Saturday 2 February 2013

SLAAIE / SOUSE / GROENTE


GROOTMAAT HAMBURGERSOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie-souse-groente.html
Anton Andreas Cilliers

Vat so 5kg uie en sny dit fyn en braai dit gaar.
Sit by dit 5 liter caterers chutney en
5 liter caters monkey gland sous en
een groot blik perske konfyt.

Maak jou sous warm en gooi in 'n dubbel boiler en jy kan jou patties vooraf gaarmaak en hou hulle warm in die sous en skep die patties uit die sous en op die hamburger. Die sous wat jy oorhet kan jy vries*11/3/13



MENGELSLAAI


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie-souse-groente.html
1 slaaikop vir 33 persone
1 komkommer vir 24 persone
1 pynappel vir 25 persone
driekwart kas tamaties vir 100 persone

Vir 100 persone, gebruik die volgende hoeveelhede:
Pynappels in blokkies : 20 pynappels
Pynappels in skywe : 10 pynappels
Brokkoli : 17,5 kg (gaar)
Kool, gekerf : 12,5 kg (gaar)
Wortels : 13 kg gaar
Blomkool : 25 kg gaar
Komkommers : 6,5 kg
Kropslaai : 8,5 kg
Sampioene, gekap : 4,5 kg
Groenertjies : 25,5 kg
Groen rissies, gekap : 4 kg
Aartappels, geskil : 19 kg
Tamaties, ongeskil : 10 kg

aartappelslaai 1 - 1,5 kg aartappels = 10 porsies 

MENGELSLAAI
1 bos seldery, 
250 g tamaties, 
2 hardgekookte eiers, 
bossie pietersielie = 6 porsies


KONDENSMELK SLAAISOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie-souse-groente.html
(3 -4 koppies)
2 groot blikkies kondensmelk
2teel sout na smaak
¼ teel rooipeper
1 eetl mostert
1-2 kp asyn
Metode:
Klits die melk, voeg die smaakmiddels by en voeg die asyn na smaak by. Roer goed deurmekaar.



BEET-EN APPELSLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie-souse-groente.html
(50 PORSIES)
16-24 gekookte skoongemaakte middelslag bete
10-12 middelslag appels geskil en skoongemaak
3-4 kp kondensmelkslaaisous
Blaarslaai
Metode:
Rasper beet en appels saam, bind mengsel met bietjie van die slaaisous, skep mengsel op heel slaaibare en bedien.


KOOLSLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie-souse-groente.html
(50 PORSIES)
6 kp kool skoongemaak
8kp lemoene, pynappel of appels of
4 ½ kp rosyne of sultanas
Kondensmelkslaaisous
Metode:
Kerf kool fyn, sny die vrgte in stukkies en meng met kool of was droe vrugte en meng met kool Gooi slaaisous or en meng goed.



MACARONISLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie-souse-groente.html
(50 PORSIES)
6 – 9kp rou macaroni
10 eiers hardgekook
1 kp atjar, gekap opsioneel)
2 eetl ui gerasper
4 eetl pietersielie gekap of soetrissie
1-1 ½ liter slaaisous
Metode:
Breek macaroni in ongeveer klein stukkies, kook sag, maar nie pap nie en laat koud word. Meng die res van die bestandele en meng by macaroni in.



KONDENSMELK SLAAISOUS VIR 100 MENSE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie-souse-groente.html
4 Blikkies Kondensmelk
4 tlps Sout
1 tlp Rooipeper
2 eetlp Mosterdpoeier
2 – 4 koppies Asyn (Na gelang van dikte verlang)

Voeg droë bestanddele by kondensmelk en meng goed. Voeg asyn bietjies bietjies by en klits goed tot verlangde dikte.




MOSTERDSOUS
(MIKROGOLF)

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie-souse-groente.html
Lewer 5 lt.

100g Mosterdpoeier
5 ml Sout
2,5 kg Suiker
1 lt Asyn
500 ml Mosterdpoeier
1,25 lt Water
150 ml Koekmeel
20 Jumbo Eiers

Meng suiker, mosterd, meel & Sout.
Voeg asyn & water by.
Mikrogolf 10 – 15 min op High.
Roer goed na elke 3 min.
Klits eiers en voeg bietjiesgewys by mengsel.
Mikrogolf 10 min op Medium. (Oop)
Roer elke 2 min en mikrogolf tot dik.
Koel af en bêre in yskas. Hou 1 maand.



TAMATIESOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie-souse-groente.html
 (vir 200 hamburgers)

500gr Stork margarine
5 liter tamatiesous
Sakkie uie (opsioneel – kinders hou mos nie van uie nie)
5 green peppers (opsioneel)
8 eetlepels bisto
5 pakkies tamatie puree
1 kop suiker (na smaak)
2 tl sout (na smaak)

Smelt die botter, kap die uie en green peppers en soteer in die botter. Gooi die tamatiesous, puree, suiker en sout by die uie-mengsel. Maak die bisto in een liter water aan en gooi by. Kook goed deur. Verdik met maizina indien jy die sous dikker wil hê. Jy hoef nie margarine op die hotdog buns te smeer nie – die sous het klaar margarine in.



TAMATIE EN UIE SMOOR
3 kg gekerfde uie
6 kg gekapte tamaties [ontvel]
5 robot rissies, ontpit en gekap
 Gekapte knoffel na smaak
10 seldery stingels, gekap
125 ml bruin suiker
645 ml vrugte blatjang
125 ml gemengde asyn
125 ml gekapte pietersielie
75 ml sout
25 ml peper
100ml olyfolie
Gooi die tamaties, uie en rissies in 'n swaarboom pot/gietysterpot , voeg die olyfolie by.
Kook teen medium hitte vir ongeveer 45 – 60 minute.
Voeg die gekapte knoffel, seldery by vir verdere 20 minute.
Voeg by bruin suiker, asyn, sout en peper
Smoor verder op lae-meduim hitte tot gaar proe.
Haal van die stoof af en voeg pietersielie by"Rene Wessels"


PAP EN SOUS VIR 100 MENSE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie-souse-groente.html
 Krummelpap: 6kg meel, 85ml sout, 6,25liter water Stywe pap: ek gebruik so 3.5kg mieliemeel
Tamatiesmoor vir 100mense: 2liter (goedkoop soort) tamatiesous, 1 groot blikkie tamatiepuree, 2 blikkies tamatie en uiesmoor, 2 pakkies bruin uiesoppoeier (of 6 eetlepels bisto aangemaak met 1k water), suiker na smaak, bietjie sout en peper, so 3kg uie. Braai grofgesnyde uie liggies bruin. Voeg al die tamatiesous, tamatiepuree en tamatie en uie by en laat bietjie deurkook. Voeg bietjie sout en peper by, aangemaakte soppoeier/bisto by. laat deurkook. proe en as dit bietjie suur is, voeg suiker by. Ek gooi sommer partymaal n bietjie chutney ook by.

*kreatiewekosidees*



Gebakte aatappelgereg (genoeg vir 30 mense)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie-souse-groente.html
5 kg aartappels (gekook en geskil en in dun skyfies gesny)
1/2 kilogram rou “bacon bits”‘
4 pakkies Potato bake aangemaak met 1.7liter melk
4 Groot uie (gekap)
1/4 van elk – rooi, geel en groen soetrissies (gekap)
Pak lae aartappels, uie en spek. Ek het so bietjie knoffelvlokkies, sout en peper tussen die lae ingegooi
Eindig af met spek en sprinkel net die soetrissies oor.
Gooi potato bake oor en bak by 180C vir ongeveer 1 en halwe uur
As uit die oond kom, rasper lekker klomp kaas oor, sit in die oond wat reeds afgesit is- net tot die kaas gesmelt is.*kreatiewekosidees*


Mengelslaai (genoeg vir 40 na 50 mense)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie-souse-groente.html
4 na 5 wortels met jou goentemessie in velletjies gesny
4 pers uie in dun ringetjies gesny
4 appels in blokkies gesny (sprinkel so bietjie suurlemoensap oor)
4 naatjies (net so in wiggies gelos)
10 tamaties in skyfies gesny
1 rooi, 1 groen en 1 geel soetrissies in lang dun vinger repies gesny
Kwart koolkop in dun skyfies gesnipper
1 pakkie swart en 1 pakkie groen olywe
1 blikkie ertjies (gedreineer)
2 pakke gemengde blaarslaai
2 komkommers in ringetjies gesny
Het dit bedien met 2 botteltjies slaaisous
*kreatiewekosidees*



No comments:

Post a Comment