Friday 1 February 2013

KOEKE / KOEKIES IN MIKROGOLF


7 MIN.SJOKOLADE  KOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
1 kp Koekmeel
1 kp suiker
3 e kakao
1 kp lou water
1t vanilla
4t bakpoeier
1/4t sout
2 eiers
1/4k olie
Metode:
Sif meel, sout,kakao, suiker en bakpoeier saam
Meng geklitste eiers met lou water en olie en voeg vanilla by
Voeg droe bestandele by eier mengsel en meng baie goed.
Gooi in gesmeerde bak, en bak vir 7min op hoog in mikrogolf.
Los in die oond vir 1 minute voor jy uithaal, laat bietjie afkoel tot los, en dop uit bak uit.
Versiering:
1 blik ideal melk
1/4 kp suiker
200g heelneut sjokolade
Smelt 3/4 blik ideal melk en suiker oor lae hitte en gooi oor warm koek. Laat die koek heeltemal afkoel.
Smelt die res van die ideal melk en sjokolade op lae hitte een gooi oor koek, smeer tot bo-op bedek en teen die kante afloop.





                                                      6/5/2014>Maggie De Castro


 

Nouja KOSMATERS soos julle weet is ek mos nie eintlik n Bakster nie [koeke] ha ha maar as die lus vir self gebak koek opduik dan bak ons maar..Helena Kruger
Die 7min Mikrogolf Koek gebak sonder Kakao met Mielieblom en n Lemoensousie oorgegooi toe hy uit die vorm gekom het..4/05/2015

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html Sousie
1/2 k lemoensap
1/2 k water
1/2k Suiker
2 e Botter
Lekker gekook nie te lank nie en 1 lemoen se skil gerasper en dit bygevoeg oorgegooi stadig en laat koud word
Versier met Gekookte kondensmelk en biettjie room ingemeng net n dun lagie en Styfgeklopte room met bietjie versiesuiker gemeng en oorgesmeer
Toe sien ek die botteltjie met Lemoenmarmelade met chillies loer vir my en drizzel sommer so n bietjie stroop en stukkies oor..Heel Gaaf se ekke behalwe Pappie het per ongeluk n chillie in sy happie gekry..Moes maar net wegkyk en lag..ha ha Helena..


 





 



                                              Foto-Lizelle de Jager>wit 7min.Mic Koek



Heerlike Chocolate Fudge koekies:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
(onbekend)

(Word in die mikrogolf gemaak)
Bestandele:
500g versiersuiker (MOET gesif wees)
250ml gesmelte margarien
100ml kakao
1 eier
1 pakkie tennis beskuitjies in stukkies gebreek
Metode:
Sit, versiersuiker, kakao en margarien in groot mikrobak en kook vir 3 min op 100% krag. Meng goed (indien bietjie droog lyk, moenie worry) Voeg eier by en meng goed. Voeg... koekies by en roer goed deur. Sit in gesmeerde pan (25 x 25) en sny in blokkies wanneer afgekoel het. (Jy kan die koekies vervang met rou hawermout, klapper, peanuts, rosyne of neute.)-

Berie Smith
Was gister belustig vir 'n appelkoek, maar is al so moeg van dieselfde oor en oor en toe probeer ek maar my eie resep en hierdie is nou wraggies vinnig, maklik en heerlik. Niks droog nie....yummy!



MIKROGOLF KLAM APPELKOEK


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
[OUMA BEER SE EIE RESEP...dis nou ekke]

1 x pak Vinilla koekmengsel [Golden Cloud]
1 x k/bot Appelmoes
1 x k/blik Tertappels [sny kleiner stukkies en hou paar uit vir garnering]
1t Kaneel [gelykvol]
½ hand vol pitlose rosyne
METODE:
Meng al die bestanddele goed saam.
Plaas in gesmeerde tuitpan.
Plaas in mikrogolf op omgekeerde kleinbordjie of piering. [hang af hoe groot is jou tuitpan].
Bak vir 7½ - 8 minute op Hoog. [100%]
Laat 5 minute afkoel in pan en plaas dan oor na rakkie om heeltemal af te koel.
VERSIERING:
1 x pak versiersuiker wat saam met koekmengsel gekom het.
1 x pak Moirs karamel kitspoeding
Bietjie suurlemoensap
2 e melk
Klits al die bestanddele baie goed saam en gooi dan oor die koek.
Garneer met die stukkies tertappels.



