Saturday 26 January 2013

KERRIEBOONTJIES



KERRIE BOONTJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/boontjies-eiervrug.html
Helena Kruger
En ja Ek het ook lekker KERRIE-BONE GEMAAK...
2 kg Gekerfde Groenboontjie
1 kg Gekerfde Uie
2 t sout
3k Asyn
3 k Suiker
2 t Kerrie
1t Borrie
2 e Mielieblom [Maziena]
Kook boontjies en uie en sout vir so 15min in bietjie water tot amper sag
Meng ander bestd. behalwe mielieblom en voeg by
Kook vir so +-6min
Maak mielieblom aan met bietjie water en roer in
Kook 5min tot mooi blink en bottle warm 12/6/12*Helena Chilli Kruger*
— at Die Gasdak Bultfontein*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

 

                                   Foto>Helena Kruger 22/8/13



Helena Kruger
KERRIE-BONE EN PERSKE-STUKKIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/boontjies-eiervrug.html
Eie verwerking*

1Blikkie Perskesnippers[410g]kerf hulle in stukkies
2 kg Gekerfde Groenboontjies
1 kg Gekerfde Uie
2 t sout
3k Asyn
3 k Suiker
2 t Kerrie
1t Borrie

2 e Mielieblom [Maziena]
Kook boontjies en uie en sout vir so 15min in bietjie water tot amper sag
Meng ander bestd. behalwe mielieblom en voeg by
Kook vir so +-6min
Maak mielieblom aan met bietjie water en roer inKook 5min tot mooi blink en bottle warm 10/5/12*Helena Chilli Kruger*baie lekker>>


   Weer bietjie KERRIEBOONYJIES GEMAAK MET PERSKESTUKKIE**
                                                      Maart 2016
                                                    Helena Kruger**

**************************************************************
 




KERRIEBONE MET PERSKE SOETRISSIE EN WORTELS

2 soorte gekook
1. Kerrieboontjies met Perske stukkies
2. Kerrieboontjies met Soetrissie en Perske en Wortels
Ek hou nogal van Nr2.en ek het by elkeen net 1 e Appelkooskonfyt bygevoeg..
KERRIE-BONE EN PERSKE-STUKKIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/boontjies-eiervrug.html
Eie verwerking*
1Blikkie Perskesnippers[410g]kerf hulle in stukkies
2 kg Gekerfde Groenboontjies
1 kg Gekerfde Uie
2 t sout
3k Asyn [ek het net 2k asyn gebruik]
3 k Suiker
2 t Kerrie
1t Borrie
2 e Mielieblom [Maziena]
1 e Appelkooskonfyt
2 Soetrissies gekerf
2 Wortels gekerf fyn
Kook boontjies en uie, soetrissie en wortels en sout vir so 15min in bietjie water tot amper sag
Meng ander bestd. behalwe mielieblom en voeg by
Kook vir so +-6min
Maak mielieblom aan met bietjie water en roer in
Kook 5min tot mooi blink en bottle warm in warm bottels**
Helena Kruger*04/10/2016


*************************************************************


 






Hier het ek my KERRIEBONE so bietjie verander..en ja dit is baie baie lekker Helena Kruger​

HAWAINSE KERRIEBOOONTJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/boontjies-eiervrug.html

Eie verwerking*
1Groot Blik Perskesnippers [kerf hulle in stukkies
2 Pakke Hawain Stirfry
2 kg Gekerfde Groenboontjies
1 kg Gekerfde Uie
2 t sout
3k Asyn
3 k Suiker
2 t Kerrie
1t Borrie
2 e Mielieblom [Maziena]
Kook boontjies en uie en sout vir so 15min in bietjie water tot amper sag
Voeg jou Perskesnipper en jou Stirfry by en kook vir 8min
Meng ander bestd. behalwe mielieblom en voeg by
Kook vir so +-6min
Maak mielieblom aan met bietjie water en roer in
Kook 5min tot mooi blink en bottle warm 02/03/2015*Helena Kruger *baie lekker>>*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* 

   


***************************************************************


                            KERRIEBOONTJIES MET KOMKOMMER



Hier het ek weer my KERRIEBOONTJIES bietjie verander en dit is baie baie lekker>Helena Kruger >31/03/2015
KERRIEBOONTJIES MET KOMKOMMER
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/boontjies-eiervrug.html
**Eie verwerking*
2 Komkommers in kwarte gesny en mooi dun skyfies gesny
1 Pak Hawain Stirfry[500g]
2 kg Gekerfde Groenboontjies
1 kg Gekerfde Uie
2 Bossies Spinasie fyn gekerf
2 t sout
2k Asyn
3 k Suiker
2 t Kerrie
1t Borrie
1 e Heelkorrelmosterd
2 e Mielieblom [Maziena]
1 k Asyn
Kook boontjies en uie en sout vir so 15min in bietjie water tot amper sag
Voeg jou komkommers, Spinasie by en kook tot komkommers gaar is
Nou:
Water jou hele mengsel heeltemal af in n vergiettes
Voeg 1k warm water by..miskien bietjie meer**
Voeg jou Stirfry by en kook vir 8min
Meng ander bestd. behalwe mielieblom en voeg by
Kook vir so +-6min tot alles lekker deurgekook is
Maak mielieblom aan met die 1k asyn en roer in
Kook 5min tot mooi blink en bottle warm 31/03/2015*Helena Kruger *baie lekker>>*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


Dalene Brits

Maureen Jansen van Rensburg
KERRIE GROENBONE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/boontjies-eiervrug.html
My seun eet glad nie groenbone of kerrie bone nie. Ek maak hierdie lekker een en ewe skielik eet hy nou kerriebone. Dis baie lekker en maklik.
2 kg Bone,
1 kg uie,
1 bottel bruin asyn,
2 koppies suiker,
halwe (125ml) mielieblom (mazeina),
4 eetlepels kerriepoeier (nie sterk nie),
3 eetlepels borrie,
1 teelepel droë mostert poeier,
2 teelepels sout en
halwe koppie appelkooskonfyt.
Kook die bone tot nie pap nie. Snipper die uie en lê in gekookte water vir so 20 minute.
SOUS :
Meng nou droë bestandele , behalwe die mielieblom. Gooi dit in pot met asyn en roer toe gesmelt. Roer die konfyt by. Meng die mielieblom met koppie water. Roer dit by die sous tot verdik. Gooi nou jou groenbone en uie by. Laat dit net goed deur kook. Bottel. Hoe langer dit staan, hoe lekkerder.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


KERRIE BOONTJIES


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/boontjies-eiervrug.html
2 kg gekerfde boontjies
1 kg gekerfde uie
2 t (gelyk geskraap) sout
Kook 10 min in stoompot.
1 bottel asyn (750ml)
3 kop suiker
2 t Kerrie (gelyk geskraap)
2 e (hoogvol) maizena
METODE:
Kook asyn en suiker saam.
Maak pasta van maizena en Kerrie.
Roer in kokende mengsel.
Gooi oor bone.
Kook 5 minute
Bottel warm."Van ons Kosmaters"
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
.



BOONTJIE BLATJANG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/boontjies-eiervrug.html
Linette Olckers
1lb Boontjies gekerf
 1 Knoffelhuisie, fyngedruk
1 Bottel asyn
4 Groot uie, gekap
Kook als saam tot sag.
2k Suiker
2e Kerriepoeier
1e Sout
10 Naeltjies
5 Groot tamaties
½t Peper
1t Borrie
 ½t Rooipeper
4 Lourierblare
Voeg alles by gekookte mengsel.
 Kook weer tot dik en bottle.26/4/13
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
.


Magda Augustyn
HEERLIKE KERRIEBONE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/boontjies-eiervrug.html
2kg groenbone,
4groot uie in ringe gesny,
2E kerrien
2k suiker
2E sout
4E mielieblom
3k asyn
2E gouestroop
2E mosterd
METODE: kook bone e uie tot sag. Voeg nou alles behalwe die stroop e mosterd by. Laat kook haal van stoof af en laat afkoel voeg nou stroop e mosterd by. Bottel koud
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Maré Nieuwoudt
KERRIE-MOSTERDBONE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/boontjies-eiervrug.html
(Hierdie mosterdbone kry tamatie ook in)
2 kg jong groenbone
700 g uie, in ringe gesny
500 ml (2k) wit druiwe-asyn
10 ml (2t) sout
45 ml (3e) gouestroop
5 ml (1t) borrie
30 ml (2e) matige kerriepoeier
750 ml (3k) suiker
30 ml (2e) mosterdpoeier
80 ml (1/3k) mielieblom
5 groot tamaties, ontvel en fyn gekap
METODE:
Bedek die groenbone en uie met water en verhit tot kookpunt. Kook 20 minute lank en dreineer goed.
Meng die res van die bestanddele, behalwe die tamaties, en verhit tot kookpunt. Roer tot die mengsel kook en verdik. Voeg die bone, uie en tamatie by en prut nog 5-7 minute lank. Skep warm in gesteriliseerde flesse.
Lewer 3,2 liter.
Huisgenoot
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*  .


KERRIE-GROENBOONTJIE-SUURTJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/boontjies-eiervrug.html
Dit is nie die tradisionele kerrieboontjies wat met sous gemaak word nie, maar regte,egte suurtjies. Sit voor by lamstjops of koue lamsboud.
4 groot uie geskil en gekap
25ml olie
5ml borrie
10ml marsala of matige kerriepoeier
500g groenboontjies, onthaar en in 10mm lengtes gesny
1 x 250g pakie sultanas
250ml asyn
250ml suiker
Sout en peper
METODE:
Braai uie in verhitte olie tot sag en deurskynend, maar nie bruin nie. Strooi borrie, marsala oor en roerbraai vir 3 min. Voeg bone en sultanas by en roerbraai vir 3 min. Voeg asyn en suiker by en roer oor lae hitte tot suiker opgelos is. Bedek en laat prut vir 30min oor lae hitte. Laat koud word, plaas in yskas. Proe en geur met sout en peper. Bedien yskoud.* Rooi Rose 1996*
"BAIE LEKKER JULLE KAN DIT ENIGE TYD MAAK!!Helena 22/9/11
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
KITS KERRIE GROENBONE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/boontjies-eiervrug.html
Kan koud of warm bedien word.
500g bevrore of vars bone
2 uie fyn gesny

3ml sout
200ml suiker
200ml asyn
10ml kerriepoeier
15ml mielieblom
METODE:
Kook die bone, uie en sout tot sag, nie pap nie (10min) in water. Gooi die water af.
Voeg suiker en asyn by, kook vir 5 min.
Meng kerrie en mielieblom met bietjie water.Voeg by bone en kook vir 5min. Roer aanhoudend. Kan bottel of net in yskas bere tot gebruik.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



SOUSBOONTJIES


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/boontjies-eiervrug.html
250 g droë suikerboontjies
50 ml suiker
100 ml asyn
10 ml sout
3 ml fyn swartpeper
50 ml botter
METODE:
Was die boontjies en week hulle oornag. Dreineer en plaas in ’n kastrol. Bedek met water en kook tot sag. Voeg die ander bestanddele by sodra die boontjies sag is en byna droog gekook het. Die gereg moet souserig wees. Vul gesteriliseerde flesse met jou sousboontjies."Sarie Kos " Helena Kruger"
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* 




No comments:

Post a Comment