Saturday 10 January 2015

MARINADE VIR BRAAIRIBBETJIE



Braai marinade vir super-sappige ribbetjies
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/01/marinade-vir-braairibbetjie.html
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 45-60 minute

125 ml (½ k) kookolie
2 uie, fyn gekap
3 knoffelhuisies, fyn gekap
125 ml (½ k) tamatiesous
125 ml (½ k) worcestersous
45 ml (3 e) bruinsuiker
60 ml (¼ k) druiwe-asyn
125 ml (½ k) water
5 ml (1 t) sout
5 ml (1 t) gemengde kruie
10 ml (2 t) Dijon-mosterd
5 ml (1 t) tabascosous
2 lourierblare
6 heel peperkorrels
125 ml (½ k) vars roosmaryn, fyn gekap
30 ml (2 e) sojasous
30 ml (2 e) heuning
15 ml (1 e) mielieblom, met bietjie water gemeng
2 kg lams- of varkribbetjie
natuurlike jogurt vir deurroer

Verhit die olie in ’n kastrol. Voeg die uie en knoffel by en braai tot sag. Voeg die res van die bestanddele behalwe die vleis en jogurt by en roer met ’n houtlepel tot alles goed gemeng is en kook. Laat afkoel. Giet die marinade oor die vleis en plaas ’n paar uur in die yskas. Verwyder die vleis uit die marinade en braai sowat 45-60 minute op matige kole tot gaar. Sny in ribbetjies en braai tot lekker bros. Verf deurentyd met die marinade. Giet die orige marinade in ’n kastrol en laat weer goed kook. Roer ’n bietjie natuurlike jogurt deur die marinade en sit voor as sous saam met die ribbetjies.

No comments:

Post a Comment