Saturday, 30 November 2013

SUURLEMOENVLATERT


                                                         
SUURLEMOENVLATERT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/suurlemoenvlatert.html
Maak vla met:

6 Eetl vlapoeier
6 Eetl suiker
5 kop melk
Knippie sout
KONDENSMELKMENGSEL.

1 blik kondensmelk
1/3 kop suurlemoensap **[Hier het ek n 1/4k sap gebruik]**
1 blikkie grenadella moes

Kook in die mikrogolf +- 5 min en roer elke minuut. Ek voeg ook 5 ml vanilla essence in***.[hier het ek dit sommer vinnig op die stoof gekook tot gaar]***
Meng kondensmelk en suurlemoensap en grenadella** tot dik

Pak tennisbeskuitjies in pan.
Gooi gaar vla bo-oor. [afgekoel]
**Drizzel n bietjie van jou kondensmelk mengsel hier oor
Pak nog n laag koekies.
Dan weer n lagie vla
Dan jou laaste kondensmelkmengsel

Krummel so twee koekies bo-oor. Dit is heerlik! Baie vinnig en flatervry! Enjoy!*n.s so ek het my vla 1en n halfmaal gemaak en ek het die grenadella moes bygevoeg>Helena Krger 30/11/13*>
  Foto >Helena Kruger
van*Marie Schoeman


 


SUURLEMOENVLATERT
115g Margarien
Krummel beskuitjies en meng met margarine.
1blik Kondensmelk
1k Suurlemoensap (Vars uitgedruk is die lekkerste)
1,5lt Vla (Lekker soet)

Meng kondensmelk en suurlemoensap baie goed.
Pak in lagies en begin by beskuitjies, vla, kondensmelk.
Herhaal lagies.
Versier met gekrummelde Tennisbeskuitjies.



GEBAKTE APPELS MET GEMMERKOEKIES



GEBAKTE APPELS MET GEMMERKOEKIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/gebakte-appels-met-gemmerkoekies.html
1 appel per persoon, en vir elke appel:

1 opgehoopte eetlepel bruinsuiker
5 gemmerkoekies, fyngekap
1 eetlepel botter
1eetlepel rosyntjies
Só maak jy
1 Verwyder die appels se klokhuis met ’n mes of pitboor, maar los die skil aan.
2 Meng die suiker, fyngemaakte koekies, botter en rosyntjies en stop die mengsel in die appel. Verhit intussen ’n swartpot oor matige kole.
3 Pak die appels in die pot en wag dat die suiker en botter aan die onderkant begin smelt.
4 Gooi ’n paar eetlepels water in die pot om ’n bietjie stoom te maak. Sit die deksel op en laat die appels vir sowat 10 minute prut. Loer elke nou en dan in die pot en skep die appels uit sodra dit sag is. Sit dit voor met ’n boksie vla of roomys.
WegSleep sê: As jy sukkel om die appels uit te hol, sny met ’n mes ’n blok om die klokhuis en druk dit uit. Onthou om die skil aan te los, want dit keer dat die appel uitmekaarval.*Wegsleep

HONEYCOMB



Helena Kruger
 Heuningkoek
1 koppie suiker
2 eetlepels gouestroop

1 eetlepel water
2 teelepels koeksoda

Smelt suiker, stroop en water saam.
Sodra suiker klaar gesmelt is, laat mengsel kook tot mooi karamelkleur.
Hou pot dop, dit brand baie gou.
Gooi koeksoda net so droog in en sien hoe dit opblaas.
Gooi onmiddelik op 'n gesmeerde bakplaat en laat koud word
RSG 7/10/11>http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/honeycomb.html


 




Heuningkoek-lekkers

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/honeycomb.html
deur Herman Lensing
(24 groot stukke)
 75 g heuning
 200 g (250 ml) suiker
 45 ml water
 10 g koeksoda

Meng heuning, suiker en water in ‘n middelslag-pot. Bring tot kookpunt en laat stadig prut tot ‘n goue karamel vorm, sowat 8 – 10 minute. Terwyl die karamel kook, plaas tinfoelie op ‘n bakplaat en spuit met kleefwerende sproei. Verwyder karamel van hitte en gooi koeksoda by. Meng vinnig deur met ‘n draadklitser en keer versigtig uit op die tinfoelie. Moenie te veel skud
of beweeg nie, die mengsel gaan ‘n goue skuim vorm. Laat dit afkoel tot hard, sowat 30 minute. Verwyder van tinfoelie en breek in growwe stukke. Sit voor as happie saam met warm melk.*Sarie*
HONEYCOMB..HEUNINGKOEK
 

