HOENDER-SLAAI
Dié een is perfek om te maak met Sondag se oorskiet-hoender.
6 eiers
1 klein komkommer, grofgerasper
250 ml ongegeurde jogurt
2 knoffelhuisies, gekap
sap van 1 suurlemoen
30 ml kruisement, gekap
sout en varsgemaalde swartpeper
45 ml olyfolie
6 snye brood, in blokkies gesny
2 koppe langblaarslaai (cos)
hoender van been gevlok
Bring pot met water tot kookpunt. Plaas eiers in water en kook 5 minute vir sagte eiers of langer soos jy verkies. Laat afkoel, dop af en sny in helfte. Voeg komkommer by jogurt en meng. Voeg knoffel, sap en skil van suurlemoen en kruisement by en meng goed. Geur met sout peper. Verhit olyfolie tot warm in braaipan en voeg broodblokkies by. Braai tot goudbruin. Plaas slaaiblare in opdienbak. Sprinkel hoender, eiers en broodblokkies oor. Skep jogurt-mengsel oor. Geur goed met sout en swartpeper. Sit voor.*Sarie Kos*17/02/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/hoenderslaai.html
Andriëtte se hoenderslaai
1 avokadopeer3 hoenderborsies in repies gesny
120g blaarslaai (’n halwe pak)
4 peppadews (in halwes gesny)
2 ringe pynappel
1 wiel fetakaas
10 olywe
Halwe ui
Thousand islands-slaaisous van Ina Paarman
500g bruismeel
1 bottel bier
Sout en peper na smaak
Metode:
1 Pak die blaarslaai, pynappel, Peppadews, olywe en fetakaas onder in ’n groot slaaibak.
2 Pak dit toe met die hoenderrepies en plaas dan skywe Avokadopeer bo-op.
Vir die uieringe:
3 Meng ’n 500g pakkie self bruismeel met ’n bottel bier en ’n knippie sout.
4 Plaas uieringe in die deeg en diepbraai in olie.
5 Pak dit oor die avokadopeer, geur en sprinkel slaaisous oor.*Voelgoed
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/hoenderslaai.html
Hoenderslaai
Lewer 4 porsies
500 g (omtrent 4) hoenderborsies
30 ml (2 e) olyfolie
30 ml (2 e) ligte bruinsuiker
30 ml (2 e) vars suurlemoensap
2 ml (¼ t) sojasous
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
1 botter-blaarslaai, in stukkies gebreek
20 g roketblare
1 avokadopeer, gehalveer en in skywe gesny
omtrent 70 g pikante rissies soos Peppadews, in skywe gesny
omtrent 150 g pitlose, swart olywe
4 selderystingels, grof gekap
4 sprietuie, gekap
Mosterdheuningslaaisous
45 ml (3 e) olyfolie
45 ml (3 e) vars suurlemoensap
5 ml (1 t) heelkorrelmosterd
15 ml (1 e) heuning
15 ml (1 e) gekapte, vars origanum of 5 ml (1 t) droë
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Metode
1 . Sny hoenderstukke in repe. Meng die olie, bruinsuiker, suurlemoensap, sojasous en geurmiddels by. Laat vir omtrent 15 minute staan. Plaas op oondrak en rooster vir omtrent 10 minute tot gaar en goudbruin. Borsel met die sous gedurende die roostertyd. Laat hoender afkoel.
2. Plaas die blaarslaaistukke en roketblare in ’n opdienbak. Rangskik die avokadopeer, pikante rissies, olywe, seldery en sprietuie op die blare. Pak die hoenderrepe bo-oor.
3. Slaaisous: Kombineer al die bestanddele vir die slaaisous en giet oor die slaai. Bedien dadelik.*Rapport* 13/3/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/hoenderslaai.html

Angelique Liebenberg
HOENDERSLAAI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/hoenderslaai.html
Hoender borsies en 1 ui saam gebraai. Sny hoender in repies. Meng hoender en ui met gaar pasta van jou keuse. Sny blokkies mango en pynappel by. Krummel 2 wiele feta kaas in. Maak slaaisous as volg: mayo, sout en peper, 1 teelepel mostert poeier en 1 teelepel paprika. Meng goed deur pasta.
Ons eet vanaand die volgende hoenderpastaslaai...
Gaan dit beslis probeer, daar is altyd oorskiet hoender.
ReplyDelete