Friday 25 January 2013

OESTERS EN PERLEMOEN

OESTERS EN PERLEMOEN

OOPMAAK VAN OESTERS
Die oopmaak van 'n oester is 'n kuns wat versigtig aangepak moet word. Gebruik 'n skerp mes.
Druk die oester vas op 'n stewige oppervlak met die gepunte skarnierkant na jou en die gekelkte skulp ondertoe.
Steek die mes tussen die boonste en onderste skulpe ongeveer in die middel van die oester in.
Die mes kan ook aan die ronde kant weg van jou ingesteek word waar die skulp die sagste is.
Sodra die skulp binnegedring is, moet heen en weer van die een kant na die ander gesny word teenaan die boonste, plat skulp om die spier af te sny sonder om die oester se lyf te beskadig.*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/oesters-perlemoen.html


Helena Kruger
OESTERS!
Koljander sous
1/3 rooi rissie, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
2 e strooisuiker
1 e vars koljander gekap
3 e rysasyn
1 t sojasous
½ t sesam-olie
½ t olyfolie*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/oesters-perlemoen.html


Wasabi-komkommer
½ t wasabipasta
1 e rysasyn
1 e strooisuiker
1 klein komkommer, in linte gesny
1 e gepekelde gemmer, in repies gesny
12 oesters, oopgemaak
Vir die koljandersous, meng al die bestanddele saam.
Vir die wasabikomkommer, meng die wasabi, rys asyn en strooisuiker. Giet oor die komkommerlinte en laat staan 5 minute. Plaas die gepekelde gemmer en wasabikomkommer op elke oester. Giet koljandersous oor. Baie lekker!!!1/9/10
Weet nie waar kom ek aan die resep nie maar dit is baie lekker!! http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/oesters-perlemoen.html




Oysters with various toppings

The toppings on our oysters are a chilli, coriander and lime juice combination; watermelon hearts with a squeeze of lime and a grinding of black pepper; and strawberry ice rounded off with black pepper and decorated with mini hearts cut from fresh strawberrys. The decoration on the plate is cut out of watermelon using a bigger cookie cutter.

Strawberry ice
(makes 1½ cups)

½ cup water
¼ cup sugar
500g strawberries
2T lemon or lime juice

Boil the water and sugar for 3-5 minutes to dissolve the sugar and allow to cool. Puree the strawberries and mix with the sugar syrup. Mix in the lemon or lime juice. Pour mixture in a stainless-steel container (freezes faster) and place in the freezer for 6 hours, beating once or twice to break up the ice crystals. If you have an ice-cream mixer, churn the mixture until it is firm enough to scoop.
By: Boere Chef*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/oesters-perlemoen.html




Helena Kruger
Gebraaide perlemoen  
met 'n pikante sousie en kruieslaai
(bedien 2)
Bestanddele: 4 perlemoene (100-120g elk) skoongemaak uit die skulp en saggemaak -(gebruik die plat kant van 'n mes en slaan 'n paar keer op die spier in die middel van die perlemoen)
2 e -olie
1 knoffelhuisie, fyngekap
3 e kokosroom
Sous:
1 klein bossie vars koljander
3 knoffelhuisies
3 groen rissies
2.5 e fyn suiker
6 e lemmetjiesap
2 e Thai vissous
Slaai
6 mentblare
6 basiliekruidblare
halwe koppie dun gesnyde komkommer met skil
kwart koppie boontjiespruite
2 sprietuie, opgesny
Metode:
Sit koljander, knoffel en rissies in 'n stamper en stamp tot fyn puree. Voeg by suiker, sap en vissous.
Plaas perlemoen in olie, kokosmelk en fyngekapte knoffel. Los vyf minute in die bak. Plaas op braairooster en braai 30 sekondes tot een minuut per kant tot goed gekarameliseer. Meng al die slaaibestanddele bymekaar, plaas perlemoen in sy skulp met slaai en gooi van die sous oor. Helena!!!1/10/10 ♥http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/oesters-perlemoen.html


Helena Kruger
Perlemoenpotjie 
6 perlemoene skoongemaak en in repies gesny en saggies gekap
4 groot uie, gekap
8 jong aartappeltjies
2 eetlepels margarien
2 eetlepels olie
1/2 kop wit wyn
1/2 teelepel neutmuskaat, fyn
1 teelepel vars of gedroogde pietersielie
/1/2teelepel dille (droog)
sout en suurlemoenpeper na smaak
sap van twee suurlemoene of 4 eetlepels
Metode: Soteer die uie en aartappels vir 'n paar minute (4) in die olie en margarien in 'n dikboom-kastrol. Gooi / koppie wit wyn by en plaas deksel op en laat stadig prut totdat aartappels sag is. Voeg die perlemoen en res van bestanddele by en laat prut vir 15 minute totdat perlemoen gaar is. Gooi / koppie tot 'n koppie room (opsioneel) by en laat prut vir 5 minute tot deurgekook. Bedien met varsgebakte bruinbrood. Daniel de Kock!!!!11/10/10 * http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/oesters-perlemoen.html


Helena Kruger
Gestoofde Perlemoen
Bedien 4
2 middelgrootte perlemoen, 7mm dik gesny, gestamp en gehalveer
25 ml olie
1 groot ui, dun gesny
250 ml droë witwyn
3 repies spekvleis, in 30 mm-stukkies gesny
12,5 ml gekapte pietersielie
sout, varsgemaalde swartpeper
'n bietjie neutmuskaat
1 lourierblaar
10 ml hoenderekstrak
Metode:
1. Verhit olie in braaipan
2. Voeg uie by en kook tot deurskynend
3. Voeg perlemoen by en braai liggies aan albei kante
4. Plaas in 'n oondskottel, voeg wyn, spekvleis, pieterselie, sout, peper, hoenderekstrak, neutmuskaat en lourierblaar by. Bak teen 175º C vir 1½ uur of totdat perlemoen sag is.
5. As die vleistof verdamp gedurende gaarmaak, kan meer water bygevoeg word om meer sous te maak.
6. Sprinkel met vars gekapte pietersielie en bedien met gekookte rys. Perlemoen Vereniging!!!!! Helena 11/10/10 ♥http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/oesters-perlemoen.html


Helena Kruger
Gestoofde perlemoen met groente

Bestandele
450 g (1 lb) fyngemaakte perlemoen
3 spekvleisrepies (klein stukkies gesny)
2 selderystele (dun skyfies gesny)
1 klein uitjie (fyn gekap)
3 middelslag-aartappels (geskil en blokkies gesny)
2 geelwortels (skywe gesny)
1 teelepel sout
¼ teelepel peper
knippie droë tiemie
5 eetlepels botter of margarien
5 eetlepels meelblom
4 koppies melk
rys
Metode
Laat gemaalde perlemoen 1 uur lank, of tot sag, in 2 koppies water prut. Dreineer. Berei groente: Bak spekvleis stadig in braaipan, voeg seldery en ui by en soteer tot deurskynend. Kook aartappels en wortel in 2 koppies water met sout, peper en tiemie tot amper sag, dreineer. Smelt bottet in groot kastrol, roer meelblom in en kook totdat dit borrel. Roer melk geleidelik by. Voeg perlemoen, spekvleismengsel en gaar groentes by. Verhit, maar moenie kook nie. Bedien by rys. Vir 6 persone. HELENA 11/10 .http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/oesters-perlemoen.html

No comments:

Post a Comment