HEUNING KOEK
300gr suiker (ek het die keer 150 gr wit strooisuiker, 100gr bruin strooisuiker en 50 gr demarara gebruik)
2 el water
2 vurkvol skeppe heuning
knippie sout
as mens nie die stroop gebruik nie kan jy vanilla ook byvoeg, die keer het ek nie.
Voor jy begin, kry jou foil pan gereed en ook draadklitser en 1tl koeksoda
Plaas suiker, water, stroop en sout in kastrol met hoe rand.
Op lae hitte smelt eers alles saam.
Laat dan prut/kook op med/lae hitte sonder om te roer.
Ek het die kastrol so nou en dan effe getuimel. Ongeveer so 5 minute, my suikermeter was by 150° C. Hou dop, dit kan skielik brand.
Haal van stoof af en gooi vinnig koeksoda egalig oor kooksel.
Roer vinnig met `n paar hale en gooi in foil bak
WENK: Oppas ook vir koeksoda klonte, sorg dat dit fyn is voor gebruik. Ek sal beslis nou met witsuiker weer probeer om te sien hoe verskil die tekstuur.Ek het so met al die lees gesien as dit sag -toffie bly is dit nie genoeg gekook nie.
* Sonja Zino* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/honeycomb.html

PANGEBRAAIDE AARTAPPELS


Pangebraaide Aartappels

Hierdie gereg is baie eenvoudig, maar daar is één vangplek: Die aartappelkoek moet ’n hele tydjie in die pan bly voordat jy hom die eerste slag probeer draai. As jy ongeduldig is, gaan jy sit met iets tussen kapokaartappels en tjips…
n bietjie kookolie vir die pan (jy kan dit ook met olyfolie meng)
Benodig
8-10 middelslag-aartappels, gaar gekook met die skil aan
sout en peper na smaak
4 sprietuie, fyn gekap
Gooi ’n bietjie olie onderin ’n groot pan en kantel dit totdat die hele bodem bedek is.
Druk die aartappels met ’n fynmaker in die geoliede pan plat totdat dit ’n digte koek vorm. Gooi tussendeur sout en peper by. Maar dit moenie te sag wees nie, hoor – jy soek ’n growwe tekstuur.
Sit nou die pan op die kole en braai dit vir omtrent 20 minute of totdat die aartappelkoek se onderkant begin bruin word en die hele ding soos ’n pannekoek in die pan kan rondskuif.
Wikkel die aartappelkoek met ’n eierspaan los, sit ’n bord bo-oor en keer die hele spulletjie om sodat die koek in die bord beland.
Laat gly die omgedopte aartappelkoek terug in die pan en braai dit verder oor die vuur totdat die aartappels ’n mooi bruin kors aan al twee kante het. Strooi die sprietuie oor en sit dit warm voor.*Wegsleep
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/pangebraaide-aartappels.html

Friday, 29 November 2013

GAS OOND / GRADE CELSIUS



CentigradeFarenheitGas MarkDescription
140°C275°F1Very Cool
150°C300°F2Cool
160°C325°F3Warm
180°C350°F4Moderate
190°C375°F5Fairly Hot
200°C400°F6Fairly Hot
220°C425°F7Hot
230°C450°F8Very Hot
240°C475°F9Very Hot
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/gas-oond-grade-celsius.html

PERI PERI CHICKEN WINGS



Peri-peri Hoendervlerkies
Bestanddele:
12 hoendervlerkies
20
ml sojasous
5
ml gemmer
 10
ml stroop of heuning
 10
ml knoffel
 10 ml peri-peri
20
ml suurlemoensap en
1 bottel Castle-bier


Metode vir peri-peri-marinade:
Laat le vlerkies in Castle-marinade vir 4 tot 8 ure.