Elda Lombard
HUISGENOOT 1988

Sjokoladekoekies

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
Microgolf
500 g versiersuiker
30 ml kakao
12,5 ml kitskoffiepoeier
30 g botter
2 eiers
2 pakkies mariekoekies
Metode
Sif die versiersuiker, kakao en koffiepoeier saam.
Plaas die botter in `n diep glasbak en mikrogolf dit 3 tot 4 minute lank totdat dit gesmelt is.
Roer die versiersuiker by die gesmelte botter en mikrogolf dit net totdat dit begin borrel, ongeveer 3 minute lank.
Klits die eiers en roer dit vinnig by die warm mengsel in.
Breek die mariekoekies in klein stukkies en roer dit by die sjokolademengsel.
Smeer `n rolkoekpan en skep die mengsel daarin.
Laat dit afkoel en sny in blokkies.
Plaas dit in die yskas totdat die blokkies hard is *





Louisa Prenzler
Ek het vanoggend (omrede ek te lui is vir al die slep) gou sommer 2 mikro vrugtekoeke gebak in silokoon panne. Dit is die mooiste wat hulle nog ooit gekom het en ek het nie eens `n omgekeerde piering onder die pan gesit nie, want die panne is mos slap. Die resep. weet ek nie meer waar ek hom gekry het nie, maar julle kan hom bak, dit kom nooi `n floppie nie.


MIKRO VRUGTEKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
500gr Vrugte (ek het geglanseerde vrugte redelike stukke gesny)
1 432g blik Fyn Pynappel met stroop en al
1 Kop. Sagte Bruinsuiker
125gr Margarine in blokkies (ek het regte botter gebruik)
1 Tel. Gemengde Speserye
1 Tel. Kaneel
1 Tel. Fyn Gemmer
Sit nou alles in `n bak en mikrogolf 5 minute op 100% krag met gladwrap oor.
Laat dit heeltemal afkoel en voeg roer dan die volgende by:-
1 Tel. Koeksoda
2 Eetl. Brandewyn
200gr Kersies (ek het ook 100gr Pekaneute bygesit)
Meng nou die volgende saam en sif dit oor die mengsel om die beurt met die geklitste eiers:-
1 Kop Koekmeel
1Kop. Bruismeel
1/4 Tel. Sout
2 Groot Eiers
Ek het dit in my silikoon pan van 220cm by 220cm en 50cm gegooi, wat ek liggies gespray en cook het.
Maak `n holtetjie in die middel
Miro 25min by 70% krag
Sprinkel brandewyn oor en laar in pan afkoel (Ek het nie eers nie)
Keer om op rak en sprinkel weer brandewyn.
Sodra die koek goed koud is, draai toe in foelie.3/11/12*


Washielah Adams
Dadel-koffie koek

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
in die mikroglf met n koffie sous
1 ½ kp meel
kwrt kp suiker
n tlp bakpoeier en
3ml sout meng dit als saam sit eenknt.
Vat di dadels chop dit op en ontpit dit gooi n ½ kookwater daar oor en mikroglf vir 3min. Dit sal so mushi lyk. Sit opsy.
Stroop
Vat ¼ kp suiker
½  kp kookwater en
20ml koffie en meng,  microgolf vir 10min. Sit eenknt.
Nou vat jy 15ml koffie
115ml kookwater en meng en 120ml olie meng dit saam en klits 2 eiers daar in meng dit met jou meel tot goed gemeng.
Nou kan jy die dadel by roer.
In jou koekpan sit jy 2 lepels jam op die bodem.
Sprei die konfyt uit en sit jou batter daar bo oor.
Plaas op n onderste bo bord in microgolf en micro vir 10min op hoog.
As dit nog rou is in di middel sit dit vir nog 5min.in
Haal dit uit en sit jou stroop weer in vir 2 min. Haal uit en druk gate in jou koek en gooi dit oor. Skud jou koekpan. Dop dit op n bord uit sodat sous afloop. Haal pan af en wala jyt n heerlike koek. Ja dis 'n lank proses maar dit is die moeite werd GENIET*



Jaco Nita Combrink Visser
Mikrogolf Vrugtekoek

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
 
(Dries)
125 g botter
500 g vrugtekoekmengsel
250 ml (1k) sagte bruin suiker
375 ml (1& 1/2k) water
5 ml (1 t) koeksoda
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
10 ml kitskoffiepoeier
5 ml gemengde speserye
5 ml fyn gemmer
knippie sout
100 g glanskersies, in kwarte gesny
100 g amandels, gekap.
2 eiers, geklits
15 ml brandewyn
• Spuit 'n mikrogolf-ring-vorm van 2 liter met kleefwerende middel en voer uit met handdoek papier.
• Plaas die botter, vrugtekoekmengsel, bruinsuiker, water en koeksoda in 'n glasbak en mikrogolf vir 10 minute teen 100% krag, moenie roer nie. Laat heeltemal afkoel (Baie belangrik anders bak die koek nie reg nie).
• Sif die droë bestanddele saam en meng met die afgekoelde mengsel. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
• Skep in die voorbereide ringvorm, plaas op 'n omgekeerde piering of andersins 'n eierdosie (in oond) en mikrogolf 20 minute lank teen 50% krag, daarna vir 7-10 minute lank teen 30% krag (ontdooi)
• As die koek wegtrek van die kante, is dit reg. Keer uit op 'n draadrakkie en giet nog 'n bietjie brandewyn oor wanneer afgekoel.
• Draai toe in tinfoelie en bêre in 'n lugdigte houer. Lewer 'n groot koek.




Santie Brunsdon
MIKROGOLF VRUGTEKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
BESTANDELE:
500gram Droëvrugte mengsel
1 plak Dadels
250gram kersies
500ml pitlose rosyne
250ml sagte bruin suiker
250ml water
125g margarien of botter
5ml koeksoda
100gram neute gekap
500ml koekmeel
3ml van elk - bakpoeier, gemengde speserye, gemmer en sout
2 eiers
25ml brandewyn
METODE:
Sit vrugte, kersies, dadels, rosyne, suiker, botter en water in groot bak en mikrogolf op 100% krag vir 5 minute. Die bak moet bedek wees terwyl jy dit mikrogolf. Roer koeksoda en neute by vrugtemengsel en laat staan eenkant. Sif saam meel, bakpoeier, speserye, gemmer en sout en roer die meelmengsel by die vrugte mengsel. Klits eiers en brandewyn saam en voeg nou by bakmengsel. Vat 'n diep bak en voer die bodem uit met 'n paar lae kombuispapier. Skep beslag nou in bak bo op die kombuispapier en maak 'n holte in die middel. Bak nou 15 minute teen 100% krag op 'n omgekeerde piering. (jy sit die piering in jou mikrogolf onderstebo en sit jou bak bo op die piering). Laat afkoel tot lou en gooi so koppie brandewyn oor die koek en maak die koek toe met foelie sodra hy koud is om ryp te word. Na so 3 weke draai jy die koek om en gooi weer brandewyn en maak weer toe en herhaal die proses nog een keer. die proses is om die koek lekker klam te maak en net nog meer smaak te gee. Die koek is klam en as jy dink jy wil nie nog brandewyn opgooi nie kan jy dit los. Die koek kan lank gebere word en dan kan jy hom net versier na jou keuse.
Lekker bak en eet ek belowe die resep is 'n treffer en glad nie so duur soos meeste vrugte koeke nie.



Santie Carelse
MIKROGOLF KOEKIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
Ek het hierdie oulike reseppie by my vriendin Daryll Geddes gekry!! Dis n resep vir slegs een koekie en word in die mikrogolfoond gaar gemaak!!!
1 Microwaved Chocolate Chip Cookie
1 tbsp melted butter
1 tbsp white sugar
1 tbsp brown sugar
3 drops vanilla
Pinch of salt
1 egg yolk
1/4 cup flour
2 tbsp chocolate chips
Microwave 40-60 seconds in a cup or bowl. (single serving)



Chantelle Myburgh Geldenhuys
Huisgenoot se Mikrogolf Wenners s'n is baie lekker:
Vlakoek

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
125 ml water
45g margarien
2 eiers
200 ml witsuiker
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
knypie sout
5 ml vanieljegeursel
Vulsel:
250 ml melk
20 g vlapoeier
knypie sout
62.5 g margarien
125 ml strooisuiker
2.5 ml vanieljegeursel
Bespuit 22-cm koekbak.
Bedek die boom van die bak met ‘n sirkel papierhanddoek.
Mikrogolf die water en botter 1 min oop by 100 % krag.
Klits die eiers en suiker baie goed saam tot lig en sponsagtig dik. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en vou dit by die eiermengsel in. Voeg die watermengsel en vanielje by en meng liggies tot ‘n dun beslag.
Giet die beslag in die koekbak. Mikrogolf ongeveer 5 min oop by 100 % tot gaar. Laat koek in die pan afkoel.
Keer koeklaag uit, verwyder papierhanddoek.
Halveer met ‘n garedraad.
Mikrogolf 150 ml van die melk ongeveer 3 ½ min oop tot kookpunt.
Maak die vlapoeier met die oorblywende melk aan en voeg die sout by. Klop dit by die kookmelk. Mikrogolf dit ‘n verdere 5 min by 100 % krag tot dik en gaar en klop dit elke minuut goed.
Plaas die vla in ‘n bak koue water om af te koel en roer dit gereeld om te voorkom dat ‘n vel bo-op vorm.
Verroom die botter of margarien en strooisuiker. Voeg vanielje by en meng. Klop die koue vla geleidelik daarby in. Smeer dik tussen die koeklae en ook bo-op en aan die kant.
Bewaar die koek in die koelkas.



Berie Smith
MIKROGOLF VRUGTEKOEK:
 [RYK DONKER KOEK]


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
160g Margarine
250g Vrugtekoek mengsel
250ml Suiker, bruinsuiker
300ml Water [jy kan hier 15ml kitskoffie of sterk rooibostee gebruik, maar dan moet jy die souspoeier weglaat]
5ml Koeksoda
5ml Gemengde speserye
5ml Fyn gemmer
5ml Vanilla essence
5ml Souspoeier [gravy powder]
125ml Brandewyn
2 Eiers
500ml Meel [ kan jy helfte/helfte gaan met nutty wheat]
10ml Bakpoeier
2ml Sout
250g Kersies, gehalveer [rooi en groen gemeng]
100g Neute, gekap
Meng die eerste 8 bestanddele in ‘n mengbak.
Mikrogolf op 100% krag vir 6 minute.
Laat staan eenkant om af te koel.
Voeg dan die souspoeie, brandewyn en eiers by.
Sit die droë bestanddele by.
Voeg die kersies en neute by.
Meng goed deur.
Smeer jou JEL RING soos volg:
Klein bietjie water en kookolie in bak, sit deksel op en skud goed.
Gooi oortollige vloeistof uit.
Giet nou nou koekmengsel in jou JEL RING en maak glad.
Bak in mikrogolf op 70% krag vir 18 minute.
Toets met toetspennetjie of deeg gaar is, so nie sit terug vir nog
5 minute.
Laat koek afkoel.
Bêre deur dit in foelie toe te draai en gooi 250ml brandewyn oor elke
week, as jy lank voor die tyd gebak het, so nie elke 2de dag tot Kersfees.
NB
Ek hou daarvan om nog ekstra neute by te sit en ook nog verglansde
vrugte soos, gemmer, groenvye,waatlemoen ens. te kap en by te voeg.
Hou ook daarvan om dadels fyn te kap en by te voeg. Dit geen net daai
ekstra lekkerte en vrugte smaak.
Dit moet dan saam met die eerste 8 bestanddele bygevoeg word.

Berie Smith
MICROWAVE CHRISTMAS FRUIT CAKE:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
[READY IN 18 MINUTES]
160g margarine
250ml sugar
300ml water
5ml bicarbonate of soda
5ml mixed spice
5ml ginger
5ml vanilla essence
500g fruit cake mix [ek gebruik fruit en veggie sin]
5ml gravy browning [bisto]
15ml brandy
2 eggs
500ml flour
10ml baking powder
2ml salt

250g cherries, halved [of gaan halfies met rooi en groen]
100g nuts, chopped
Mixed first 8 ingredients together in a bowl.
Microwave on 100% power for 6 minutes.
Allow mixture to cool, add gravy powder, brandy and eggs.
Sift dry ingredients and add with the cherries and nuts into wet mixture.
Mix well.
Bake in a ring pan for 18 minutes on 70% power. [ek gebruik my Tupper JelRing]
Let cool and store in container.
Season with brandy before eating.




Ria N. Pieterse
Maklik en Vinnige Sjokoladekoek

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
(mikrogolf)
Sonder versiersel, kan selfs mense op dieeet 'n stukkie daarvan eet! Skakel ketel aan vir kookwater!
Spuit mikrogolf ring pan orals binne met spray en Cook. Sit omgekeerde Piering in mikrogolf.


Meng 75ml kakao en 1tl vanilla met 1 kop kookwater- laat afkoel...


Sif saam: 1kop koekmeel, 10 ml bakpoeier, sout, 1 kop witsuiker..


Klits 2 eiers met spaan en meng met meelmengsel, voeg afgekoelde kakaomengsel by en roer net tot gemeng.


Gooi in ringpan! Plaas op piering in mikrogolfoond! Bak 7min op 70% krag/medium. Laat staan 5min in oond. Keer uit in 'n koekbord en versier wanneer afgekoel.


Versiering: Enige geur kitspoeding wat jy met melk meng! Ek het Sondae as kuiermense laat weet hul is oppad begin aanmaak en as hul instap is koek kant en klaar en kan die koffie geskink word!


Louise Groenewald
Dankie vir die resep Ivan Janse van Rensburg, dat jy dit met ons gedeel het! Hy sê dis vrek lekker, ons sal bietjie moet toets die naweek!


Chocolatekoek poeding

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
 
..met Eno's
1 koppie meel
2 Teelepels bakpoeier
1 koppie suiker
3 Eetlepels kakao
Knippie sout
Meng deeglik saam.
2 Eiers
1 Teelepel Vanilla essence
1 koppie warm water
Meng saam en meng dan met die meel mengsel.
Voeg laastens 1 pakkie (koevertjie) Eno's by - ek is nie seker hoeveel gram dit is nie, sal kyk as ek weer by die winkel kom.
Bak 7 minute in mikrogolfoond op high.
Sous:
1 blik kondensmelk
2 Teelepels kakao
Meng en kook sous bestanddele 2 minute in mikrogolfoond, gooi oor poeding as dit klaar gebak het.


Veronica Roux
Wortelkoek

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
 
(mikrogolf)
Klits:
2 eiers
170ml olie
200ml bruinsuiker
125ml appel of pynappel, gerasper
250ml gerasperde wortel
Voeg by
300ml koekmeel
5ml bakpoeier
5ml kaneel
250ml okkerneute, gekap
5ml vanilla
2ml sout
5ml koeksoda met bietjie melk gemeng
Meng alles goed. Gooi in Jel Ring, bespuit met Spray&Cook. Bak 12min op MH(70%).
Versiersuiker
160ml maaskaas
60ml margarine
500ml versiersuiker
5ml vanilla
Klits goed.


Adel Venter
Mikrogolf sjokolade koek vir roomysbak

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
1 kop suiker
1 kop koekmeel
3 el kakao
3 tl bakpoeier
½ kop olie
2 eiers
1 tl vanilla geursel
1 kop gekookte water
Meng als saam met lepel.
Gooi in gesmeerde roomysbak.
Mikrogolf vir 7 minute op vol krag en dan los jy die mikrogolf se deur toe vir 5 minute.
Verwyder koek van mikrogolf en keer koek uit bak




Helena Kruger
Vrugtekoek Mikrogolf

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
500g Safari vrugtekoekmengsel
250g Dadels, gesny
200g Glanskersies
125g Margarien
250ml Bruinsuiker
250ml Water, koue tee (rooibos) of koffie (swart).
Kook hierdie mengsel saam vir 5-minute op hoog.
Voeg 5ml koeksoda by en roer goed, mengsel sal skuim.
Voeg 100g neute by, verkieslik pekanneute.
500ml Koekmeelblom
2ml sout
3ml Bakpoeier
2ml gemmer
2ml Piment of wonderpeper (Allspice, of Mix spice).
Sif boonste saam en voeg by vrugtemengsel.
2 Eiers, geklits
25ml brandewyn
12,5ml Robertson’s Sjokolade kleursel (opsionele).
Klits saam en meng in koekmengsel in.
Voer bak met papierhanddoek
Bak 15-minute op hoog. 28/8/10 Helena!!!

Helena Kruger
Sjokolade koek met mayonaise

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
in Mic!!
240g (500ml) Koekmeelblom
75g (180ml) Kakao
10ml Bakpoeier
15ml Koeksoda
3 Ekstra groot eiers
320g (400ml) Suiker
5ml Vanilla geursel
250ml Mayonnaise
330 Water
Voorverhit oond tot 180°C
Spuit 2x 24cm ronde koekpanne met Spray & Cook en voer uit met waspapier.
Sif koekmeelblom, kakao, bakpoeier en koeksoda saam in n bak. Sif weer en hou eenkant.
Klop eiers, suiker en vanilla geursel tot lig en donsig. Verminder spoed en voeg mayonnaise by.
Voeg meel mengsel in 4 dele alternatief met water by, begin en eindig met meel.
Gooi mengel in koekpanne en bak vir 30-35 minute (toets deur toetspen in koek te druk moet skoon uitkom). Laat vir 10-15 minute in panne afkoel voordar dit op n draadrak uitgekeer word. 4/9/10*
Helena Kruger
8 MIN SJOKOLADEKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
250ml koekmeel
45ml kakao
250ml kookwater
2 eiers
12ml bakpoeier
250ml suiker
50ml kookolie
2ml sout
5ml vanilla
Sif droë bestandele.
Voeg suiker by.
Meng eiers, kookwater, kookolie en saam.
Voeg vanilla by.
Meng met meelmengsel.
Gooi in gesmeerde mikrogolfoond-pan.[ of ring-pan]
Bak 8 min by 100% krag.
SOUS:
190ml suiker
45ml kakao
375ml water
5ml vanilla
Voeg alles bymekaar en kook.
Wanneer koek uit mikrogolfoond kom, gooi oor.
Wag tot afgekoel en smeer geklopte room oor Kosmater*
Charlotte Verwey da Silva
Royal Icing

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
(vir prentjies op kleinkoekies)
2 Groot eierwitte
4 koppies Versiersuiker
5 ml Vanilla
Klits die eierwitte tot styf maar nie droog. Voeg versiersuiker en vanilla by en klits tot stywe punte vorm. Skep van die versiersuiker uit in n bakkie en verdun letterlik DRUPPEL gewys met water tot n dunner versiersuiker wat jy kan spuit maar wat steeds vorm behou. Jy kan dit nou ook kleur. Skep in spuitsak en spuit op koekies.
Wenk: spuit eers n buiterandjie om elke koekie met 'n dun versierbuis, laat droogword en vul dan die binnekante in. Wanneer heeltemal droog, kan jy van die onverdunde royal icing gebruik dit 'n ander kleur maak of wit los, 'n stencil op jou koekie plaas en die versiersuiket oor die stencil 'smeer' en gelykskraap. Die prentjie sal dan op die koekie agterbly as jy die stencil oplig.
Onthou dat die resep rou eierwit bevat. As jy versigtig is daarvoor kan jy by 'n bakkerswinkel soos Bakers Bin, Baking Tin ens. Meringuepoeier koop en die vervaardiger se instruksies volg vir Royal Icing. Dit werk BAIE maklik, jy kan eintlik nie verkeerd gaan daarmee nie. Die gekoopte produk sê egter nie altyd jy kan vanilla ingooi nie, maar jy kan. Ek gooi altyd vanilla in, smaak net lekkerder!mtrent 2,5 liter bak) en mikrogolf onbedek op hoog vir 5 minute. Voeg bakpoeier en sout by en meng deeglik. Roer margarien by kookwater tot gesmelt. Voeg kookwater met gesmelte margarien by mieliemeel en roer deeglik totdat daar geen droë meel meer oorbly nie. Mikrogolf met deksel op, op hoog vir 8 minute. Haal uit en roer deeglik. Plaas terug in mikrogolf met deksel op en mikrogolf vir 'n verdere 8 minute op hoog


Lekker Wortel &Piesang Mikrogolf Koek

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
DIE WERF
Sif saam:
350 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
5 ml kaneel
3 ml sout
Voeg by:
250 ml bruin suiker
250 ml gekapte okkerneute of pekanneute
125 ml piesang –fyn gedruk
250 ml gerasperde wortel
150 ml olie
25 ml water
2 groot eiers
5 ml vanieljegeursel
Meng als saam
Gooi in uitgevoerde plastiekbak/mikrogolfbak
Sit in mikrogolfoond vir 11 –14 minute op medium
Laat afkoel
Versier met roomkaas &versiersuiker:
37,5 ml margarien
250 ml versiersuiker
50 ml roomkaas
5 ml vanieljegeursel
Meng saam en versier koek




Maré Nieuwoudt
SJOKOLADE- KRISPIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
175 G BOTTER
175 G (1 ¾ PLAK) SJOKOLADE
180 ML ( ¾K) GOUESTROOP
175 G RICE KRISPIES
METODE;
Smelt die botter, gouestroop en sjokolade in die mikrogolfoond by mediumkrag (75%) tot glad. Roer gereeld. Giet sjokoladesous oor die rice krispies in n groot mengbak en meng goed. Skep lepelsvol van die mengsel in papierhouetjies en laat staan 8 uur lank om goed stewig te raak. Maak sowat 25.
Huisgenoot wenresepte 27 Desember 2001


MIKROGOLF  PYNAPPEL KERSKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
Bestandele
500g droëvrugte-koekmengsel
200g (1 pak) glanskersies, gesny as jy wil
440g (1 blik) fyn pynappel
250ml (1 koppie) sagte bruinsuiker
125g margarien, in stukke gesny
5ml (1 teelepel) elk gemengde speserye, fyn gemmer, kaneel en koeksoda
25ml brandewyn
250ml (1 koppie) koekmeelblom, ongesif, afgemeet
250ml (1 koppie) bruismeel
1ml sout
2 ekstragroot eiers, geklits
So maak mens...
1. Sit die vrugtekoekmengsel, glanskersies, pynappel, bruinsuiker, margarien, gemengde speserye, gemmer, kaneel en koeksoda in 'n mikrogolfbak en meng goed
2. Bedek met kleefplastiek en mikrogolf vir 5 minute by 100% krag. Verwyder kleefplastiek en roer goed. Laat afkoel. Voeg brandewyn by en meng goed
3. Meng koekmeel, bruismeel en sout, sif oor die vrugtemengsel en meng goed
4. Voeg eiers by en meng goed
5. Voer 'n 18 of 20cm mikrogolfbak en deursnee en 11cm diep (Dawn gebruik sommer 'n 2 liter plastiek roomysbak) met papierhandoek uit.
6. Skep beslag versigtig daarin, maak dit in die middel effens hol en sit sit die bak op 'n omgekeerde piering in die mikrogolf
7. Mikrogolf vir 20-25 minute sonder bedekking by 70% krag
8. Laat in bak afkoel tot lou voordat dit uitgekeer en papier verwyder word.
9. Sodra dit heeltemal koud is, sprinkel ekstra brandewyn oor, draai in foelie toe en laat in 'n koel plek "ryp" word  *wegsleep – vrouekeur


