Monday, 28 January 2013
TRADISIONELE/ NAGEREG/TERTE/KOEKE
Helena Kruger
SOUSKLUITJIES
15ml Bakpoeier
1.25ml sout
25ml Melk
125ml Meelblom
25ml Room
2 Eiers
Sous:
180ml water
12,5ml Botter
5ml Mielieblom
Metode:
Klits eiers, room, melk saam....voeg meel en res van die droee best. by meng...
Kook n bietjie water met n bietjie sout in in n platboomkastrol..[Hier voeg ek n 1t botter by]..Skep lepelsvol deeg in die water en Plaas deksel op vir so 2-3min..moenie oopmaak nie!!!..Nou maak jy gou jou sousie ..en gooi n bietjie in jou opskepbak en Lig dan jou kluitjies uit in die bak en gooi die ander helfte van jou sous oor...stip met n paar klontjies botter en strooi SUIKER EN KANEEL OOR!! WHALLA Helena
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-nageregtertekoeke.html
Helena Kruger
MELKKOS
Bestandele:
1 Koppie Meel
1 1/2 E Botter
‘n Knippie sout
5 Koppies melk
Metode:
Vryf die botter by die meel in en voeg die knippie sout hierby.
Bring die melk tot kookpunt op die plaat en voeg die botter en meel mengsel bietjie op ‘n slag by.
Draai die plaat tot op ‘n lae hitte en kook vir omtrent 5 minute terwyl jy dit baie gereeld roer.
Sprinkel kaneelsuiker bo-oor die melkkos en eet warm…..Moenie die botter bo-oor vergeet nie !!! 7/5/10♥Helena http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-nageregtertekoeke.html
Helena Kruger
Mev. VERWOERD SE GUNSTELING
*1966*
3k warm melk
1k suiker
1k broodkrummels
3 ryp piesangs
knippie sout
4 eiers
geursel
2e appelkooskonfyt
Metode:
Skei die 2 eiers, meng die gele en 2 heel eiers met die warm melk,suiker ,krummels, geursel, sout en fyngedrukte piesangs. Bak in n matige oond totdat dit styf is. Smeer konfyt oor en daarna styfgeklitste eierwit van 2 eiers waarby n 3/4k suiker gevoeg is. Bak weer bruin in n matige oond!!!Nagereg of n tert
" Moeder 1966" Helena 2010 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-nageregtertekoeke.html
Helena Kruger
HAWERMOUT KOEKIES
2 k meel
4 k hawermout
2 k klapper
2 k suiker
250 g margarien
3 t stroop
2 t koeksoda
Metode:
Smelt botter en stroop
Voeg koeksoda by
Meng die droe bestanddele saam
Gooi stroop by droe bestanddele
Gooi in 'n oondpan en druk vas
Bak vir 10 - 15 min teen 180* C
Haal uit en sny dadelik Ou reseppie Heerlik!!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-nageregtertekoeke.html
Pamela van Wyk
OUTYDSE SOETKOEKIES
10 koppies meel
4 koppies suiker
500g margarien
6 eiers
10 teelepels bakpoeier
knippie sout
½ koppie lou water
Metode:
Sif alle droë bestanddele saam. Klits botter en suiker vir ongeveer 10 minute tot room, en voeg eier een vir een by. Klits goed. Voeg droë bestanddele by die suiker, margarien en eier mengsel. As deeg 'n bietjie styf is voeg 'n kwart tot 'n halwe koppie lou water by en meng deur. Laat deeg vir ongeveer een uur staan. Rol uit op meel bestrooide oppervlakte en druk uit. Pak in gesmeerde bakplate. Bak teen 180°C vir 10 minute of tot ligbruin. Jongergeslag 15/6/10 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-nageregtertekoeke.html
Helena Kruger
ARMMAN SE POEDING
1 Koppie meel
1 Eetlepel botter
3/4 Koppie suiker
1 Desertlepel appelkooskonfyt
1 Eier
1 Teelepel asyn
1 Gelyk teelepel koeksoda
Sout
1 Koppie melk
Metode:
Meng meel en suiker en vryf botter in. Klits eier en konfyt saam. Voeg by eerste mengsel. Meng melk met koeksoda en asyn en voeg by mengsel. Bak vir 1/2 uur by 180º C.