Resep vir basting-sous vir die vlerkies:
Meng sojasous, stroop, gemmer, knoffel, peri-peri en suurlemoensap saam.
Braai die hoendervlerkies op matige kole en smeer met basting tot gaar. Bedien met n peri-peri-sous.*
Gerhard Jansen *> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/peri-peri-chicken-wings.html


 
                                                  Fotos>Helena Kruger 01/5/2014

 

TAPAS



TAPAS IN 10 MINUTE
Sarie Kos -
Vul vars vye met lepels vol mascopone-kaas. Draai elkeen toe in repies parma-ham
Koop 125g pesto en meng met 100ml goeie olyfolie. Gooi oor 6 wiele fetakaas en sit voor
Doop 20 bolletjies baba-mozzarella-kaas in 1 geklitste eier en daarna in 100g fyn broodkrummels. Verhit sonneblomolie oor matige hitte en diepbraai tot goudbruin en bros. Sit voor.
Meng 250g roomkaas met 125g fyngekapte, songedroogte tamaties. Geur goed met sout en swartpeper. Sit voor as doopsous saam met brood.
Sny 1 baguette in dun snye. Braai in 60ml botter tot goudbrin en bros. Sit voor saam met tzatziki wat jy by die supermark gekoop het.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag

MURGPAMPOENPYPIES



Murgpampoenpypies

Klim op die vleislose Maandag trein met die watertand groente gereg! Selfs die kinders sal hulle verlustig aan hierdie groente en pasta ete gemaak met Bakers Vitasnack Volkoring kraakbeskuitjies!
Bestandele
90 ml Bakers VitaSnack Wholewheat Crisps
30 ml olyfolie
1 klein ui, fyngekap
250 ml fyngekapte of gerasperde wit sampioene
5 ml fyngekapte knoffel
65 ml gerasperde parmesaankaas
sout en gemaalde swartpeper
knippie fyn neutmuskaat
15 ml fyngekapte pietersielie
8 – 10 murgpampoentjies
325 ml voorbereide hoenderaftreksel
375 ml voorbereide kaassous, opgewarm
dun skyfies parmesaankaas
klein basiliekruidblare
Instruksies
Verkrummel die Bakers VitaSnack Wholewheat Crisps in ’n voedselverwerker tot fyn. Sit eenkant tot benodig.
Verhit die olie in ’n pan en voeg die ui by. Soteer vinnig en voeg die sampioene by. Braai tot gaar en voeg die knoffel en gerasperde parmesaan by. Geur na smaak en roer die pietersielie en krummels by. Sit eenkant tot afgekoel.
Verwyder byna al die murgpampoentjies se binneste met ’n appelontpitter. (Hou die binnekos vir ’n sop of bredie). Vul elke holte met die sampioenmengsel. Bring die aftreksel tot kookpunt en posjeer die murgpampoentjies tot net aldente. Haal die murgpampoentjies uit die aftreksel en laat afkoel.
Sny die bo- en onderkante van die murgpampoentjies skuins af en sny dan middeldeur sodat jy happie-grootte stukke het. Rangskik die stukke op Chinese lepels of op ’n opdienbord.
Bedruip met warm kaassous, strooi die parmesaanskyfies bo-oor en rond af met basiliekruidblare. Bedien dadelik.
Lewer ongeveer 16 – 20.
NS: Hierdie resep sal definitief jou gaste beïndruk. As jy slegs die gesin wil voer, halveer die murgpampoentjies in die lengte, skep die pitte uit en kook in die hoenderaftreksel tot aldente. Skep die sampioenvulsel in die holtes, rasper cheddar of mozzarellakaas bo-oor en plaas in ’n warm oond vir ’n paar minute. Lekker familiekos*Bakers.com.> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/murgpampoenpypies.html

BEEFREPIES MET ROOIRISSIEKONFYT



Biefrepies Met Rooirissiekonfyt

Die soet en pikante vleis gereg, gemaak met Bakers KIPs, kan bedien word as 'n vinger voorgereg of as 'n ligte middagete saam 'n vars groen slaai.
Bestandele
400 g dik stuk bief kruisskyf, vet verwyder
sout en gemaalde swartpeper
250 ml karringmelk
10 – 15 ml knoffelpuree (sien NS)
15 ml olyfolie
1 klein fyngekapte ui
250 ml tamatie konfyt
5 – 15 ml gekapte rooi brandrissies
100 g (½ pakkie) Bakers KIPS, (bees-biltong geur)
4 pietersielietakkies
olie om in te braai
Instruksies
Sny die vleis in dun repies en geur met sout en peper. Meng die karringmelk en knoffelpuree en voeg die vleis by. Meng goed deur en marineer vir 10 – 20 minute.
Verhit dan die olie in ’n klein kastrol en voeg die ui by. Soteer tot glasig en voeg die konfyt by. Laat die mengsel vinnig kook vir ’n paar minute, voeg dan die brandrissies by, verlaag hitte en prut vir nog 5 minute. Skep dit oor in ’n opdienbak en sit eenkant.
Sit die Bakers KIPS en pietersielietakkies in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn. Gooi dit oor in ’n vlak bak. Dreineer die vleis en doop dit dan in die krummels. Druk die krummels liggies vas.
Braai die vleis in ongeveer 1 cm warm olie tot gaar en goudbruin. Dreineer en bedien warm met die konfyt.
Lewer 18 – 24.
NS: Jy kan jou eie heerlike, vars knoffelpuree maak. Plaas die geskilde huisies van ’n hele knoffelknol in die voedselverwerker en voeg 5 ml sout, 15 ml suurlemoensap en 45 ml olyfolie by. Verwerk tot glad, meer olie mag dalk nodig wees. Sit dit in ’n skoon, lugdigte fles en hou dit in die yskas om te gebruik soos benodig.*Baker.com> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/beefrepies-met-rooirissiekonfyt.html

EKSOTIESE VISGEREG



Eksotiese Visgereg

Kerrie, klapper en rissies skep hierdie Thai-geïnspireerde geurige visgereg met Bakers Cream Crackers! Maak ekstra vir ‘n tweede ronde!
Bestandele
30 ml kookolie
1 klein ui, fyngekap
10 ml geurige kerriepoeier
5 ml rooi brandrissievlokkies
10 ml gerasperde gemmerwortel
5 – 10 ml fyngekapte knoffel
1 x 410 g blikkie klappermelk
30 – 45 ml mielieblom
sout en gemaalde swartpeper
400 g stokvisfilette, in happie-grootte gesny
50 g (¼ pakkie) Pyotts Cream Crackers
fyngerasperde skil van 1 lemmetjie of suurlemoen
45 ml gekapte koljanderblare
Verhit die olie en voeg die ui en kerriepoeier by. Soteer tot die ui glasig is. Voeg die brandrissievlokkies, gemmer en knoffel by en soteer tot geurig. Voeg die klappermelk by en bring tot kookpunt. Meng die mielieblom met ’n klein bietjie koue water en klits net genoeg van dié pasta saam met die klappermelk om dik te word. Kook vir ongeveer ’n minuut, geur goed en haal van die plaat af.
Geur die vis en plaas in ’n enkellaag in ’n oondvaste bak. Bedek met die warm sous.
Druk die Pyotts Cream Crackers stukkend en meng dit saam met die fyngerasperde skil en koljanderblare. Sprinkel dit oor die vis. Bak in ’n voorverhitte oond teen 220 ºC vir 4 – 6 minute of totdat die vis gaar is. Skep dit in Chinese lepels of piepklein bordjies en bedien dadelik.
Lewer 12 – 16.
NS: Hierdie is nie slegs ’n peuselhappie vir partytjies nie. Dit kan ook ’n hoofgereg wees – dit is werklik heerlik en so maklik om te maak!*Bakers*>

KAASKOEKPIRAMIDE


Kaaskoekpiramide

Maak hierdie inoverende en genotvolle kaaskoek resep. Gebruik Bakers Tennis beskuitjies, baie lemoengeursel en glanskersies. Drup met gesmelte sjokolade vir ‘n ekstra spesiale verassing.
Bedien 6 – 8.
125 g botter
250 ml strooisuiker
1 klein eier
250 g geroomde maaskaas
10 ml gerasperde suurlemoenskil
15 ml suurlemoensap
15 Bakers Tennis beskuitjies
15 geglaseerde kersies
200 g wit sjokolade (opsioneel)
Klop die botter en suiker saam tot lig van kleur. Voeg die eier by en klop goed. Meng die maaskaas, suurlemoenskil en -sap by. Indien nodig moet die mengsel in die yskas geplaas word om stewiger te raak.
Rangskik die Bakers Tennis beskuitjies in drie rye van vyf op ’n groot stuk foelie. Maak seker dat die bo-kant van die koekies na die foelie toe wys. Smeer die maaskaasmengsel op die beskuitjies. Rangskik die kersies in ’n reguit lyn in die middel. Lig die beskuitjies van die buitekant af na binne met die hulp van die foelie. Vou na mekaar om ’n driehoek te vorm. Draai die kaaskoek stewig in die foelie toe en vries.
Haal die kaaskoek uit die vrieskas (net voor opdiening) en verwyder die foelie. Indien jy sjokolade gebruik, smelt die sjokolade en smeer dit oor die koek. Laat staan die koek ’n paar minute sodat die sjokolade kan stol. Sny die koek dan in skyfies en bedien dadelik.
NS: Hierdie is ongetwyfeld een van die mees voortreflikste kaaskoeke wat nog ooit geskep is deur Bakers Tennis beskuitjies te gebruik. Wys jou net – tradisie het beslis ’n plek in die toekoms!* .bakers.co> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/kaaskoekpiramide.html




DRIEHOEKKAASKOEK       


187,5 ml Suiker
250 g Botter
1 Eier
5 ml Vanilla
1 ml Sout
1 bakkie Roomkaas
1 pak Tennisbeskuitjies Sjerrie of Soetwyn

Bo-laag:
1 blok Sjokolade
25ml Kookwater
12,5 ml Kakao

Room suiker en botter. Voeg geklitste eier, geursel en roomkaas by. Klop goed. Pak beskuitjies in drie rye op foelie. Smeer een derde van die mengsel op die beskuitjies wat met sjerrie besprinkel is. Herhaal laag beskuitjies en res van vulsel. Pak ‘n ry kersies in die middel en vou die beskuitjies met die foelie in ‘n driehoek vorm. Plaas in vrieskas vir 2 ure.
Smeer bo- laag oor.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/kaaskoekpiramide.html

Thursday, 28 November 2013

WHITE FOREST CAKE

Enjoy the best of white chocolate
 in this delicious and fluffy cake.
Dough ingredients

  • 2 cups all-purpose flour                                 
  • 1 and 1/2 cup sugar
  • 60 grams unsalted butter, melted
  • 8 eggs
  • 1 tablespoon baking powder
Ingredients for the filling
  • 1 can sweetened condensed milk
  • 200ml of milk
  • 1 tablespoon cornstarch
  • 500 ml of serum-free cream
  • 2 egg whites beaten (until soft peaks are formed) with a tablespoon of sugar
  • 250 grams of white chocolate
  • 1 package unflavored gelatin melted with 5 tablespoons water
Ingredients of the cover
  • 500 grams of white chocolate
  • 200ml cream with whey
How to Prepare
Dough: Preheat the eggs with the sugar, mix well and blend in a blender for about 15 minutes. Stop the mixer and add the wheat involving slightly, the baking powder and the melted butter. Place molds in two removable rim (22) and bake for about 35 minutes.
Filling:
  1. Place in a pot sweetened condensed milk, milk and cornstarch, and cook and stir until bubbling. Reserve.
  2. Heat in water bath white chocolate, stir in the cream, incorporate the cream mixture to the reserved white chocolate with cream.
  3. Hydrate the gelatin in the water and bring to a water bath to dissolve it completely.
  4. Beat the egg whites with a teaspoon of sugar and add to cream white chocolate and gelatin dissolved while hot.
Topping: Melt white chocolate in double boiler and add the cream with the serum. Beat well and cover the pie.
Mom Tips
Garnish sides of cake with white chocolate chips. For the cake add grated white chocolate. Garnish with fresh strawberries or fresh cherries or preserved.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/white-forest-cake.html

White Forest Cake
Author
Susan Volland
Ingredients
1/2 cup White Chocolate Sauce
Cherry filling tart cherries in water
2 tablespoons sugar
1 tablespoon cornstarch
1 tablespoon water
1-2 tablespoons kirsch (optional)
3 layers of your favorite white cake
2 cups whipping cream
4 tablespoons powdered sugar
1 teaspoon vanilla extract
1 recipe of cherry filling (see below)
3 tablespoons shaved or grated white chocolate, for garnish

Directions
Cherry filling
Cherry filling directions: Combine the cherries and their juice with the sugar in a medium saucepan. Dissolve the cornstarch in the water and add this to the cherries. Heat over medium high heat, stirring occasionally until cherry sauce turns clear and thickens slightly, about 5 minutes. Stir in Kirsch if desired. Cool.

