Tuesday, 22 January 2013

APPELLIEFIE / BESSIE- KONFYT





APPELLIEFIE - KONFYT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/appelliefie-konfyt.html

1kg appelliefies
750g suiker
125ml water
20ml suurlemoensap
Trek die doppies en stingeltjies van die appelliefies af. Spoel vrugte af. Plaas suiker, appelliefies,water en suurlemoensap in 'n groot genoeg kastrol. Kook vrugte oor lae hitte totdat dit sooskonfyt begin lyk. Roer af en toe om suiker op te los. Skep oortollige skuim wat gedurende diekooktyd gevorm het, af. Toets die konfyt om te sien of dit styf genoeg is. Skep in warmgesteriliseerde flesse en verseël dit onmiddellik terwyl dit nog warm is

**Carin Ras Wilson*e-book
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
Hannalie Kitshoff
EUGENIA BOSBESSIE-KONFYT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/appelliefie-konfyt.html

Wie van julle het al van die Eugenia bosbessie konfyt gekook?

1 Koppie ontpitte bessies
1 Koppie suiker
1 Teelepel suurlemoensap
Spoel goed af, gooi in vuurvaste glasbak en mikrogolf tot stroop begin verdik. Roer elke minuut om te voorkom dat dit oorkook. Laat staan vir ongeveer 5 minute. Gooi in potjies en verseël.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment