Saturday 2 February 2013

SPITBRAAI EN BEDRUIPSOUSE




SPITBRAAI EN BEDRUIPSOUSE


HOEVEEL MENSE KAN JY KOS GEE MET
'N SKAAP OP DIE SPIT

Helena Kruger
Ek dink ons werk altyd op so n 20-23kg skaap vir 30mens..


Berie Smith
NATASHA, jy werk 500g per persoon uit sonder bene. Vir die grote skaap wat julle gaan gebruik 20- 23kg kan jy 30 - 40 mense kos gee. Jy het bykosse en nog hoender ook. Hoop dit help vir jou. Dis hoe ek dit altyd uitwerk en daar's oorgenoeg vir almal en 'n bietjie left overs vir die volgende dag. Vir voorgereg, kan jy onder in jou bak waar die vet afdrup, 'n bietjie water gooi. Sit dan klein aartappeltjies en uitjies, skilpadjies en klein kaasworsies daarin om gaar te word. Jy kan ook mushrooms daarin sit. Roer net gereeld dat dit nie aanbrand nie. Geniet julle spitbraai. Alternatief is om 'n groot stuk beesroast, heel hoenders, skaapboud of varkboud te koop en dit te spitbraai. Dit gee jou 'n verskeidenheid van vleise, maar dit mag dalk duurder uitwerk.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/spitbraai-en-bedruipsouse.html

 


<Fotos>
Helena Kruger
*Die Grasdak Bultfontein*

2013

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


 





 









 




 




 
SPITBRAAI OP DIE PLAAS>>HELENA KRUGER>DIE GRASDAK BULTFONTEIN




Vollie Neels Volschenk

Met 'n spitbraai kan jy werk op 40-45 mense per skaap. Dink altyd aan die hoeveelheid wat 'n normale mens by die Spur eet. 300-400g vleis per persoon. Werk hom daarvolgens uit en onthou die bene.


Patience O'Kennedy
mens kry baie meer porsies uit as jy di hele skaap laat ontbeen en dan spitbraai.

Helena Kruger ek wil julle iets vertel!!
Party ouens braai hul skaap klaar en laat hom afkoel in koelkamer en saag die hele skaap dan tjops van bo na onder en dan plaas hulle dit onder in die bv.gasbraaier saam met hul aartappels en sampioene en klein uitjies wat dan ook al gaar is of hulle plaas dit in groot swartpotte op kole om dit ekker warm te hou dan kom mens baie ver met bv. 1 skaap maklik 40-45mense op n 25kg skaap.
.
Ida Bouwer
Helena, ons doen dit ook so. Met al 3 ons kinders se mondigwordings was skaap gebraai en ons het gemiddeld 35-40 mense kos gegee per skaap. Bykosse was slaaie, klein broodrolletjies, rys/macaronie en gebakte groente. Die skaap was nie ontbeen nie, want dit moeilik om dit te spitbraai as dit klaar ontbeen is. Dan moet jy liewer gatlam maak (vleis in 'n groot bak, maak gat in grond, bedek met kole)

Dalene Brits
Ek stem met 40-45 persone uit ondervinding
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Helena Kruger
ASADO-BRAAISOUS
 [Spitbraai]
1 Uie gerasper
10-12 Knoffelhuisies fyngekap
2t fyn koljander
1t fyn naeltjies
1t gemaalde swartpeperkorrels
1t paprika
½ t Rooipeper
80g sout
60ml Asyn
500ml Water
Meng alles en gooi in n glasbottel wat groot genoeg is.
Laat 8-10 dae staan en skud gereeld die bottel sodat die geure kan meng
Gebruik dit as n bedruip sous oor jou vleis as jy braai
n.s Jy kan dit maak en in jou yskas plaas vir wanneer jy dit nodig het..29/5/12 Helena Chilli
Kruger*
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/spitbraai-en-bedruipsouse.html


Varkspit

KOOKKUNS SE RESEP
 Om ´n vark te spit gaan jou sowat 4 ure neem. Die bors moet natuurlik oopgevlek wees as jy die vark op die spit sit, maar jy kan maar die kop aan hou.
Sodra die vark goed vas is op die spit moet jy kruis en dwars snye in die vel maak, verkieslik met ´n matmes. Sit die vark op die kole, NIE IN DIE SON NIE.
Vir die 1 ste uur maak jy net die buitenste laag crackling gaar. Dit sal begin los kom van die vetlaag. Mens trek dit maklik los. Saam met ´n bietjie Aromat maak dit ´n heerlike voorgereg.
Die laaste uur kan jy die vark begin verf met jou sous, maar net aan die buitekant.. Cobus gebruik Knorr se ribbetjiesous. Net voor jy begin met die sous vryf jy ´n growwe sout of Marina Braaisout aan die buitekant. Cobus gebruik ´n vleistermostaat om te bepaal wanneer die otjie reg is. Hier by 65 grade is jou vark reg om voorgesit te word. 30/12/11

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/spitbraai-en-bedruipsouse.html


Spitbraai maak onthaal maklik
Carol van Heerden
DIE kopseer om vir 'n groot groep mense ten in die komende feesdae van kos te voorsien en steeds deel te wees van die geselskap kan maklik oorkom word met 'n lam of vark op die spit. Carol van Heerden, Vroue-Beeld se kos skrywer, het 'n paar resepte uitgetoets.
BASIESE MARINADE
EN BEDRUIPSOUS
VIR SPITBRAAI
Voorbereiding van karkas: Gebruik 5ml sout en 1ml vars gemaalde swartpeper per kg vleis. Vryf helfte van die sout en peper aan binnekant van karkas. Hou res van mengsel om karkas naby die einde van roostertyd aan buitekant te geur. Indien maagholte toegewerk word, besprinkel met 75ml suurlemoensap en smeer met gekneusde knoffel en roosmaryn.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/spitbraai-en-bedruipsouse.html


Marinade/Bedruipsous
150ml suurlemoensap
150ml lemoensap
150ml olyfolie
10 tot 15 knoffelhuisies, gekneus
vars kruie na smaak
Appel- en rysvulsel
5 appels, ontkern en in wiggies gesny
8 x 250ml rys, half gaar;
500ml sultanas oornag in port geweek
500ml droë perskes gesnipper
125ml vars gekapte pietersielie
sout en vars gemaalde swartpeper
knoffel, gekneus (opsioneel).
Meng bestanddele en vul holte van karkas. Werk holte toe en braai
stadig oor spit. Bedruip gereeld met marinade.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/spitbraai-en-bedruipsouse.html


Carol van Heerden Vroue Beeld
GEVULDE LAMSAAL OP SPIT
1 ontbeende lamsaal, sowat 1,5kg
15ml gelatien
Sampioenvulsel
15ml kookolie
15ml botter
150g sampioene, gekap
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
15ml vars gekapte kruie of
5ml droë gemengde kruie
250ml vars broodkrummels
30ml sjerrie
7ml sout
vars gemaalde swartpeper na smaak.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/spitbraai-en-bedruipsouse.html


Carol van Heerden Vroue Beeld
Kruiebedruipsous
125ml bedruipsous (sien eerste resep)
10ml vars gekapte kruie of 5ml droë gemengde kruie.
Om die vulsel te maak, verhit olie en botter saam in 'n
swaarboompan of in 'n skottelbraaier en braai sampioene, ui en
knoffel liggies tot ui deurskynend is. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Strooi gelatien aan binnekant van lamsaal en skep vulsel bo- oor. Laat 25mm oop rondom kante. Vou die twee kante van vleis sodat dit in die middel bymekaarkom en bind elke 25mm met tou vas. Steek lamsaal in lengte op spit en plaas 'n druppan daaronder.
Rooster lamsaal 1 uur sowat 150mm oor matige kole. Meng bestanddele vir die kruiebedruipsous en bestryk vleis gereeld gedurende die laaste 30 min. Laat lamsaal 10 min. op warm plek staan en sny in skywe. Verhit res van bedruipsous en giet oor die skywe vleis.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/spitbraai-en-bedruipsouse.html


Carol van Heerden Vroue Beeld
GLANSLAMSBOUD OP SPIT
1 lamsboud, sowat 2kg
Heuningglanssous
50ml heuning
50ml sojasous
125ml vleisaftreksel
50ml suurlemoensap
30ml kookolie
2 knoffelhuisies, fyn gekap
5ml vars gekapte origanum
Verwyder die twee bene (skenkel- en pelvisbeen) aan albei kante van die boud, maar laat die murgbeen in die middel. Steek die spit deur die middel van die boud, parallel met die murgbeen, en bind die tou rondom die dikker deel van die vleis om die vorm van die boud so eweredig moontlik te kry. Plaas 'n druppan onder die vleis en rangskik die kole rondom pan. Spitbraai die boud een en 'n half uur sowat 150mm bo matige kole. Voeg vars kole van die tweede vuur elke halfuur by om 'n konstante temperatuur te handhaaf. Meng bestanddele vir glanssous en bedruip boud gereeld tydens die laaste 30 min.
Wanneer die boud gaar is, haal van die spit en laat dit 10 min. op 'n warm plek. Sny dit dan teen die grein in skywe. Meng res van die glanssous met vleissappe in pan, verhit en sit saam met die vleis voor. 30/12/11
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/spitbraai-en-bedruipsouse.html