General

Trim the cake layers so they are completely flat. Whip the cream with the powdered sugar and vanilla until stiff. To assemble the cake: Place one of the cake layers on a plate and spoon one third of the white chocolate sauce evenly over the cake. Spoon one third of the cherries and sauce on the same layer. Top the cherries with one third of the whipped cream. Cover with another layer of cake and repeat with an additional third of the white chocolate sauce, cherries and whipped cream. Finish with the final cake layer and remaining sauce, cherries and cream. Decorate the cake with white chocolate shavings and cherries if desired. Serve immediately or chill and serve within 24 hours of assembling.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/white-forest-cake.html


Wednesday, 27 November 2013

CHEESE MUFFINS



CHEESE MUFFINS -
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/cheese-muffins.html
ONLY 5 ingredients!

Ingredients:
1 cup selfraising flour
1 cup CHEDDAR cheese
1 cup milk
Pinch of salt
a bit of Cayenne pepper (if you like it)
Extra cheese
Method:
Mix everything together in a bowl. (The dough is quite runny.)
 Bake for 20-25min or until golden brown @ 180˚ in the oven.
 You will get 6 large yummy muffins! I ate mine with butter and strawberry jam

(Fairy’s Feet)
(Hilda Dates Steyn) Lekker Resepte vir die Jongergeslag

BRAAIED CAULIFLOWER



WHOLE BRAAIED CAULIFLOWER:
 [FIRED UP COOKING SA]
We tried something different for a vegetable side-dish when we were braai-ing the other evening – a whole cauliflower, wrapped in tinfoil and baked over the coals. It was delicious, so easy, and just thi
nk, no pots to wash! All you need is a whole head of cauliflower, not too large, preferebly young and fresh, a piece of tinfoil large enough to wrap it in firmly, seasonings, and butter or olive oil, or both.
Trim and wash the cauliflower, and place it in the centre of the piece of tinfoil.
Draw up the sides of the tinfoil to make a ‘bowl’, then season the cauliflower – I used Robertsons Veggie Sprinkles herb mix for this version, but curry powder would be delicious, so would a good sprinkling of any spice mix like rosemary and garlic or lemon pepper, or even just plain salt and freshly ground pepper.
Drizzle some olive oil over the cauliflower, then place a dollop of butter on top.
Pull up the sides of the tinfoil, and wrap it firmly over the cauliflower head, pressing it tightly around to seal the yumminess inside.
Place the packet on a grid over a bed of hot coals and bake until tender and cook, about hour, maybe more.
You should be able to slip a sharp knife easily through the centre when it is done.
To serve, place on a plate, open the tinfoil and cut into portions.

By: Kos vir kampeerders met idees vir kampering
* Lekker Resepte vir die Jongergeslag

Tuesday, 26 November 2013

MAYONNAISE MUFFINS



                                                                Foto>Helena Kruger

MAYONNAISE MUFFINS

2 k Bruismeel 
4 e Mayonnaise
1 k Melk 
1 tlp Suiker
1 eier
½ tlp sout [As jy nie suiker gebruik nie]
Meng al die bestanddele en skep in gesmeerde muffin pannetjies.

Bak by 190*C vir 10 -12 min
* Lekker Resepte vir die Jongergeslag 25/11/13* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/mayonnaise-muffins.html

ICE CREAM CAKE


How to make Speedy Ice Cream Cake
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/ice-cream-cake.html
2L tub soft serve vanilla ice-cream
30g pecans, roughly chopped
30g flaked almonds, toasted
30g macadamia nuts, roughly chopped
100g maraschino cherries, drained and chopped
For the topping:
100g 60% cocoa dark chocolate
125ml cream
15g each chopped pistachio and flaked almonds, toasted
6 maraschino cherries with stalk to garnish
In a large bowl, mix the ice cream with the nuts and cherries. Transfer into cake silicon rubber mould, and smooth over the top.
Transfer to the freezer for 4 hours or overnight until needed.
For the ganache topping, break the chocolate into pieces and place in a heatproof bowl over a pan of simmering water to melt.
Once melted remove from heat and stir in the cream.
Leave to cool slightly.
To serve, remove the frozen ice-cream cake from freezer.
Invert on a serving platter and carefully peel off the silicon mould.
Smooth any imperfections with a spatula or palette knife.
Pour the chocolate ganache on top of the cake and spread to cover leaving a thin rim around the edge to show the ice-cream cake underneath.
Sprinkle the nuts over the top.
Top with cherries serve immediately cutting into slices .*Sibas Table* Lekker Resepte vir die Jongergeslag

