Saturday 2 February 2013

GROENTE EN VRUGTE GEREGTE



AARTAPPELS IN BIERBESLAG
Helena Kruger
1 kg baba-aartappels
Vir die bierbeslag:
300 ml meel
10 ml bakpoeier
2.5 ml sout
5 ml gemengde droë kruie
1 eier
300 ml bier
Metode:
Halveer die baba-aartappels en kook, met sout, vir ongeveer 15 minute, of tot sag.
Maak intussen die bierbeslag deur al die droë bestanddele te meng en dan die eier en bier by te voeg. Klits met 'n draadklitser om enige klonte te verwyder.
Verhit olie om dit in te diepbraai tot 180 °C. Dreineer die aartappels, en dompel hulle in die beslag.
Braai ongeveer 10 halwes op 'n slag, om nie die olie te oorrompel nie, vir 5 minute. Sprinkel met nog sout, indien nodig
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-en-vrugte-geregte.html


Annelise Williamson
MIELIEGEREG
Hulle spot my al met die resep - sê hulle nooi my nooit na 'n braai vir vir my goeie geselskap nie maar net vir die gereg. Dit is HEERLIK.
Ek het die resep so 8 jaar terug gekry in Syndol pain-free Cookbook (E Kleynhans):
2 groot blikke suikermielies
1/2 koppie suiker (ek gebruik soms minder)
1/2 koppie melk
2 teelepels bakpoeier
2 eetlepels mielieblom(maizena)
2 ettelepels margarien (ek verkies botter of sommer lekker plaasbotter waar moontlik)
4 eiers
Metode
Meng suiker en margarien saam. Voeg eiers by en klits baie goed. Voeg die res van die bestandele by en laaste die melk. Deeg is baie loperig. Gooi in gesmeerde vuurvaste bak. Bak tot goudbruin by 180 C vir 1 uur.
Geniet dit die langnaweek saam met lekker braaivleis.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-en-vrugte-geregte.html


Elsabé Bosch Fraser
HEERLIKE MIELIEGEREG
Hier is 'n heerlike mielie gereg saam met braaivleis.
Bestandele:
1 Dik sny wit brood - korsies verwyder.
Bietjie melk.
1 Ui fyn gekap.
1 Eier.
1 Koppie kaas,
1 Blikkie Suiker Mielies.
Metode: Week die brood in die melk. Meng al die ander bestandele saam. Gooi in gesmeerde oondvaste bak en bak 1 uur lank by 180C. Bedien dadelik op. Dis regtig baie maklik om te maak en baie lekker.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-en-vrugte-geregte.html


Anne Loubser
Ek maak dit al jarrrrre, so beproef is hy beproef! :)
Savoury Rys by Winterbraai.
Soveel Rys jy wil maak(Tastic)
Uie, gekap
Greenpepper,gesny,gekap
Wortel,gesny,gekap
Mushrooms,ook gesny.
Metode: spoel rys paar keer,kook in water(1cm bo rys-merk) terwyl
Jy groente soteer in genoeg olyfolie/gewone olie.
Spoel rys weer paar keer af,voeg water weer so 2cm bo rys by,sowel as groente,
2 t.lepels(per koppie rys) Spicy Rice, bietjie Vegi Mix, Swartpeper en sout na smaak. Kook deur tot droog. Lekker by braai natuurlik. Warm in winter,koud in somer.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-en-vrugte-geregte.html


Trudi Mclachlan
BUTTERNUT AND CHAKALAKA DISH
I tried a new recipe this weekend which was verbally given to me so I am not sure of it's origin, but it was delicious and I wish to share it with you
500g butternut cubed - place in an ovenproof dish
sprinkle 3 tablespoons of brown sugar over the butternut
Mix together 1 tin mild chakalaka and 250ml cream (I used fat free yoghurt)
Pour over butternut and then bake until tender
We had this with a braai and it was good - hope you enjoy
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-en-vrugte-geregte.html


Louise Groenewald
Duiwel-sampioene:
Mariette Visser
(Baie lekker saam met braaivleis of as voorgereg)
500 g groterige knopie-sampioene,
10 ml suurlemoensap,
10 ml fyn knoffel (‘crushed garlic’),
100 ml olie,
50 ml sojasous,
5ml mostertpoeier,
5 ml rooipeper,
5 ml gemengde kruie,
5 ml sout,
5 ml peper.
Sny stingeltjies gelyk. Meng al die marinade-bestandele saam en marineer sampioene daarin vir 1 – 2 uur. Ryg 6 sampioene op ‘n “devil’s fork” of sosatiestokkie (die metaal soort werk die beste). Braai op kole – pasop net vir brand , eintlik moet die sampioene net goed warm gemaak word. Bedien met ‘n sous van jou keuse (‘n suurroom- of jogurtsous is die lekkerste). Dit moet dadelik geëet word.
Verduiwels lekker!
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-en-vrugte-geregte.html





AARTAPELS MET PESTO
20 baba-aartappels of 5 gewone aartappels, in kwarte gesny
½ koppie basiliepesto (koop die wat klaar gemaak is)
½ koppie karringmelk (jy kan ook gewone melk gebruik as jy nie karringmelk het nie)
10 kersietamaties of twee groot tamaties in kleiner stukkies gesny
sout, na smaak
varsgemaalde swartpeper
Kook die aartappels in soutwater tot sag, dreineer en sit eenkant om effens af te koel.
 Trek die skille af, sny die baba-aartappels in die helfte deur en sit in ’n mooi bak. Sny die kersietamaties ook in die helfte deur en rangskik dit tussen die aartappels.
Meng die pesto, karringmelk en sout en gooi dit oor die aartappels.
 Strooi swartpeper oor.**WEGRY* 18/12/12 
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-en-vrugte-geregte.html


Louisa Prenzler
 PIESANG GEREG
Hier is `n piesang gebak wat ek soms maak met braaivleis wat regtig heerlik is. Neem vir elke persoon 1 piesang as dit mooi grootes is, so nie, 2 kleintjies. Draai nou van punt tot punt die piesang met repies bacon toe en plaas dit liggies teen mekaar in `n oondbak. Maak nou `n kaas sous en gooi dit oor. Bak by 180* tot bacon amper gaar is, en strooi dan nog gerasperde kaas bo oor met bietjie paprika en bak dit tot kaas goed gesmeld het. Ag en sorry julle, ek het nooit gekyk hoe lank ek dit gebak het nie, maar julle oulike bakster boffentjies sal weet.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-en-vrugte-geregte.html

David Vd Heever.
Heerlike gebraaide Jalapeno's
Net 3 bestandele.
12 repies bacon.
6 Jalapeno peppers in die lengte oop gesny en ontpit.
Vul met cream cheese.
Draai toe met bacon en steek met tandestokkies vas.Braai op rooster saam met braaivleis of rooster in wat ook al.Die resep kom van blogchef.net.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-en-vrugte-geregte.html

Sonja Young
Bacon wrapped mushrooms on the braai
24 white button mushrooms
24 slices of bacon (cut just long enough to wrap around the mushroom)
24 soaked toothpicks
Good quality ready-made Barbeque sauce
Wrap each mushroom in a slice of bacon and secure with a toothpick
Dip in barbeque sauce and place on braai
Keep turning until bacon is crisp  Serve
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-en-vrugte-geregte.html


Joanie Vermaak Schutte
AARTAPPEL EN SAMPIOEN SOSATIES
Weet nie waar ek die resep gekry het nie, het dit bietjie aangepas. Dis klein aartappeltjies gaargestoom & aromat cheese oorgestrooi. Dan het ek spursous op die baconrepe gesmeer & om die aartappeltjies gedraai. Ek het dit op sosatiestokkies geryg met mushrooms & piekel uitjies. Dan het ek gesmelte botter, knoffelvlokkies, swartpeper & pietersielie oorgegooi & dit gebak
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-en-vrugte-geregte.html