Charlotte Verwey da Silva
IDEES VIR SPITBRAAI SPYSKAART
 ek vind dat die volgende lekker werk vir my met spitbraaie:
Voorgereg:
Moenie te groot wees, die mense kan gewoonlik nie wag vir die vleis nie. Ek gee graag platbrode wat ek in stukke 'skeur' saam met patees. In die winter kan jy selfs sop ook bygee. Ek hou die voorgereg 'lig' en sonder vleis.
Gebruik die sampioene en die kaasworsies saam met groente wat jy bietjie pre-cook. As jy 'n addisionele aartappelgereg gee, is dit nie nodig om hier aartappeltjies in te sit nie. Braai al die groente dan lekker in 'n pan onder in die spit in daai lekker vet sousie wat uitbraai van die vleis en roer die kaasworsies by so rukkie voor jy dit uithaal.
Nagereg
kan jy doen soos gewoonlik maar ek hou nogals daarvan om die spit af te rond met iets spesiaals. Ek doen graag 'n mooi nageregtafel met 'n verskeidenheid individuele nagereggies en/of mooi kaaskoeke, sjokolademousse in mooi glasbakke ens.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/spitbraai-en-bedruipsouse.html


Rene Truter Wessels
SPITBRAAI-WENKE
Begin die kook van die lam met die maagkant oor die vuur, maar draai die maag weg van die vuur se hitte aan die einde.
Braaityd is 2-3 ure, afhangend van die groote van die lam. Sodra die binne-temperatuur van die vleis 60g
rade C behaal en die sappe pienk is, is die lam gaar.
Die bene vat die langste om gaar te word, plaas dus die kole in ‘n groter hoop onder die bene aan die begin en sprei hulle dan uit na die eerste halfuur se braai. Laat die vleis toe om vir 20 minute te rus voor dit gekerf word.
Hierdie resep is uit die boek Braaikonings van die Kaapse Wynlande uit die hoofstuk wat fokus op KWV Wyne.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/spitbraai-en-bedruipsouse.html


Francois Van Der Schyff
GEBRAAIDE SPEENVARK
Maak die speenvark goed skoon en weeg dit. Sny vier 7cm lange snye aan weerskante van die rugstring en ewewydig aan mekaar die die vel van die speenvark. Plaas dit op 'n rooster in 'n oondpan en smeer die hele oppervlakte met botter of vet. Sprinkel sout binne-in en bo-oor. Gooi 500ml kookwater in die pan en bedek die varkie met vetgesmeerde papier.
(Botterpapier, bruinpapier of aluminium foelie). Sit dit 15 minute lank in 'n baie warm oond by 240C, verminder dan die hitte na 150C en laat dit bak tot dit gaar en bruin gebraai is. Bereken die tyd teen 40 minute vir elke 500g. Bedruip die vleis elke 15 minute met die vloeistof in die pan. Verwyder die papier nadat die vleis 2½ uur lank gebak het en borsel die oppervlakte met dik room. Dien dit op 'n groot vleisskottel op met 'n rooi appeltjie in die mond en versier rondom met aartappelnessies, gevul met appelmoes, en skyfies rooi appel.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/spitbraai-en-bedruipsouse.html



