Sunday 17 February 2013

BOKKOMS-ROOSTER-BROODJIES


                                                              


BOKKOMSROOSTER-BROODJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/bokkoms-rooster-broodjies.html
Die hart van die Weskus opgetert!

(4 – 6 PORSIES)
12 maasbankerbokkomfilette
12 snye ciabattabrood
2 groen appels, in dun skyfies gesny
1 hand vol vars basilieblare
halwe ui, fyngekap
195 ml witwynasyn
sap van 1 lemoen
250 g koue botter, in blokkies gesny
6 plaaseiers
1 ml sout
1 ml suiker
Verhit die oond tot 180 °C. Maak toebroodjies met die bokkomfillette, appelskyfies en basilie. Verhit die olyfolie in ’n middelslag-pan en braai die broodjies tot goudbruin aan albei kante. Pak dit op ’n bakplaat en bak dit vir 5 minute. Maak intussen die sitrussous: Kook die ui in 150 ml van die asyn tot dit die
helfte minder is. Gooi die lemoensap by en verhit dit tot kookpunt. Gooi mengsel deur ‘n sif om die uie te verwyder. Gooi die sous terug in die pot. Verlaag die hitte en voeg die botter bietjies-bietjies by – roer dit met ’n draadklitser tot al die botter ingesmelt het. Hou die sous warm tot jy die broodjies voorsit. Verhit ’n pot water met die orige 45 ml asyn tot kookpunt en verlaag dan die hitte totdat dit stadig prut. Breek die eiers in die warm water en posjeer dit vir 3 – 5 minute vir sag, of langer soos jy verkies. Bedien die
warm bokkombroodjies met ’n sagte geposjeerde eier en vars basilieblare, en gooi die warm sous bo-oor.*Sarie Kos* 17/02/13

No comments:

Post a Comment