Sous:
1 Koppie room
3/4 Koppie suiker
1/4 Koppie botter
1/2 Koppie kookwater
Kook alles saam. Gooi warm oor poeding wanneer uit die oond kom. Bedien warm of afgekoel met vla. kosmater♥ http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-nageregtertekoeke.html
Helena Kruger
KOOKPOEDING
5 koppies water
1 desertlepel botter
1 teelepel vanilla
1 koppie suiker
½ teelepel sout
Kook alles saam.
Deeg
5 eetlepels botter
1 desertlepel koeksoda
4 eetlepels appelkooskonfyt
2 koppies koekmeel
Metode:
Smelt botter en appelkooskonfyt. Voeg koeksoda by en roer tot skuim. Roer net genoeg meel by om ‘n stywe deeg te vorm. Skep deeg in stroop. Kook 20 minute lank. Moenie deksel oplig nie
HELENA♥[ EK HET AL 1T GEMMER BYGEGOOI..EN DAN HET EK N GEMMERPOEDING GEHAD]
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-nageregtertekoeke.html
Helena Kruger
DIE MALVAPOEDING RESEP
(MIKROGOLF)
Sous:
50ml water,
125ml melk,
60ml botter,
60ml suiker,
2ml vanilla
Deeg:
1 eier,
25ml appelkooskonfyt,
5ml bakpoeier,
5ml koeksoda,
125ml koekmeel,
125ml suiker,
250ml melk,
2ml sout
Sous: mikrogolf water tot kookpunt, voeg res van bestandele by, mikrogolf nog minuut, hou eenkant.
Deeg: meng eiers en suiker goed, voeg konfyt by en roer. Sif meel, bakpoeier en sout bo-oor, meng goed. Los koeksoda in melk op, voeg by meelmengsel en meng tot 'n slap deeg. Mikrogolf vir 7min op hoog of tot gaar. Gooi sous bo-oor en laat staan so bietjie. dubbel beslag vat so 12 tot 14min .Kosmater
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-nageregtertekoeke.html
Helena Kruger
SKRIKKELJAARPOEDING
110ml margarien
125ml suiker
2 eiers (geskei)
250ml ongesif afgemeet koekmeelblom
10ml bakpoeier
knypie sout
375ml melk
25ml strooisuiker
100ml fyn appelkooskonfyt
Metode:
Stel die oond op 180C en smeer ‘n vuurvaste skottel van 24cm in deursnee. Klop die maragrien en suiker saam tot romerig. Voeg die eiergele by en meng. Sif die koek meelblom, bakpoeier en sout saam en roer beurtelings met 75ml van die melk by die suikermengsel. Gooi die beslag in die bakskottel en bak vir 30 minute. Klits die eierwitte en strooisuiker saam tot styf, net voor die poeding uit die oond gehaal moet word. Haal die poeding uit en gooi die oorblywende melk bo-oor. Smeer die
konfyt bo-op en bedek met die eierwit. Plaas terug in die oond en bak nog ‘n paar minute tot die meringue verbruin. Sit warm voor. Lewer 6 porsies....... Kosmater http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-nageregtertekoeke.html
Helena Kruger
MALVAPOEDING
1 koppie meelblom
1 teelepel hoogvol bakpoeier
1 koppie melk
1 koppie suiker
1 eetlepel botter (margarien)
1 eier
½ teelepel sout
1 teelepel koeksoda opgelos in 1 eetlepel asyn
1 eetlepel appelkooskonfyt
Metode:
Room botter en suiker. Voeg geklopte eier by en klop goed. Voeg asyn en koeksoda en appelkooskonfyt by. Roer gesifte meelblom, bakpoeier, sout en melk om die beurt by. Bak teen 180° tot gaar. Gooi die volgende sous oor en bak vir 10 minute langer.
Sous
1 koppie room
½ koppie botter (margarien)
1 koppie suiker
½ koppie kookwater
1 teelepel geursel (vanielje of karamel)
Kook alles saam (baie stadig) vir 3 minute Kosmater
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-nageregtertekoeke.html
Helena Kruger
DOEKPOEDING
5 koppies meelblom
250ml ontpitte rosyne
5 eiers, geel en wit geskei
250ml dadels
1½ koppie appelkooskonfyt
½ teelepel gerasperde neut
250ml botter
25ml koeksoda
250ml suiker
½ koppie melk
½ teelepel sout
Metode:
Room botter en suiker saam en voeg die geklitste eiergele by. Voeg die appelkooskonfyt by. Snipper die dadels en voeg die rosyne by. Los die koeksoda op in die melk en gooi dit oor die vrugte. Voeg dit by die bottermengsel. Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by die mengsel. Klop die eierwitte styf en vou dit in die mengsel in. Smeer ‘n linnedoek met botter en sprinkel meelblom oor. Skep die mengsel daarin en bind die doek toe. Los egter genoeg spasie vir die poeding om te rys. Plaas die poeding in kokende water en plaas die deksel van die kastrol op. Stoom vir 3 uur lank. Bedien met ‘n sous van jou keuse, maak ‘n lekker wynsous smaak heerlik hierby. Helena
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-nageregtertekoeke.html
Helena Kruger
WATERBUL
550ml Meel
5ml Bakpoeier
2ml Sout
5ml Fyn Gemmer
5ml Fyn Kaneel
15ml Appelkooskonfyt
10ml Koeksoda
250ml Melk
140g botter
Metode:
Sif meel, bakpoeier, sout saam. Room botter,en voeg Gemmer, kaneel, en Konfyt by meng goed. Los koeksoda in melk op en vou meel en melk om die beurt in beslag en meng tot n redelike stywe deeg.Skep jou deeg in jou klaargemaakte sous ..bedek en prut 1uur.
SOUS
1Lt. Water
300ml Suiker
Meng en verhit tot kookpunt..[skep nou deeg in en kook] Helena
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-nageregtertekoeke.html
Roline Louwrens De Beer
ROLPOEDING
(Roly Poly)
uit "Kook Afrikaans!"
-240gr/500ml koekmeel
-10ml bakpoeier
-2ml sout
-50gr/50ml botter of margarien
-2 eiers, geklits
-250ml fyn appelkooskonfyt
STROOP: -750ml water
-30gr/30ml botter/margarien
-200gr/250ml suiker
Metode:
1) Voorverhit die oond tot 180°C en smeer 'n reghoekige oondbak goed met margarien.
2) Sif die meel, bakpoeier, en sout daam en vryf die botter/margarien liggies met die vingerpunte in.
3) Klits die melk en die eiers saam en voeg dit by die droë bestanddele. Meng dit goed, totdat 'n stywe deeg gevorm het.
4) Rol die deeg dun (± 5mm) in 'n reghoek uit en smeer die appelkooskonfyt dik daaroor.
5) Rol die deeg soos 'n rolkoek op en plaas dit in die oondbak.
6) Meng die water, botter/margarien en suiker saam in 'n kastrol en kook dit 5 minute lank saam.
7) Giet die sous oor die konfytrol en bak 1 uur lank tot gaar en goudbruin. Sny die rol in skywe met 'n skerp mes en bedien met vla of roomys. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-nageregtertekoeke.html
Helena Kruger
SUURLEMOEN MERINGUE TERT
Beskuitjiekors –
3/4 pakkie Marie beskuitjies en 80 ml margarien, gesmelt
397g-blikkie kondensmelk
125 ml suurlemoensap
3 eiers, geskei
125 ml strooisuiker
5 ml asyn
15 ml mielieblom
Metode:
Voorverhit die oond tot 180*C Berei die kors en druk dit vas in 'n tertbord.
Klits die eierwit, en voeg die strooisuiker geleidelik daarby tot dit styf is. Klits nou die asyn en mielieblom by. Klits die eiergeel saam met die kondensmelk en suurlemoensap. Gooi dit in die tertkors. Skep die meringue bo-op. Bak vir 10 minute of tot ligbruin. Verkoel. Helena http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-nageregtertekoeke.html
Helena Kruger
TRADISIONELE MELKTERT
Vulsel:
375ml koekmeel
1,5lt melk
knippie sout
1 stuk pypkaneel
65ml botter
325ml suiker
6 eiers geskei
kaneelsuiker
Metode:
Meng meel, sout, en 500ml melk tot daar geen klonte meer is nie...Verhit die res van die melk en stuk pypkaneel net tot voor kookpunt...Verwyder kaneel en voeg meelmengsel by..roer tot verdik...Voeg botter,suiker,en geklitste eiergele by ..roer baie goed. Klits wit van 3 eiers styf en vou in ...Skep in koue tertkors en bak in voorverhitte oond 200*C vir so 15-18 min ...of tot kors ligbruin is...Strooi kaneelsuiker oor warm tert..N.S...Ek gebruik altyd sommer n Broskors !!!!!! Helena http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tradisionele-nageregtertekoeke.html
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment