Saturday 2 February 2013

MIELIEPAP GEREGTE / MAAK VAN MIELIEPAP


PAP EN WORS
Gerrie Harmse

Bron - RSG resepte)


Bestanddele:
Stywe pap
3 koppies water
2 teelepels sout
1 koppie mieliemeel
1 - 2 eetlepels botter
½ koppie vars mieliepitte
Vulsel
± 3 varkworsies, of hoenderwors, of boerewors, die lengte van die broodpannetjie
Metode:
Verhit die water en sout in ‘n medium kastrol tot kookpunt.
Voeg die mieliemeel daarby en roer tot gaar, ongeveer 12 - 15 minute.
Roer die botter en mieliepitte by.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Voer ‘n 18 cm x 5 cm broodpannetjie met kleefplastiek uit.
Verwyder die derms om die wors.
Skep ongeveer die helfte van die pap in die broodpannetjie.
Pak twee stukke wors in die lengte van die broodpannetjie en plaas ‘n derde stuk wors daarop.
Skep die res van die mieliepap in die broodpannetjie om die wors te bedek.
Maak die oppervlak netjies en glad en bak vir 25 - 30 minute.
Verwyder uit die oond en sodra dit effens afgekoel het, keer die ‘pap en wors’ uit en sny in skywe.
Bedien met tamatiesmoor.16/02/13

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html






DANIE SE STYWEPAP
3 koppies water
2 koppies mieliemeel
1 teelepel sout
Gebruik 'n ysterpot, want 'n emaljepot brand maklik aan.
Voeg water in pot met sout.
Bring tot kookpunt.
Voeg die mieliemeel stadig by en roer heeltyd met 'n vurk totdat dit styf word.
Sit deksel op en laat dit vir 'n uur stadig prut.*RSG**Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html



Wenke:
Slappap - 1 koppie meel, 3 koppies water
Stywe pap - 2 koppies meel, 3 koppies water
Krummelpap - 3 koppies meel, 3 koppies water
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html



STYWE MIELIEPAP IN MIKROGOLF OOND
Amelia Sequeira
Ons maak gereeld stywe mieliepap in die mikrogolf.
Ons gebruik die volgende resep:
1 koppie mieliemeel
3 koppies kookwater
sout na smaak
Kook 3 minute op hoog
Haal uit mikrogolf en roer
Kook weer 3 minute op hoog
Haal uit mikrogolf en roer
Kook dan vir 15 minute op medium hitte
Haal uit mikrogolf roer en bedien.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html





Moira Botha Dyer
Wat is nou lekkerder as 'n lekker warm bakkie slap-pap, botter en suiker om krag vir die dag te kry?? Heerlik!**










REK MIELIEMEEL SE RAKLEEFTYD:
Rek mieliemeel se rakleeftyd met 'n aantal jare!
Gooi een kg mieliemeel op 'n slag in 'n bak en plaas onbedek in die mikrogolf op hoog vir 5 minute.
Haal uit en roer deeglik deur. Baie stoom sal ontsnap.
Plaas die mieliemeel terug en mikrogolf vir 'n verdere 5 minute. Gooi dit uit in 'n skottel sodat al die stoom kan uittrek en die meel kan afkoel. Sodra afgekoel, gooi in 2liter houer totdat die bottel stampvol is. Seël die bottel.*Kampkos en wenke*

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html



Teresa Schwartz
Ek maak die stampmielies. Dan braai ek uie, greenpepper, bacon en mushrooms. Ina paarmens se Garlic n Herb, roer dit deur die stampmielies, dan vat ek 'n houer room, kop melk en 'n pakkie mushroom sop poeier, meng dit en gooi bo oor. Strooi kaas oor en bak in oond tot sous dik en romerig is.
Sunet Oosthuizen
Braai uie, greenpepper mushrooms en bacon meng alles met gaar stampmielies en baie room bak met kaas bo oor!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html


STYWEPAP
This is a different to krummelpap. It is more lumpy.
(Makes: 6 Servings)
Ingredients:
1 liter (4 cups) water
10 ml (2 ts) salt
30 ml (2 TS) butter
375 g (2 1/2 cups) mealie meal (or commercially available pap)  Preparation:
Pour water into pot or potjie
add the salt and butter and bring to the boil.
Pour in mealie meal to form cone in the center of pot but do not stir. Reduce heat, cover pot and let pap simmer for 5 minutes.
Stir gently with fork, then cover again and simmer for an hour.  Bron onbekend

