Tuesday 22 January 2013

AALWYN KONFYT

AALWYN KONFYT
Sny die onderste ou aalwynblare so naby as moontlik teen die stam af waar die blare op huldikste is. Pak dit regop met die gesnyde kant na onder en laat ´n dag só staan om soveel sap asmoontlik te laat uitloop. Sny die kante en die punte af sodat die binneste wit deel wat oorbly,minstens 10 mm dik is, anders is die konfytstukke te dun.Sny die wit gedeeltes in stukke van sowat 30 mm vierkantig en skil elkeen af, bo en onder. Nou isdie snyery en skillery klaar. Die stukke moet ´n paar uur goed in skoon water geweek en daarna´n paar keer in lopende water afgespoel word tot daar nie meer ´n teken van die geel, bitter sap isnie. Nou kan dit verwerk word nes waatlemoenkonfytstukke:Prik elke stuk goed aan weerskante met ´n vurk met dik tande. Laat lê die stukke oornag in helder kalkwater. Maak genoeg kalkwater aan om die stukke te bedek deur 2 eetlepels kalk in diekorrekte hoeveelheid lou water op te los. (Kalk is by apteke te koop.) Roer elke nou en dan tot diewater koud is, gooi die helder water bo af en gebruik.Spoel die stukke in vars water af en dreineer.Weeg. Vir elke 2,7 kg stukke word 3,2 kg suiker en 2 liter water gebruik. Sowat 4 eetlepelssuurlemoensap sal keer dat die stroop sandsuiker word, terwyl ´n handvol vyelote vir ´n heerlikegeur sorg. Kook die stukke eers sowat 30 minute in water. Dit sal nie sag word nie, maar absorbeer die stroop dan beter. Dreineer.Kook intussen die stroop. Voeg die stukke met verdrag by sodat die stroop nie ophou kook nie.Laat kook sowat een en ´n half uur tot die stukke deurskynend is en die stroop begin verdik. Laatoornag staan om goed af te koel. Dit is wanneer die aalwynstukke die stroop absorbeer. Haal diestukke die volgende oggend uit die stroop, verhit die stroop weer tot kookpunt en plaas die stukketerug in die warm stroop. Pak die konfytstukke warm-warm in gesteriliseerde flesse, maak vol metstroop en verseël.* onthou jy nog?". *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment