Sunday 17 February 2013

BRAAI-BROODJIES



Gebraaide mozzarella-broodjies met ansjovis-sous

(6 BROODJIES)
Ansjovis-sous
1 blikkie (45 g) ansjovisfilette in olie
15 ml kappertjiesaad, fyngekap
30 ml olyfolie
15 ml suurlemoensap
Plaas die ansjovis-filette met olie en al in ’n bakkie. Die vissies is sag, jy kan dit met ’n vurk fyn druk. Voeg res van bestanddele by en meng goed.
Broodjies
12 snye witbrood (klaargesnyde brood werk die beste)
300 g mozzarella-kaas, in skywe gesny
200 ml olyfolie
4 eiers
45 ml melk
80 ml melk
sowat 250 ml droë broodkrummels
Druk sirkels uit die brood met ’n koekie-uitdrukker of ’n glas. Sit ’n skyf kaas bo-op een sirkel brood. Maak toe met nog ’n sirkel brood en druk goed vas. Maak nog vyf sulke broodjies. Verhit olyfolie in ’n diep pan. Klits eiers en 45 ml melk saam. Hou eenkant. Doop broodjies in 80 ml melk. Bedek met broodkrummels en doop in eier-en-melkmengsel. Braai broodjies weerskante in olie – sowat 2 minute aan ’n kant. Dreineer en sit voor met ansjovis-sous.*Sarie Kos*

No comments:

Post a Comment