Janine Botha
spesiaal vir braaidag.....
AARTAPPELS ALA JANINE
resep is vir n familie van omtrent 4-6)
12-16 kleinerige aartappels ongekook
1/2 - 3/4 koppie gesmelte botter/margarien
handjie vol gekapte pietersielie
1 pakkie bruin of wit uiesop poeier
1/2 - 1 teelepel gekapte knoffel
wosterchire sous of tabasco sous
aromat
swart peper
Was aartappels af los verkieslik die skil aan. Plaas die aartappels in n dieperige bak. Sny gleefies reg oor die aartappels se kant wat na bo wys.meng die pietersielie en die knoffel met die botter mengsel. Gooi die gesmelte botter bo oor die aartappels, meng die aromat en swart peper na smaak met die soppoeier en gooi bo oor die aartappels. Druppel n paar druppels wosterchire sous bo oor. Maak die bak toe met tin foelie steek hier en daar n gaatjie in. Bak in n warm oond 180grade tot aartappeles sag is omtrent n uur, roer die aartappels nou en dan deur die botter en poeier mengsel. n halfuur voor gereed is voeg die additionele bestandele by, dit smaak lekker net so sonder ook
additioneel: gekapte rooi peper/gekapte pikante pepers/gekapte sampoene/gekapte spek
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-en-vrugte-geregte.html

Helena Kruger
Aartappeltert
5 aartappels, geskil, hou hulle heel
15 ml (1 e) olyfolie
1 ui, gekap
250 g (1 pakkie) blokkiesspek
2 groen soetrissies, pitte verwyder en in blokkies gesny
1 knoffelhuisie, gekneus en fyn gekap
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
125 ml (½ k) sondroëtamaties
5 eiers, liggies geklop
60 ml (¼ k) melk
knypie fyn komyn
knypie paprika
sout en gemaalde swartpeper
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 18 cm x 7 cm-losboomkoekpan met bakpapier uit.
1 Kook die aartappels vir sowat 15 min. in soutwater tot sag, maar nog ferm genoeg om die vorm te behou en nie te breek nie. Laat afkoel en sny in ringe, so dun moontlik.
2 Soteer die ui en spek in ’n verhitte pan tot goudbruin en bros. Voeg die soetrissie en knoffel by en soteer vir nog 3 min.
3 Pak die aartappels in die koekpan en pak in lagies met die gebraaide spekmengsel, kaas en sondroëtamaties, eindig met ’n aartappellaag.
4 Meng die eiers, melk, komyn en paprika. Geur na smaak en gooi oor die aartappel. Skud die pan liggies sodat die melkmengsel goed deursyfer.
5 Bak vir sowat ’n 1-1½ uur tot goudbruin en gaar. Druk ’n toetspen in om seker te maak dat dit deurgaar is.*Rooi Rose*13/9/12
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-en-vrugte-geregte.html

Jaco Redelinghuys
KITS KERRIEPERSKES
(bygereg saam met braaivleis)
440g Koo perskes, gesnipper
500ml bruin asyn
1 eetl (12,5ml) borrie
2 uie, gekerf
1 eetl (12,5ml) kerriepoeier
10ml (2 teel) mielieblom
1 k (250ml) suiker
Metode:
Kook asyn, kerriepoeier, borrie en uie saam. Voeg suiker en mielieblom by om die sous te verdik. Voeg perskes by en laat deur kook
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-en-vrugte-geregte.html

KERRIEPERSKES
Jacobus Stofberg
1 groot blik perske skywe of halwes
2 uie in dun skywe gesny
30 ml olie
2 teelepels matige kerrie
125 ml asyn
125 ml suiker
2 eetlepels blatjangstroop van die perskes
Metode:
Braai die uie in die olie tot sag en deurskynend.
Voeg die ander bestandele behalwe die perskes by en laat die stroop effens dik kook.
Koel af en gooi oor perskes.!!!!!!!!22/10/10 N.S Baie Lekker!Helena
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-en-vrugte-geregte.html

PYNAPPEL OOR DIE KOLE
2 pynappels
75ml botter of margarine
5ml kaneel
125ml bruin suiker
125ml soet wit wyn
Metode:
Skil die pynappels af en sny in stukke. Rol die stukke in die suiker en deel in 4 porsies op. Plaas elke porsies op aluminium foelie (blink kant binne), en sprinkle bietjie botter op. Gooi die wyn en kaneel oor. Maak mooi toe en braai vir omtrent 10-15min oor medium hitte kole. Heerlik en maklik *Pa se boek
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-en-vrugte-geregte.html

No comments:

Post a Comment