CANNELLONI

                                                              Foto> Michaeltoa.blogspot

PARTYTJIE LASAGNE

Sorg dat jou kastrol diep genoeg is sodat die buise regop daarin kan staan. Gebruik een van sowat 30 x 15 cm.
(Vir 10 - 12 mense)
sowat 150 ml olyfolie
500 g repiespek (streaky bacon), in klein blokkies gesny
2 uie, fyngekap
2 kg beesmaalvleis
4 knoffelhuisies, fyngekap
4 blikke tamaties (400 g elk)
500 ml goeie rooiwyn
100 g tamatiepasta
15 ml suiker
15 ml gemengde droë kruie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 kg cannelloni-buise (twee 500 g-bokse)

Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol. Braai die spek en uie saam vir sowat 10 minute. Voeg die maalvleis by en braai tot dit nie meer pienk is nie. Voeg die knoffel en tamaties by. Meng goed. Gooi die rooiwyn, tamatiepasta, suiker en kruie by. Geur met sout en swartpeper. Sit ’n deksel op en prut vir minstens 2 ½ uur (ja, jy’t reg gelees.) Roer elke nou en dan en onthou, daar moet ’n lekker souserigheid wees, dit moenie droogkook nie. Sit dan aanmekaar:

Stap 1
Verhit jou oond tot 180 °C. Plaas van die vleissous-mengsel onder in die kastrol. Pak die cannelloni-buise regop, so 1 mm uit mekaar, in die kastrol.

Stap 2
Vul die buise en die kastrol rondom met die sous. Onthou, daar kom witsous bo-op; hou so 2 cm bo oop.

Witsous

Room by die witsous maak die hele dis ryker. So nie, kan jy 800 ml melk gebruik.

120 g (120 ml) botter
70 g (120 ml ) meel
300 ml melk
500 ml room
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
100 g pecorino-kaas, gerasper
30 ml botter, in klein blokkies gesny

Smelt die 120 g botter in ’n kastrol. Voeg die meel by en meng tot ’n gladde pasta. Haal die kastrol van die hitte af en voeg die melk bietjie vir bietjie by. Roer goed ná elke byvoeging. (Ek verkies om ’n ballonklitser te gebruik - jy sal definitief nie klonte kry nie.) Voeg die room (of nog melk as jy verkies) by en meng goed. Plaas terug op die hitte en maak die sous dik terwyl jy aanmekaar roer. Geur met sout en swartpeper.

Stap 3
Wanneer die sous dik is, gooi dit oor die cannelloni en sprinkel die pecorino-kaas oor. Stip botter oor en bak vir so 45 minute tot mooi bruin. Druk ’n skerp mes in om te kyk of die pasta sag is.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
Marlé Buysse*


Saturday, 23 November 2013

MERINGUE

                                                       


BASIESE RESEP VIR MERINGUE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/merinque.html
Klits 4 eierwitte saam en voeg geleidelik 250 ml (1 k) strooisuiker en ’n knippie elk kremetart en sout by tot die meringue styf en glansend is.

1.Smeer die meringue om geposjeerde vrugte soos nektariens of pere. Plaas op ’n bakplaat en bak sowat 40 minute teen 120 °C tot gaar. Skakel oond af en laat in die oond afkoel.

2.Skep 2 rowwe sirkels meringue op 2 uitgevoerde bakplate wat met mielieblom gestuif is en bak 40 minute of tot gaar. Laat in die oond afkoel en plaas op mekaar met styfgeklopte room. Skep grenadellapulp bo-oor.

3.Mini-pavlova: Skep groot hope meringue op uitgevoerde bakplate wat met mielieblom bestuif is en bak 40 minute tot gaar. Laat in die oond afkoel. Maak ’n puree van bessies, ’n bietjie suiker en ’n paar druppels balsemieke asyn. Skep oor die pawlowas en rond af met vars bessies*       Foto>Huisgenoot
* Lekker Resepte vir die Jongergeslag 

Liana Barnard Claassen
Mini Pavlova met vanilla room, bessies en sjokolade ganache
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/merinque.html