Saturday 2 February 2013

ROOSTERKOEK


ROOSTERKOEK
Dawie Kruger se Roosterkoek met Geen Knie Deeg
1/05/2013



Dawie Kruger [Pappa] het die resep gebruik ..laat rys en toe meel gestrooi op tafel en plat gedruk en toe gesny en weer laat rys en toe gerooster..2/5/2013







PETRA SE  GEEN KNIE BROOD


MAKLIKE ROER WITBROOD

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/roosterkoek-askoek-stokbrood.html
Jy kan sommer met jou huiswerk aan gaan met die brood ! Hier is die resep weer

Toe verander my hele lewe met die resep!
7 koppies meel (Dis presies 1Kg)(Koekmeel)
4 Koppies Water(lou water)
2 teelepels sout
1 Pakkie suurdeeg.(10g)
Meng alles goed deur, gooi in panne, laat rys, bak vir omtrent 1 uur tot gaar by 180°C
Dis dit, niks knie, af knie nie, net meng goed deur, laat rys en bak.19/7/12*Petra Pretorius*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*




                                      ROOSTERKOEK MET SPARDEEG>>DAWIE KRUGER



                                   >SNY EN LAAT GOED RYS EN BRAAI OP LIGTE KOLE


                                                            >Foto>Dawie Kruger>[Pappie]






ROOSTERKOEK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/roosterkoek-askoek-stokbrood.html

1 pak winkeldeeg
1-2 k cheddarkaas
spray & cook
Meng die kaas in die deeg
Pak balletjies deeg op 'n goed bespuite bakplaat (of sprinkel bietjie koekmeel oor die plaat)
Laat die balletjies bietjie rys
Maak gaar oor warm**Kos is oppie Tafel TV program *25/11/2015


 
  

MAKLIKE BRUISMEEL ROOSTERKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/roosterkoek-askoek-stokbrood.html
Genoeg vir 4-6 mense

500 ml (2 k) bruismeel
3 ml (ruim ½ t) sout
30 ml (2 e) suiker
30 ml (2 e) margarien, gesmelt, of olie
200 ml louwarm water
ekstra meel
1.Sif die droë bestanddele bymekaar in ’n groot mengbak.
2.Roer die margarien of olie by die meelmengsel in.
3.Giet die louwarm water by en meng tot ’n stywe deeg vorm.
4.Knie die deeg sowat 5 minute.
5.Strooi meel op ’n skoon werkoppervlak en druk die deeg effens plat.
6.Sny blokke en besprinkel met ’n bietjie meel.
7.Braai die roosterkoeke op matige kole tot gaar./HUISGENOOT.

** Maré Nieuwoudt **







Biltong-en-kaas roosterkoeke

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/roosterkoek-askoek-stokbrood.html
Deur Barbara Joubert & Herman Lensing, SARIE KOS Junie/Julie 2011
Maak hierdie sommer as voorgereg. Jy hoef niks daarby voor te sit nie – alles is sommer al klaar binne-in.
(8 ROOSTERKOEKE)
1 kg winkeldeeg
1 hand vol koekmeel vir uitrol
200 g cheddarkaas, gerasper
150 g sagte biltong, gekerf
Verdeel deeg in 8 stukke. Sprinkel ’n dun lagie meel oor die werkoppervlak. Gebruik die palm van jou hand en druk deeg effens plat op meel. Verdeel kaas en biltong tussen jou deegporsies. (Plaas dit in
die middel van elk.) Vou nou die deeg van buite af om na die middel toe sodat dit die vulsel toemaak. Plaas die kant wat na bo wys nou na onder op ’n bakplaat wat met meel bestrooi is. Laat op ’n warm plek rys tot dubbel in volume – sowat 10 – 15 minute. Kry jou kole tot medium-warm (jy moet jou hand sowat 20 cm bo die kole kan hou vir tot 8 sekondes.) Plaas koeke op koel kole en braai stadig vir sowat 8 – 10 minute per kant of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor.
WENK: Gaar brood sal hol klink as jy liggies met jou kneukel daaraan klop en sal lig voel vir sy groott** Lekker Resepte vir die Jongergeslag*




ROOSTERKOEK


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/roosterkoek-askoek-stokbrood.html
’n Goeie roosterkoek se geheim lê in die knie van die deeg.
Jy moenie haastig raak nie – werk sy sake vir ten minste 10 minute.
2 koppies witbroodmeel
1 teetlepel sout
1 teetlepel suiker
45 g botter
1 pakkie (10 g) droë gis
300 ml louwarm water
Meng al die droë bestanddele saam en vryf die botter in.
Voeg dan die pakkie gis by en meng dit goed deur.
Gooi genoeg louwarm water by om ’n stywe deeg te vorm.
Knie die deeg vir ongeveer 10 minute en laat staan dit dan vir nog 5 minute.
Vorm nou roosterkoeke (elk so groot soos ’n hoendereier) en laat dit vir omtrent 15-20 minute rys tot die balle twee keer so groot is.
Bak die koeke oor matige kole bo-op die rooster.
As jou kole te warm is, gaan die buitenste dop verbrand terwyl die roosterkoek binne-in nog rou is.
Draai die roosterkoeke gereeld om totdat dit ligbruin en deurgaar is.
’n Gaar roosterkoek het ’n hol klank wanneer jy op dit klop.
Deeg rys op sy beste as jy dit met ’n vadoek in ’n skottel toevou en in ’n sonkolletjie laat staan.”WEG”6/1/11
Helena Kruger*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
.



ROOSTERKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/roosterkoek-askoek-stokbrood.html
Emily se Resep
2 1/2 koppies koekmeel
2 1/2 koppie broodmeel
1 1/2 t fyn sout
1/4 t witpeper
3 e geelsuiker
Sif alles saam . roer dan by 1 pakkie suurdeeg [10g] by. meng 1/2 koppie karringmelk, 4 e sonneblomolie, 1 groot plaaseier en 2 koppies louwater of melk. roer in meel en meng goed deur. knie goed, maak toe, laat rys, knie af , laat rys weer. vorm in gholfbal grote porsies – druk plat met die palm van jou hand – sit jou magievulsel op die een kant, vou toe druk goed vas – laat staan so vir 10 minute, rol liggies in meel en vat hom vuurtoe, braai op die stadige kant van jou vuur tot goudbruin aan alle kante – die geheim is dat jy hom sy tyd gee om bruin en bros te raak
Maar op sy lekkerste was hy warm van die vuur met plaasbotter sout en peper en soms as ek dekadent was, het ‘n bak hoenderlewerpatee nader geskuif en die brood kop gesmeer met patee
Nooi jou bure, sommer die hele straat en onthou om ‘n glasie te klink op Emily – die Roosterkoekkoningin van Upington en miskien ook die hele Suid-Afrika.“NEIL STEMMET “KOSKENNER 2/1/11 Dankie Neil!!!Helena heerlik*
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
Helena Kruger.




No comments:

Post a Comment