Saturday 2 February 2013

BEESVLEIS-PASTEIE






LEKKER SOUS BY BOUDVLEIS VIR PASTEI
Dalene Brits
 1 Ui
1 Wortel
1 Selderystingel
Braai uie tot deurskynend en voeg fyngekapte wortels en seldery by. Braai nog 'n paar minute tot gaar. Vlok boudvleis en gooi by. Voeg nou geurmiddels, na smaak by. Droee wit wyn werk ook goed daarmee saam. Bind met souspoeier of uie soppoeier (Proe nou of sout nodig is want soppoeier bevat ook sout) en laat afkoel voordat jy dit in die pasteikors inskep.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/beesvleis-pasteie.html

Nina du Plessis
 Ek braai 'n ui en mushrooms. Sit gevlokte boudvleis by, bietjie van die boud sous, gekrummelde feta en room. As sous te dun is, verdik met Sooo Gravy. Baie lekker!http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/beesvleis-pasteie.html



Helena Kruger
Steak-en-niertjie-pasteie.
1,4 kg steak en niertjies
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
40 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
4 wortels, in klein blokkies gesny
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 selderystok, in skywe gesny
5 ml gemengde droë kruie
2 lourierblare
150 ml beesvleis-aftreksel
100 ml water
15 ml mielieblom, gemeng met water tot ’n pasta
1 vel blaardeeg (400 g)
1 eier, geklits
Verhit oond tot 180 °C. Geur vleis met sout en swartpeper. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die vleis (nie alles op een slag nie) tot bruin. Voeg ui, wortels, knoffel en seldery by. Braai vir sowat 10 minute tot sag en deurskynend. Geur met sout, swartpeper, kruie en lourierblare. Voeg aftreksel by en plaas in warm oond vir 1 uur tot die vleis sag is. Haal uit oond en voeg die 100 ml water by. Bring die vulsel tot kookpunt en verdik dit met die mielieblom-mengsel. Skep vulsel in bak. Laat afkoel. Sny ’n dun strook uit die deeg en maak ’n rand om die bak. Smeer die strook met geklitste eier. Bedek vulsel met die deeg. Sny kepe bo-in sodat stoom kan ontsnap. Versier die pasteie met orige deegstukkies en smeer die deeg met die geklitste eier. Kosmater http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/beesvleis-pasteie.html

Helena Kruger
DRIE-VLEIS PASTEI
1 kg beesfilet, in blokkies gesny 

250 ml koekmeelblom
250g bladspekvleis, in blokkies gesny 

sout en peper na smaak
100 ml gemaalde vleis

 1 ui, gekap
250g knopie sampioene, in skyfies gesny Botter
1 - 2 rolle bevrore skilferkors ontdooi

 Geklitste eiergeel
Kors:
Rol die skilferkors dunner uit en voer 'n groterige oondbak of 2 kleineres, daarmee uit. Skep die vulsel in. Verf die borand van die bak met water en bedek die vulsel ook met deeg. Druk die kante vas met ‘n vurk. Verf die kors met geklitste eiergeel en bak sowat 25 - 30 minute lank of tot die kors goudbruin is.
Vulsel:
Voorverhit die oond tot 200ºC. Meng die filet, maalvleis en spekvleis saam. Geur liggies met sout en swartpeper en rol in koekmeelblom. Soteer die ui en sampioene in genoeg botter totdat die ui sag is. Skep uit en braai die vleismengsel in nog botter tot die vleis gaar is. Meng met die uiemengsel.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/beesvleis-pasteie.html

Helena Kruger
BIEFSTUK EN NIERTJIEPASTEI
1 kg biefstuk 4 skaapniertjies
halwe koppie koekmeel 2 ml gemaalde gemmer
1 ml tiemie 3 t Worcestersous
1 t aangemaakte mosterd 1 t sout
kookwater 30 ml sago
4 uie, in skywe gesny
Klitskors:
1 k koekmeel 2 t bakpoeier
knippie sout 125ml sonneblomolie
125 ml melk 1 eier
Sny biefstuk in blokkies. Maak skaapniertjies skoon, sny die wit gedeelte binne uit en sny die niertjies ook in groterige blokkies.
Meng koekmeel, gemmer en tiemie en rol beesvleis en niertjieblokkies daarin tot goed gemeng. Plaas dit in ‘n dikboomkastrol en voeg die Worcestersous, mosterd en sout by. Voeg genoeg kookwater by om die vleis mee te bedek. Sit die deksel op en prut dit oor matige hitte totdat die vleis lekker sag is. Roer die mengsel af en toe om sodat dit nie aanbrand nie. Week die sago in ‘n bietjie koue water. Voeg die uie en sago by die vleis en prut tot die vulsel dik is. Roer af en toe om aanbrand te voorkom. Skep die gaar vulsel in ‘n groot oondvaste bak.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Klits die olie,melk en eier saam. Voeg die meelmengsel by en klits tot goed gemeng. Gooi die deeg oor die vulsel. Bak die pastei 25 30 minute by 190ºC. Sit dit warm voor. Lewer 6 – 8 porsies. Engeland Kosmaterhttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/beesvleis-pasteie.html

