Tuesday 19 February 2013

DRIE-BONE-SLAAI


Drieboneslaai
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/drie-bone-slaai.html

1 x 400 g-blik botterbone, gedreineer en afgespoel
1 x 400 g-blik kekerertjies, gedreineer en afgespoel
1 x 400 g-blik nierbone, gedreineer en afgespoel
Vir die sous het jy nodig:
1 eetlepel olie
1 ui, gerasper
1 rooi soetrissie, in dun skyfies gesny
1 teelepel komyn
1 teelepel kerriepoeier
½ teelepel borrie
½ koppie Coca-Cola
¼ koppie balsemieke asyn
¼ teelepel sout
¼ teelepel vars gemaalde swartpeper
Meng al die bone in ’n mooi bak.
Verhit die olie en braai die ui daarin tot ligbruin.
Voeg die soetrissie by en roer vir sowat 2 minute (die soetrissie moet sy kleur behou en nie pap wees nie).
Voeg die komyn, kerriepoeier en borrie by en roer dit deur die bestanddele vir ’n minuut of twee.
Voeg ’n eetlepel van die Coke by en laat die vloeistof eers wegbraai voordat jy nog ’n eetlepel byvoeg. (Daar vorm ’n taaierige lagie onder in die pan, en dit gee die sous ’n lekker smaak.)
Voeg die res van die koeldrank by en roer nog ’n paar minute.
Verwyder van die hitte en voeg die asyn, sout en swartpeper by.
Gooi dit oor die boontjies en sit voor.
Wenk:
Hierdie slaai smaak nog lekkerder as dit ’n rukkie in die yskas gestaan het.
Maak dit dus al die vorige dag.*Wegry* 18/12/12 


                                                            
 BÊREBONESLAAI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/drie-bone-slaai.html
Lewer 2,5liter (15 porsies)

Hierdie slaai laat jou aan die driebone slaai dink, maar die sousie is baie lekkerder!!!
SLAAISOUS
60ml canola olie
60ml appelasyn
125ml rooibostee of water
15ml paprika
15ml fyn komyn
5ml fyn koljander
5ml kaneel
45ml bruinsuiker
30ml gerasperde suurlemoenskil
80ml koljanderblare gekap
20-30 ml mentblare gekap
SLAAI
1-2 uie gekap
1 rooi of groen soetrissie in stukkies gesny
Klein bietjie olie
4 blikkies vierbonemengsels gedreineer
250g groenbone geblansjeer
Slaaisous: Meng al die bestandele en bring tot kookpunt in ‘n kastrolletjie.
Slaai: Braai die uie en soetrissie vinnig in ‘n bietjie olie tot net sag. Voeg saam met die bone by die saaisous, kook vinnig op en skep in gesteriliseerde bottels. Hou in die yskas. *Huisgenoot  .*

     foto>My Recipes>






1 blik Botterbone
1 blik Groenbone
1 Soetrissie, gekap
1 groot Ui, gekap
Handvol gebleikte sultanas

Marinade:
125 ml Appelasyn
125 ml Sonneblomolie
125 ml Sagte bruinsuiker (100 g)

Kook marinade en gooi oor slaai, bewaar in yskas.
Geplaas deur: Dalene Brits
Lekker resepte vir die jongergeslag




DRIE BONE SLAAI - NOG 'N VARIASIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/drie-bone-slaai.html
Rsg se "Africa Burn" slaai                         

Bestanddele
1 blikkie cannelini bone1 blikkie kekerertjies
1 blikkie botterbonerooi en geel soetrissie, gemarineer
1 rooi ui, gekap
400g salami, gesny
halwe koppie slaaisous of olyfolie
sout en peper na smaak
2 eetlepel balsamiese asyn
roketblare

Metode
Dreineer al die blikkies bone.
Meng al die bestanddele.



3 BONE SLAAI> Jenny Schneigansz >0ct.2015

 




1 blik Botter Bone gedreineer
1 blik 'Cross Cut' Green Beans gedreineer
1 blik Bone in Tamatie sous
1 ui fyn opgekerf
1/3 k asyn
2 E olie
1/4 k suiker
. Meng als saam.
Voeg nou wat jy wil by, ekt bietjie tam sous, sweet chillie sous, woester sous, borrie, matig kerrie poeier, bbq spice, peper en bietjie sout in gegooi.
Dit moet in yskas staan vir n dag, dan is dit lekker.
Proe maar as jy klaar is of dit vir jou reg smaak. Party mense hou van meer suiker ens.
Kan ook 1 pakkie tamatie puree bygevoeg, is ook lekker.**Jenny Schneigansz**14/10/2015

No comments:

Post a Comment