Monday 18 February 2013

AARBEI KONFYT




OORNAG HEEL AARBEIKONFYT
Soek net die ferm helderrooi aarbeie uit vir hierdie konfyt.
Weeg die aarbeie af en gebruik vir elke 500g aarbeie 350g wit suiker en 15ml suurlemoensap. Plaas die aarbeie en suiker in afwisselende lae in ‘n kastrol en sprinkel die suurlemoensap oor die suikerlae. Moenie water byvoeg nie. Laat oornag stroop vorm.Verhit die volgende dag baie stadig oor lae hitte tot kookpunt en roer dit versigtig aan die begin om nie die aarbeie te breek nie, maar seker te maak al die suiker is opgelos. Kook die konfyt oor matige hitte totdat die stroop effens jellierig is. Toets of die konfyt dik genoeg is deur ‘n bietjie van die stroop op ‘n ysblokie of yskoue piering afte koel en dit met die vinger te stoot. Daar moet rimpels op die oppervlak vorm. As die stroop nie wil jel nie, voeg ‘n gerasperde vars suurappel by elke 500g aarbeie wat gebruik is, laat dit ‘n rukkie kook en toets weer. Skuim die konfyt af, indien nodig voordat dit gebottel en verseel word. Om seker te maak dat die aarbeie nie bo in die bottel dryf nie laat die konfyt eers 10 – 15 min afkoel voordat dit gebottel en verseel word.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/aarbei-konfyt.html

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

VINNIGE AARBEIKONFYT
Weeg ‘n mengsel van ryp en halfryp aarbeie af en gebruik vir elke 2kg aarbeie 1.8kg wit suiker en die sap van 3 middelslag suurlemoene. Verpulp die helfte van die aarbeie in ‘n kastrol, gebruik die groter aarbeie hiervoor. Voeg die res van die aarbeie by en kneus dit met ‘n houtlepel teen de wand van die kastrol. Sit die deksel op en kook dit ‘n kwartier lank stadig. Voeg die suiker en suurlemoensap by die aarbeie en roer die mengsel net genoeg om die suiker te laat oplos. Kook die konfyt ongeveer 20 min lank oor matige hitte sonder ‘n deksel en skuim af, indien nodig. Roer dit af en toe met ‘n houtleper net op die boom van die kastrol met ‘n syfer 8 beweging om te verhoed dat dit aanbrand. Toets of die konfyt reg is deur ‘n bietjie stroop op ‘n ysblokkie of yskoue piering afte koel, met die vinger te stoot , dit moet rimpels op die oppervlak vorm. Laat die konfyt 10min lank afkoel voordat dit gebottel en verseel word.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/aarbei-konfyt.html

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

EEN-TWEE-DRIE HEEL AARBEIKONFYT
Gebruik 400g wit suiker vir elke 750ml aarbeie. Verhit een derde van die aarbeie en die helfte van die suiker baie stadig oor lae hitte tot kookpunt en roer dit een of twee keer versigtig om nie die aarbeie te breek nie, maar seker te maak al die suiker is opgelos. Kook dit 6-7min lank oop.
Voeg die helfte van die oorblywende aarbeie en die res van die suiker by die kokende mengsel en kook dit 6-7min verder. Voeg die res van die aarbeie by en kook die konfyt nog 6-7min lank, skuim af indien nodig. Om die aarbeie nie te laat styf nie, laat die konfyt eers 10-15min lank afkoel voordat dit gebottel en verseel word. *Lekker vir later*Kosmater
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/aarbei-konfyt.html

No comments:

Post a Comment