  Helena Kruger
VLEISPASTEI
voer jou oondpan uit met skilferkors
1kg beesfilet in blokkies gesny
6 skaapniere skoongemaak en opgesny
1 pakkie spek opgesny
rol die vleis bo...in gegeurde meel hou eenkant
sorteer 1 ui en dan 1 kop sampioene in botter...braai dan die vleis totdat dit gaar is
meng alles...skep in skilferkors
smeer rand met water......plaas skilferkorsdeksel op..verf met geklitste eiergeel...druk 'n ventilasiegaatjie in deksel.
bak 25/30 min oond 200*C..tot kors goudbruin is! kosmater http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/beesvleis-pasteie.html


Helena Kruger
Vinnige Pastei vir Maandagaand
Kors:
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
75 ml kookwater
60 ml olie
Meng die bestanddele met ‘n vurk, totdat dit ‘n bol vorm.
Druk met jou hand die deeg in n viekantige bak vas. Plaas eenkant.
Maak jou vulsel.
Witsous
(3 x 250 ml melk
100 ml botter
5 ml mosterdpoeier
2 ml paprika
100 ml koekmeel
2 ml sout
2 ml swart peper
2 ml gedroogde pietersielie
Vulsel
250 ml gerasperde Cheddarkaas
125 ml gekrummelde Fetakaas
2 effens geklitste eiers
1 ui gekap
30 ml olie
250 ml gekerfde oorskietvleis [enige] sampioene, blikkie aspersies, blokkies gaar aartappels.
Maak ‘n witsous. Voeg die gerasperde kaas, Fetakaas en dan die eiers daarby.
Braai intussen die ui in die olie tot ligbruin. Voeg dan jou oorskietvleis en groente by en meng dit goed. Meng nou jou witsous by en skep dit in die voorbereide deeg pan. Strooi weer n bietjie kaas bo-oor. Bak dit so 40-45min by 180*C tot mooi bruin. Laat dit net n bietjie staan voor jy dit bedien. Baie lekker en jy mors niks nie!!! Helena http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/beesvleis-pasteie.html


Sanchen Grobler
BIEFSKYF - SAMPIOENPASTEI 
30 ml olie
150 g bevrore ertjies
1 kg biefskyf, in 1,5cm blokkies gesny
250 g knopiesampioene, gehalveer
1 middelslag ui, grof gekap
30 ml koekmeelblom vir verdikking
2 knoffelhuisies, fyn gekap
400 g bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi
250 ml beesvleisaftreksel
geklitste eier en melk vir verglans
15 ml gekapte vars roosmaryn
sesamsaad vir garnering
sout en vars peper
Verhit olie in swaarboomkastrol en braai vleisblokkies tot goudbruin. Voeg ui en knoffel by en soteer sowat 2 minute tot sag. Voeg aftreksel, roosmaryn en geurmiddels by. Laat prut sowat 25 minute. Voeg ertjies en sampioene by en laat prut nog 5 minute. Verdik sous met meel, opgelos in bietjie water. Skep mengsel in 'n groot, oondvaste bak. Rol deeg uit op 'n dikte van sowat 3 mm.
Bedek vleis met deeg. Sny gaatjie in middel van deeg sodat stoom hierdeur kan ontsnap. Versier met orige deegstukke. (Bv. Blaartjie of vormpies) Gebruik vurk of vingerpunte om rante plat te druk en te seël. Borsel deeg deeglik met geklitste eier en melk. Bak 30 minute of bruin teen 200 grade. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/beesvleis-pasteie.html


Carol Elliott Claassen
Steak filling for Pies
1 kg steak cubed
1 Tblspn Green Masala
1 tsp White pepper
½ tsp Black pepper
1 Tblspn Braai sauce
1 Tblspn Peri Peri sauce
1 Tblspn Tomato Sauce
1 Tblspn Salt
1 Tblspn Lemon Juice
Marinate. Cook with butter. Lastly add 2 Tblspn Sago.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/beesvleis-pasteie.html


No comments:

Post a Comment