BEESBOUD OP N SPIT:
*Piet Pompies*
MENGSEL OM TE SPUIT.
2 kg Botter
2,5 l Druiwesap
2 Pakkies Aromat
4 tl Peperkorrel pasta
6 vars Lourierblare
1 bossie vars Mirt
1 bossie vars Tarragon
6 tl Gemengde kruie pasta
2 pakkies Tamatiepasta
8 heel Naeltjies
3 el Knoffel poeier.
20 ml Mostert poeier
10 ml Roosmaryn
30 ml Koljander
15 ml Tiemie
1/2 kop Sout
1) Gooi druiwesap en botter in n groot pot en bring tot kookpunt.
2) Voeg res van die bestandele by en roer tot sout opgelos het.
3) Kook vir 5 min.
4) Laat oornag staan sodat die kruie kan trek.
5) Gooi mengsel vlgde dag deur n sif.
GLASEERSEL:
200 g Ment jellie,( HELENA SE RESEP)
130 g Heuning
125 ml Woreshiresous
15 g vars Peperwortel, fyn gerasper
1 tl Tiemie.
1 Klein bottel OXO smeer.
1)Verhit alles in n potjie tot gesmelt.
2)Kook 5 min en laat afkoel.
Metode:
1)Maak n groot vuur in die kolebak.(Ek het 3 sakkies brikette gebruik om mee te begin.)
2)Maak boud ordentlik vas op die spit.
3)Braai die boud tot "rare, 60gr C" as jy met n vleistermometer meet, 12 cm in die dik vleis in.
4)Spuit die boud deeglik met die "spuit mengsel"-die hele mengsel word gebruik, daar moet niks oorbly nie.(Verhit die mengsel eers)
5)Braai nog n uur.
6)Bedruip met glaseersel vir die volgende uur- gebruik dit ook op.
7)Maak die spit oop, vat die meeste kole weg en laat die spit steeds draai vir 30 min.
Sny dun skywe en bedien.
Wenke:
1)Maak die vuur vroeg dat die kole baie warm is as jy die boud opsit.
2)Hou jou vuur baie warm anders gaan jou boud vrot word in die middel teen die been.
3)Sorg dat die boud ordentlik vas is sodat dit nie afval tydens die kook proses nie.
4)Sorg dat die spit se motor groot genoeg is om die boud te draai.
5)Sorg vir genoeg brikette. Ek het 11x 5kg brikette gebruik.
6)Hierdie is n groot werk, moenie probeer as jy nie ondervinding van spitbraai het nie.**10/12/12*
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/spitbraai-en-bedruipsouse.html 



Ons het JAAAAARE lank skaap gespit - met allerhande souse ensv. en GLO my - die WEN-resep - is plain NET sout en peper, opgelos in kookwater ! SPit skaap tot 3/4 gaar. Spuit die opgeloste soutwater die laaste halfuur of so in die skaap - met jou gewone spuitnaald - en Whalla ! AS jy WIL daai TANGY sous hê - kan sekere dele van die skaap die laaste 10 min met gewone Jimmy's of Spare-rib basting geverf word ! Ons het gevind dat die meeste souse geneig is om "swart" te brand, 'n bitter smakie te laat, en jou vleis nog nie lekker deur gaar is nie ! Die sout-oplossing gee ook jou vleis die "pekel" sappige smaak !


Ek het ook die ASADO-sous resep vir jou - uit die Braai met Kellerprinz resepteboek:
1 ui fyngekap,
12 knoffelhuisies, gekap,
5ml koljander,
5ml peperkorrels,
2,5ml paprika,
knypie rooipeper,
170gr sout,,
50ml wynasyn,
500ml water.
 Meng als saam – di


En die Viljoen sous:
150ml sout,
1.5 lt asyn,
750ml water, 3
uie fyngekap,
45ml knoffelvlokkies,
45ml paprika,
15ml gemaalde naeltjies;
250ml gemaalde koljander.

Meng goed en laat minstens 3 dae staan. As 'n meer pikante sous verlang word, voeg Worcesterous en/aromat na smaak by ! Tiemie of Kerriepoeier kan ook bygevoeg word. Beide resepte is uit die braai met Kellerprinz braaiboek - deur Fritz Ferreira

 Ek stem grootliks saam met Erica - tog seker ook nie. My spitskaap smeer ek met suurlemoensap, daarna met growwe sout en peper.
Ek spuit niks in nie, maar dit is seker 'n manier van doen wat nie kan skade doen nie.
Maar ja, niks van marinadesouse en dinge nie want soos Erica tereg sê, dit brand dikwels en dan is die hele lekker spit daarmee heen.
Die suurlemoensap is maar vir die standaard rede daar - om die buitevet veral by die ribbetjies, lekker bros te laat braai.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/spitbraai-en-bedruipsouse.html 


Roseanne Heymans
BRAAI MARINADE 
Neem 2 lt coke bottel. Vul swart gedeelte met growwe sout. 
Voeg vlg by: 
1 bot (750 ml) btuin asyn, 
2 gerasperde uie, 
5 fyngekapte knoffelhuisies, 
3 tot 4 druppels tabasco sous, 
6 peper korrels, 
1/2 k worcestersous en 
1/2 k braaivleisspeserye.
 Laat trek, sif en spuit boud of skaap.
#Skaapboud, spitbraai
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/spitbraai-en-bedruipsouse.html 

No comments:

Post a Comment