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html

Lizelle Lehman De Jager
LEKKER MIELIEPAP
Ek het die maklikste resep ooit;
4,3,2,1=

4 kop meel, 
3 kop water,
2 tl sout en 
1 pot, 
dis vir krummelpap, 
Vir stywe pap ruil die water en meel om.
Laat kook die water met sout in en gooi meel in roer en laat gaar word oor lae hitte 

 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html


Venti de Lange
MIELIEPAP
4 koppies mieliemeel
1 pakkie chakalaka papmengsel
1 bossie spinasie, gewas en versnipper
1 ui in blokkies gesny
2 wortels in blokkies gesny
1 rooi soerissie in blokkies gesny
Opsioneel :-
rissie, sampioene of waarvan jy ookal hou.
Metode:
Vul kastrol met 2 liter water en voeg by papmengsel en 30 ml botter. Bring tot by kookpunt. Voeg meel by 1 liter koue water. Voeg mieliemeel-mengsel by kookwater-papmengsel. Sit plaat op lae hitte. Terwyl dit kook die res van die botter in pan en verbruin uie. Voeg wortels, soetrissie en spinasie by en braai tot spinasie verwelk. Voeg by pap en op LAE hitte en kook dit vir nog 15 minute of tot die groente sag is. Roer af en toe. bydrae: Petro van der Westhuizen
*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html

Yvonne Pelster
Krummelpap
4 – 6 porsies
250 ml water
1 ml sout
500 ml mieliemeel
Bring water en sout tot kookpunt in ’n kastrol. Gooi mieliemeel in die middel van water en maak onmiddellik toe met ’n deksel. Die water moet byna heeltemal wegkook. Wanneer daar net ’n klein bietjie water in die kastrol oor is, roer jy die mieliemeel deur met ’n vurk – dis hoe die krummels vorm.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html


Carol Elliott Claassen
KAAIING ROOM PAP
Kook water met sout en maak pap met growwe meel
Meng meel in tot die pap lekker styf is
Gooi een liter ideal melk of room in met bruin suiker
Gooi gaar vark kaiings in na smaak
Meng alles goed deur
Los op lae hitte om gaar te word vir so uur
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html


Elza Jamneck
SUIDWES PAP
heerlik en maklik saam met braaivleis....
1 Blik Sweetcorn
4 eiers
4 eetlepels suiker
3 teelepels bakpoeier
3 eetlepels margarine
½ koppie mieliemeel
1 blikkie water
2 pakkies bacon
2 teelepels sout
1 bakkie room
Metode:
Meng alles goed saam in groot ysterkastrol. Sit deksel op en bak 1 uur by 180ºC Maak lekker sous by en geniet!Kosmater

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html

Helena Kruger
Eers Eno's dan Pap maak dan Eet en dan voel jy lekker!!!Moet dit met julle Deel!!! Helena.
"Kos vir kampeerders met idees vir kampering"
MURGPAP
Gooi genoeg water in ‘n no. 3 pot om slap pap te maak.
Gooi sout na smaak by.
Kook so 5-7 murgbene in ‘n no.3 pot tot die murg uit die bene is.
Haal die bene uit en laat afkoel (die bene) vir die hondjies.
Meng die meel by die murgwater.
Gooi ‘n handvol gekerfde biltong by as jy wil.
Wanneer die pap amper gaar is gooi ‘n homp (enige iets tussen 250gr en 500gr) cheddar kaas by en laat smelt.
Roer die kaas deeglik in die pap in en laat pap gaar word.
2/12/11 Baie Dankie !!Heerlik Helena Kruger.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html

 
Helena Kruger
HEERLIKE PAPTERT MET SAMPIOENE, SPEK EN KAAS
Die resep is genoeg vir 6 – 8 persone
Bestanddele vir die stywepap
4 koppies water
2 teelepels sout
2 eetlepels botter
2 ½ koppies mieliemeel
Metode:
Giet water in ‘n potjie, voeg sout en botter by en bring tot kookpunt
Giet mieliemeel by om ‘n hopie in die middel van die pot te vorm maar moenie roer nie.
Verminder hitte plaas deksel op potjie en laat pap 5 minute prut.
Roer liggies met ‘n vurk, plaas deksel terug en prut vir nie meer as nog ‘n uur nie.
Bestanddele
250 g spekvleis - fyngekap
300 g sampioene, gekap
½ koppie room
250 ml gerasperde Cheddarkaas
1 blik heelpitsuikermielies
varsgemaalde swartpeper
ekstra gerasperde kaas
Metode:
Maak stywepap en laat afkoel.
Braai spekvleis in eie vet tot bros in swaarboompan.
Voeg sampioene by en braai liggies.
Roer dan room, kaas, mielies en peper in.
Rangskik pap en sampioenvulsel in lae in oondvaste bak, met die vulsel bo-op.
Strooi ekstra kaas oor.
Bak so 30 minute teen 180 ˚C
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html


Helena Kruger
MIELIEPAPTERT
1 liter kookwater 3 ml sout
420 ml mieliemeel
Vulsel:
250 g spekvleis
150g (300ml) gekapte sampioene
25 ml olie
125 ml Cheddarkaas, gerasper
50 ml room
3 ml varsgemaalde swartpeper
knippie sout
50 ml olie
Metode:
Gooi water en sout in kastrol en verhit tot kookpunt. Voeg mieliemeel by, roer en laat dit met die deksel op prut tot ‘n matige stywe pap verkry word. Skep pap in gesmeerde losboompan of vorm dit en laat dit koud word.
Vulsel:
Braai spekvleis tot bros, laat afkoel en verkrummel dit. Soteer die sampioene in die uitgebraaide vet. Voeg die olie by indien nodig. Sny die koue pap horisontaal in 2 of 4 ewe dik stukke. Smeer dieselfde pan of vorm weer met olie en plaas die eerste laag pap onderin. Strooi een derde van die spekvleis, sampioene en kaas oor. Sprinkel ‘n bietjie room, olie en geurmiddels oor. Plaas volgende paplaag bo-op en herhaal die lae totdat die vulsel opgebruik is. Hou bietjie kaas oor om bo-oor te strooi nadat die tert gebak is. Bak die tert 1 uur by 160ºC. Strooi res van kaas oor wanneer die tert uit die oond kom. engeland
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html


Izette Pretorius Smit
MIELIEPAPBOLLETJIES
Gaar mieliemeel pap
250 g spekvleis
2 uie fyn gekap
1 groen soetrissie fyn gekap
1 knoffelhuisie fyn gedruk
1 eier geklits
sout
1 ml rooipeper
50 ml pietersielie fyn gekap
bolletjies in rol:
2 eiers geklits
sagte broodkrummels
olie vir diepvetbraai
Metode:
Braai spekvleis tot bros
Voeg uie, soetrissie en knoffel by en braai tot sag
Voeg by mieliepap en meng goed
Voeg die eier, rooipeper, sout na smaak en pietersielie by en meng goed
Vorm in bolletjies so groot soos okkerneute
Doop in geklitste eier en dan in broodkrummels, braai in diep olie tot goudbruin 08 March 2010
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html


Helena Kruger
KRUMMELPAP VERRASSING
4 k krummelpap
500ml bruinbroodkrummels
5 ml sout
250g botter
2 pakkies spek
500ml melk
8 eiers, geskei
285g blik geroomde sampioene
2 pakkiesgesnipperde sampioene
500ml cheddarkaas gerasper
170g blikkie ingedampte melk
Metode:
Voorverhitdie oond tot 180*c en smeer oondskottel. Meng pap en krummels, sout, voeg die gesmelte botter by en meng goed. Braai spek bros en krummel dit Voeg by pap. klits melk en eiergele saam en voeg dit en die sampioene en 350ml kaas by mengsel. Skep in oondskottel uit en bak vir ongeveer 1 uur. Sprinkel res van kaas oor en gooi ingedampte melk oor. Plaas terug in oond vir 5-10 min. Bedien warm met braaivleis. Charmain Bester..Boerekos 3/7/10

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html



SMAAKLIKE PAPTERT  
VAN BRONWIN LESCH
BESTANDELE:
1 pakkie spek
1 pakkie sampioene
1 ui
2 koppies gerasperde cheddar kaas
2 eetlepels chutney
1 eetlepel fyn knoffel
Vooraf gaargemaakte mieliepap genoeg vir 2 liter oondbak
500 ml vars room
swart peper na smaak
Metode:
Snipper spek fyn en braai saam met gekapte uie en knoffel tot mooi bruin voeg sampioene, chutney en peper by laat prut tot mooi gaar, nie te droog. Smeer een laag pap in oond skottel, gooi die voorafgemaakte spek en bestandele eweredig op laag pap, strooi die cheddar oor en gooi 250 ml room oor. Bedek met laag pap, strooi die oorblywende kaas oor en gooi room bo-oor kaas. Steek in die oond en laat vir sowat 1/2 uur bak tot meeste room opgekook het en mooi bruin gebak is bo. Strooi bietjie pietersielie oor om meer aantreklik te maak. Dien warm voor.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html


Helena Kruger
PAPPADELLE
500 ml mielierys
1,5 liter kookwater
500 ml growwe mieliemeel
10 ml sout
1 blik (410 g) heelpitmielies
60 ml botter of margarien
gerasperde cheddarkaas en braaisous
Metode:
Bedek die mielierys met water en laat dit vir ’n paar uur of verkieslik oornag week.
Dreineer die mielierys. Gooi dit saam met die kookwater, mieliemeel en sout in ’n groot swaarboomkastrol, meng dit deur en verhit dit tot kookpunt. Draai die hitte laer en laat dit vir omtrent 1 uur kook. Roer die pap een of twee keer goed deur terwyl dit prut.
Dreineer die heelpitmielies en roer dit saam met die botter by die pap. Meng dit en laat dit dan afkoel.
Gebruik ’n roomyslepel en skep bolle wat jy dan in ’n gesmeerde oondvaste bak – of in die oond se braaipan – pak.
Gooi ’n dik lag braaisous van gesmoorde tamatie en uie of sampioensous met gebraaide spekstukkies oor.
Strooi die kaas oor en steek dit vir ongeveer 20 minute in ’n oond van 180 ºC totdat die kaas gesmelt is. Sit dit voor saam met braaivleis.
Elise sê: Ek het dit ook al gevries - net voor jy dit voorsit, gooi jy die sous en kaas oor en verhit dit sommer in die mikrogolfoond.!!!
Elise Alberts!! uit “Weg tydskrif”15/2/11♥

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html

PAPPADELLAS IN SOUS
Maria Liebenberg
2 k Mielierys
1.5 liter kookwater
2 k mieliemeel
2 teel sout
1blik mieliepitte
60ml margarine
Braaisous (1.4l sous)
2 groot uie
2 knoffelhuisies
Olie
1 blik (410g) tamatiepuree
1 pakkie beesstersoppoeier
2k kookwater
1 bottel (470g) blatjang
30ml suiker
Kap uie en knoffel fyn , braai in olie. Meng tamatiepuree, beesstertsoppoier by die uiemengsel. Roer kookwater by. Roer en verhit tot kookpunt. Voeg blatjang en suiker by en laat opkook.
Cheddar kaas
Bedek mielierys oornag met water. Dreineer en verhit mielierys, kookwater, mieliemeel en sout tot kookpunt. Prut vir ‘n uur en roer 2x baie goed.
Dreineer miliepitte en roer saam met margarine by die pap. Laat afkoel en skep balle vol in bak. Gooi braaisous oor en kaas. Bak 20min 180C Bron> Anette Human
 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html

 
Lizelle Lehman De Jager:
HEERLIKE PAPTERT WORS
ek het slap pap gemaak soos vir 'n paptert, en bacon, mushrooms, uie, green pepper en knoffel gebraai, die pap is so half gaar dan gooi ek al die ander goedjies by en meng als deur, geur met speserye, groot homp botter, en laat dit afkoel, sodra hanteerbaar, stop ek dit met my kenwood chef se worsstopper. Ek het 1 rol dieselfde aand gemaak en een rol gevries, het dit gister uitgehaal en gebraai in die veld, Dit was heerlik, ek gaan nou met die volgende klomp, kaas ook in rasper.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html


Carol Elliott Claassen
KAAS KRULLE PAP
1 groot pak dubbel kaas krulle
Gesnipperde spek
1 pot stywe pap
Metode:
Braai spek in bietjie olie. Wanneer gaar, gooi die kaas krulle by en voeg voortdurend bietjies water by totdat kaas krulle en spek ‘n lekker pasta gemaak het. Gooi die pasta in die pot pap en roer goed deur. Jy moet steeds 'n tamatie- en uiesous maak vir die pap - dit gee die pap ekstra geur.Lekker saam braaivleis.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html

CHAKALAKA EN PAPVINGERS
 250ml canola olie
3-4 knoffelhuisies gekap
1 groot ui gekap
5ml Kerrie poeier of paar kerrieblare
2 rooi brandrissies ontpit en gekap
3cm stuk gemmerwortel gerasper
5 tamaties grof gekap
1 groen en rooi soetrissie ontpit en in stukke gesny
2 groot wortels skoongeskraap en gerasper
1 blik (400g) gebakte bone
Sout en peper na smaak
45ml koljander gekap.
Metode:
Verhit die olie en braai die knoffel en ui daarin tot sag. Voeg die Kerrie by en verhit nog 2-3 min. Voeg brandrissies, gemmerwortel en tamaties by en verhit sowat 10min tot dit begin stukkend kook. Voeg die soetrissies en wortels by en verhit nog 10min. Roer die gebakte bone by, geur met sout en peper na smaak en verhit tot goed warm. Sprinkel die koljander oor. Skep in ‘n fles en bêre minstens ‘n dag in die yskas sodat die geur kan ontwikkel. * Huisgenoot*

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html



PAPVINGERS

Maak ‘n stywe mieliepap in die verhouding 1 deel papmeel op 2 dele water en bietjie sout. Kook tot gaar. Druk dit plat in ‘n bakplaat en laat afkoel. Sny in vingers en braai in diepvetolie tot mooi bruin buite-om. Sit ‘n goeie skep chakalaka en papvingers voor saam met tjops en roketblare (indien verkies) *HUISGENOOT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html



Mary Doyle

KRUMMELPAPTERT

Maak krummelpap,halwe koppie water, 3 koppies papmeel en halwe teelepel sout.Laat pap gaar word.Koel bietjie af.Gooi 'n lagie pap in 'n oondbak,smeer sweetcorn oor,strooi sampioene[skyfies gesny]oor die sweetcorn.Strooi sout en cayenne['n bietjie!]oor.Maak weer dieselfde lae.strooi gerasperde kaas bo-oor en dan 50/50[ek vat orley whip 2 sakkies en dieselfde hoeveelheid melk van 1 sakkie]Jy kan dit toemaak met foelie en in die oond bak of buite op die braaivleisvuur. LEKKER!!5/3/13 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html 


EUGENE SE PAP GEREG   

Ek het 'n pap resep wat jy nie eers nodig het vir sous nie, en dis baie lekker. Jy meng
2 koppies mieliemeel,
2 koppies room,
2 koppies melk,
2 blikkies sweet corn,
2 teelepels bakpoeier en
1 teelepel sout.
Gooi dit in 'n bak en bak vir 15 minute op 180 grade.
Dan gooi jy 2 koppies gerasperde kaas bo oor en bak vir nog 45 minute.
Jul gaan baklei vir die laaste krummel.

Geplaas deur: Eugene Palmer  
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/pap-geregte-maak-van-pap.html  

MIELIEPAPBALLE
Die resep is baie veelsydig. Deur verskillende geure blikkies tamaties, verskillende geure soppoeier en met kaas en verbeelding te speel tower jy elke keer ‘n nuwe wenner op.
Maak slapperige stywepap.
Voeg 1 blik heelpitmieleis
1 eetlepel botter of bakmargarien
200g baie fyn gekapte biltong by. (i.p.v. biltong kan fyn gekapte grondboontjies bygevoeg word).
Laat effens afkoel.
Maak nou ‘n sous deur,
1 blikkie tamatiesmoor of gegeurde fyngekapte tamaties
‘n gekapte ui,
200g gesnyde sampioene of 1 groot blik ingemaakte sampioene
1 pakkie of sampioenroomsop of tamatieroomsop of beesstertsop, aangemaak volgens die aanwysings op die pakkie, by.
Vervang helfte van die water met melk om die sous romeriger te maak.
Geur met peper en kook vir 10 minute.
Vorm nou balletjies van die pap en plaas hulle in ‘n gesmeerde oondskottel.
Gooi die sous oor en bak vir 20 minute @ 180C.
Vir ekstra smaak kan kaas oor gerasper word. Geniet !!! “Retha van “SO MAAK MENS” Dankie Helena Kruger 20/1/12

Dalene Brits Elsie, vir ons siele wat nie room kan gebruik nie het ek 'n ander sous resep vir dieselfde bolle.
PAPPA – DELLA
Sous:
1 blikkie Tamatiepuree
1 pakkie Oxtail sop
30 ml suiker
1 bot (410g) Bladjang
1 lt Water
3 groot Uie
3 Knoffel huisies
Knype Rooipeper of Tobasco sous
Braai uie en knoffel in bietjie olie. Meng soppoeier met water soos aangegee in resep. Voeg res van bestanddele by en kook stadig tot lekker dik sous.
Lewer  ± 1 ½ lt Sous. Sous vries baie goed.


No comments:

Post a Comment