VEELSYDIGE MIKROGOLFKOEK


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
KOEK

2 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) suiker
15 ml (1 e) mayonnaise
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
knippie sout
5 ml (1 t) vanieljegeursel
250 ml (1 k) kookwater
1 blikkie (115 g) grenadellamoes

VERSIERSEL
100 g (1 plak) wit sjokolade, in blokkies gebreek
25 ml (5 t) grenadellamoes
Voer die boom van ’n mikrogolfringpan uit met kombuispapier

KOEK
Klits die eiers, suiker en mayonnaise goed saam. Sif die droë bestanddele saam en roer dit en die vanieljegeursel by die eiermengsel in. Voeg die kookwater en grenadellamoes by en meng goed. Giet die mengsel in die voorbereide pan en mikrogolf 6-7 minute by hoog of tot die koek net-net begin wegtrek van die kante en terugwip as jy liggies met jou vinger daarop druk. Laat die koek in die pan afkoel en keer uit op ’n koekbord.

VERSIERSEL
Smelt die sjokolade in die mikrogolfoond en roer die grenadellamoes by. Skep oor die koek. Of net sjokolade.

Sonde in 'n Beker

60ml bruismeel
60ml suiker
30ml kakao
knippie sout
1 eier
45ml melk
45ml olie

Smeer of spuit 'n groot koffie beker (400ml of twee kleiner bekers) goed.
Gooi meel, suiker, kakao en sout daarin.
Meng goed met vurk.
Voeg eier by en meng goed.
Voeg melk en olie by en meng goed.
Sit beker in mikrogolf op 100% krag vir 3 min (of as in die kleiner bekers, een beker op 'n slag vir so 1min 15sek).

Die koek rys redelik hoog - dis reg so.
Laat staan vir 'n paar min voordat jy dit uitkeer op 'n bord.

Bedien met room of roomys
Maria Liebenberg*

2-minute Microwave Chocolate Cake

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeke-koekies-in-mikrogolf.html
Ingredients:
3 tablespoons unbleached, all-purpose flour
2 ½ tablespoons white sugar
2 tablespoons unsweetened cocoa powder
¼ teaspoon baking soda
¼ teaspoon table salt
3 tablespoons vegetable or Canola oil (substitutes: 3 tablespoons melted butter)
3 tablespoons milk
½ teaspoon vanilla extract
Optional: 1 tablespoon chocolate chips

Directions:
In a medium-sized, microwave-safe mug, add flour, sugar, cocoa powder, baking soda, and salt, and mix with a fork until combined. Add oil, milk, and vanilla extract and mix with a fork until no lumps remain in batter. Sprinkle top of batter with chocolate chips. Microwave on high for 2 minutes (or up to 2 ½ minutes depending on strength of your microwave). Serve immediately.

Maria Liebenberg *

MICROWAVE COCOA CUPCAKES (600 WATTS)   

1/2 c. sugar
1 tsp. vanilla
3 tbsp. cocoa powder
2 egg whites
1/3 c. water
3/4 c. flour
1/2 tsp. soda
1/4 tsp. cinnamon
Powdered sugar
Blend together oil, sugar, and vanilla. Stir in cocoa. Gradually mix in water. Add flour, soda and cinnamon, beat until smooth. Beat egg whites until soft peaks form. Fold into chocolate mixture.
Spoon batter in 12 paper-lined microwave-safe muffin cups, filling cups 2/3 full. Microwave on high 6 cups at a time, uncovered 1 1/2 to 2 minutes or until no longer doughy. Rotate cups once. Repeat with remaining cupcakes. Cool. Sprinkle with powdered sugar.


TIP: For those not watching calories, frost cupcakes with favorite frosting. Cupcakes freeze well. Thaw 1 cupcake by microwaving 15-20 seconds.Cooks.com **

No comments:

Post a Comment