Monday 18 February 2013

CHOC BROWNIES




JB Bekker
CHOC BROWNIES
175g Donker sjokolade
175g Botter
3 med Eiers
250g Strooisuiker
75g bruismeel
40g kakao poeier
50g neute gekap (opsioneel)

1. Voorverhit oond tot 180 grade celsius en voer 20cm vierkantige pan met bakpapier.
2. Smelt die botter en sjokolade in n dubbelkoker.
3. Klits die eiers en suiker saam tot liggeel en donsig en meng by sjokolade mensgel.
4. Sif die meel en kakao poeier saam oor die mengsel en vou saam met neute in.
5. Bak ongeveer 25-30min en laat in die pan afkoel.7/06/2014 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/choc-brownies.html 


Jenny se Brownies
Jenny se brownies
































 
JENNY SE Chocolate Brownies. My eie resep. 
  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/choc-brownies.html
Plaas in n kastrol 
250 gr Stork bake, 
1/2 k cocoa poeier, 
1+1/2 k suiker. 
Smelt oor lae hitte, moenie kook ni, margarien moet net smelt. Roer goed. 
Klits 2 tlp vanilla ess en 
4 eiers by. 
Sif 2 k koek meel, 
 1+1/2 tlp bakpoeier en 
1/2 tlp sout bymekaar, roer in eier/botter mengsel, somer in di kastrol. 
Smeer n swart oond pan en besprinkel met meel, skud oortollige meel uit. Gooi beslag in en maak gelyk. 
Bak 180 vr 15-20 min. Dit rys mooi dan as dit gaar is val dit bietjie plat. Dit moet so wees, dis wat dit 'chewy' maak. Sny rande mooi af en sny in blokkies. Versier soos verkies. Die off cuts kan mens Cake pops van maak. Sal n prentjie van dit soek en in comments plaas. 
#sjokolade brownies


Jenny se 'left over' cake pops

Angelique Butler 
 
net n wenki, ekt nu na die tyd chocolate icing op gesit en dit proe eintlik lekkerder - hiers die resepie... * --
SJOKOLADE BROWNIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/choc-brownies.html
175 g Margarien/botter                                                                     

375 ml Suiker

3 Eiers
2 t Vanilla
187,5 ml Koekmeel (3/4 Koppie)
125 ml Kakaopoeier
5 ml Bakpoeier
Knippie Sout

METODE:
Smelt die margarien, klits eiers en suiker saam.Voeg vanilla, meel, bakpoeier, kakao, sout en gesmeltemargarine by.Skep in gesmeerde pan en maak gelyk, bak by 180 grade tot toetspennetjie skoon uitkom (bak nie lank!)Strooi versiersuiker oor.



Petra Pretorius
Bederf jou geliefdes met pragtig verpakte geskenke
uit jou eie kombuis.
idees.co.za  Resep
Gooi al die droë bestanddele vir dekadente sjokolade-brownies of gesonde ontbyt-muffins laag op laag in ’n fles en sit die resep daarby. Dis ’n goeie geskenk vir iemand wat graag bak, maar nie baie tyd het nie.

Dekadente sjokolade-brownies
Sif 310 ml koekmeel, 5 ml bakpoeier en 2 ml sout saam.
Gooi in ’n fles met lae van die volgende:
165 ml kakaopoeier,
250 ml bruinsuiker,
200 ml witsuiker,
125 ml grofgekapte pekanneute en
125 ml witsjokolade-splinters.

Skryf op ’n kaartjie:
Gooi die inhoud van die fles in ’n mengbak.
Verhit die oond tot 180 ˚C. Smelt 250 ml botter, laat afkoel en klits vier groot eiers by.
Roer by die droë bestanddele. Gooi in ’n gesmeerde en gevoerde koekpan van 30 x 20 cm.
Bak vir 25 minute en laat heeltemal afkoel. Sny in blokkies.*Petra Pretorius*idees
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/choc-brownies.html







Chrisna Scheepers

BROWNIES MET 3 BESTANDDELE  
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/choc-brownies.html

Bak brownies met 3 bestanddele:                               
meng saam 
250ml Nutella,
2 eiers
60g meel.
Gooi in pan en bak by 180C vir 25min of tot gestol.
 Dis Herman Lensing (Sarie se kosredakteur) se resep...en dis baie lekker!







Ancoise Strydom

Chocolate brownies

. Vandag gekroek en bietjie snowflake se brownie mix gebak . Ek het net van die caramel sjokolade in die deeg ingedruk , die groot blokke se blokkies is deesdae lekker groot. En ai as jy hom so hap dan ooze die caramel so uit.. Dis heerlik
Helena Kruger
Brownies
220 g suiker
150 g bruismeel
3 eiers
50 g okkerneute, gekap
35 g kakao
knippie sout
170 g sagte botter


Gooi al die bestanddele in 'n bak, meng goed met 'n houtlepel, gooi in gesmeerde bakplaat en bak 20 minute in voorverhitte oond by 180*C. Moenie droog bak nie, dit moet nog so effens klam wees in die middel. Sny in blokkies wanneer koud. van een van ons Kosmaters!!!!Feb 2010
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/choc-brownies.html



James Martin
Choc Brownies
oil, for greasing
350 g dark chocolate, broken in small pieces
250 g unsalted butter
3 eggs
250 g dark brown sugar
100 g plain flour
1 tsp baking powder


Heat the oven to 170°C/gas 3. Lightly grease a 22cm square cake tin.
Melt the chocolate and butter in a heatproof bowl set over a pan of simmering water.
Whisk the eggs and sugar together for 2-3 minutes until smooth and fluffy.
Fold the chocolate mixture into the egg mixture.
Sieve the flour and baking powder into the mixture and stir to mix. Pour the mixture into the cake tin.
Place on the middle shelf of the oven and bake for 35 minutes until the surface is set. It is cooked when it just starts to crack on the top. Remove from the oven. Allow to cool completely in the tin.
Slice the cake into squares and store in a tin or in a container in the fridge. James Martin!!21/9/10 Helena 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/choc-brownies.html

Nougat-Brownies   

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/choc-brownies.html                 

Uit Weg Kuierkos 2012
Jy benodig:

1 kop (250g) botter
1/2 (halwe) 70g kakaopoeier
1 kop (120g) koekmeel
2 kop (500g) strooisuiker
4 groot eiers, geklits
110g nougat, in stukke gesny (opsioneel)
Kan ook gekapte okkerneute, gekapte Barone of marshmallows bysit


Metode:
Voor verhit oond tot 180 grade Celsius. Smelt botter. Meng kakao, meel en suiker en voeg dan botter en eiers daarby en roer goed. Gooi mengsel in 'n gesmeerde bakpan en versprei eweredig met 'n houtlepel. Sprinkel stukke nougat/neute/bar-one/marshmellows oor en druk dit in deeg in. Bak vir 25 minute. Toets met toetspen of sosatiestokkie so nie bak bietjie langer. Laat brownies eers eers afkoel voor jy dit in stukke sny.
NB: Voer altyd jou bakpan uit met bakpapier uit om seker te maak jy kry die blokkies mooi heel uit pan gelig.

Geniet Geplaas deur: Zelma Holt 

No comments:

Post a Comment