly heerlik.

OOSTERSE SOUS
'n hand vol van elk basiliekruid-, kruisement- en koljanderblare
1 rooi rissie, pitte verwyder en fyn gekap
10 ml (2 t) bruinsuiker
15 ml (1 e) vissous
60 ml (¼ k) grondboontjie-olie
olyf- of avokadoolie vir braai
1 x 500 g-beesfilet
sout en gemaalde swartpeper
2 groot tamaties, dun gesny
1 rooi ui, dun gesny
1 komkommer, dun gesny
hand vol roketblare

1 Meng die kruie, rissie, suiker, vissous en die olie goed in ’n voedselverwerker. Hou eenkant tot benodig.
2 Verhit die olie oor hoë hitte en braai die filet vir 8 min. daarin tot goudbruin buite en pienk binne (of langer indien jy dit gaarder verkies). Geur na smaak. Laat die filet vir 5 min. rus voor jy dit in papierdun lappies sny.
3 Sit die vleis voor met die tamaties, ui, komkommer, roketblare en Oosterse sous.*Huisgenoot*

No comments:

Post a Comment