Tuesday 19 February 2013

SAMOESAS / FILLING









Moosa se samoesas

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/samoesas-filling.html

Dirk en Reinet Nagtegaal
Die samoesa se kors kan van filodeeg of pasteideeg gemaak word. Dit word driehoekig om die vulsel gevou en in vlak olie gebraai of in die oond gebak.
Verskillende vulsels kan gebruik word; ek gee net die mees algemene hieronder.

Groentevulsel


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/samoesas-filling.html
(genoeg vir ongeveer 15 samoesas)
2 e kookolie
4 sprietuie, fyn gekap
60 g gemengde spriete (boontjie, uie, beet of ander)
2 stingels seldery met blare, in fyn repies gesny
4 medium wortels, in fyn repies gesny
½ klein koolkop, in fyn repies gesny
½ t komyn
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Maak die olie warm in ’n pan. Gooi al die groente by en soteer 5 minute.
Geur met sout en peper.

Kerrievulsel


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/samoesas-filling.html
(genoeg vir ongeveer 30 samoesas)
2 t kerriepoeier
2 t garam masala
1 t borrie
1 t komyn
½ t koljander
1 t gemaalde, droë rissie
¾ t kaneel
2 e kookolie
1 ui, fyn gekap
1 e fyn gekapte vars gemmer
3 e fyn gekapte vars seldery
2 e fyn gekapte vars wortel
2 lourierblare
1 knoffelhuise, fyn gekap
750 g maalvleis
1 groen soetrissie, fyn gekap
1/3 k fyn gekapte droë appelkose
2 t asyn
sout na smaak
Meng die kerrie, masala, borrie, komyn, koljander, rissies en kaneel goed saam. Maak die olie in ’n pan warm en gooi speserymengsel by.
Roer vinnig vir 30 sekondes. Gooi ui by en soteer paar minute. Gooi res van bestanddele by. Braai vir 3-5 minute.
Geur met sout.
Die vulsel is effens droog en krummelrig sodat die kors nie nat en pap word nie. Verminder die hitte en prut vir 15 minute.








SAMOOSA MET FILLODEEG


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/samoesas-filling.html
Elmarie Roux
Ek het daardie filodeeg velle gebruik, twee velle opmekaar gesit botter gesmeer in repe gesny so groot jy jou samoosas wil hê. Dan sit jy die vulsel op die punt en vou hom soos samoosa. (soos jy 'n plastieke sak sal vou as jy hom wil bêre) en smeer hom buite ook met bietjie gesmelte botter sit hom op 'n bakplaat en bak teen 180 grade en hou hom dop tot bruin!! Ek is mal oor samoosas! Pasop net vir te veel botter. Ek het te veel op gesmeer en hulle is bietjie vetterig maar nogsteeds lekker! Sterkte!


TIP
Marieta van Bladeren
Jamie Oliver sit sommer olyfolie op filo. Dink dit sal ook werk. Is maklik - gooi sommer oor en vee met hand


Filodeeg vir Vlak Gebraaide Samoesas

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/samoesas-filling.html
Onthou: Filodeeg droog maklik uit.
Bedek dit dus te alle tye met ’n klam vadoek; ook die samoesas wat wag om gebak te word.
Die deeg word op ’n spesifieke manier om die vulsel gevou. Gebruik slegs twee lae filodeeg op ’n slag.
Sny die filodeegvelle in 5 of 6 eweredige repe van ongeveer 5 cm tot 7 cm wyd.
Kwas die eerste vel liggies met gesmelte botter. Sit die tweede vel daarop en kwas weer liggies met botter.
Skep ongeveer 1 e vulsel uit op onderste regterhoek. Vou dan die regter- onderste kant se punt oor die vulsel om ’n driehoek te vorm. Druk die vulsel effens vas. Vou nou die onderste skerppunt van die driehoek van links na regs oor om weer ’n driehoek te vorm. Dan weer van regs na links. Hou so aan totdat net ’n punt van die deeg oorbly.
Kwas dit liggies met water en vou dit in. Wees versigtig met die invou, aangesien die filodeeg maklik skeur.
Vlakbraai (in sarsies) vir 3 tot 5 minute in warm olie tot goudbruin. Draai gereeld om. Haal uit en dreineer op papierhanddoek.

Selfgemaakte deeg vir gebakte samoesas

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/samoesas-filling.html
(maak 3 – 4 samoesas)
½ k koekmeel
½ k bruismeel
¼ k karringmelk
¼ k groente-olie
¼ t sout
Meng al die bestanddele saam totdat dit ’n deeg vorm en knie 5 minute.
Laat rus 15 minute.
Maak 3 of 4 balletjies ongeveer so groot soos ’n gholfbal. Sit op meelbestrooide oppervlak. Druk die deeg plat en rol dan met roller tot baie dun en ongeveer 5 cm wyd en 25 cm tot 30 cm lank. Sny die kante reguit. Sit die vulsel op ’n hoek en vou in driehoekies toe soos hiernaas met die filodeeg.
Bak 15 tot 20 minute in voorverhitte oond teen 200°C in ’n gesmeerde oondpan.*Rapport*6/4/13

Washielah Adams
SAMOOSAS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/samoesas-filling.html
kyk die blare is mos verkrygbaar by shoprite, checkers en meeste winkels. So jy koop n pak en volg die instruksies
daar op vir die vou proses, Die vulsels is oneindigend. Maak n lekker droë mince kerrie met nie klomp sous hê ni
en vul jou samoosa daarmee. Of wat van kaas in blokkies gesny garlick in slivers en groen rissie in slivers.
Jy vou jou samoosa sodat jy n 3hoek het dan in die opening sit jy eers die kaas dan die chilli en garlic
vou diet heeltemal toe lekker styf daar moet niks lekplekke openinge wees nie.
Jy kan dit nou of vries of afbak in oli of op n bakplaat pak en in die oond bak by 190'c tot goudbruin aan albei
kante. Jy kan aartapels opkook in blokkies sny meng met dhanjah sade, mosterd sade en sout en peper en vul jou
samoosa daarmee. Vir n durban bom vat jy daai klein ronde chillies sny jou blaar in die lengte deur sodat jy
2 velle het en vou soos normaal met slegs die chillie daar in.
Speel rond met vulsels n samoosa hoef nie net kerrie in te hê nie en dit hoef nie net gedeep fry word nie
bak dit in die oond geen olie word gebruik nie


Washielah Adams
SAMOOSA VULSEL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/samoesas-filling.html
500g mince
2uie mooi fyn opgesny en laat dit eers uitsweet voor jul oli byvoeg en dt bruin braai.
Dan kom die speserye 5ml van die vlgende elk. Koljander fyn, barishap, kerrie, tumeric.
Roer daai pot en sit mince by met so 20ml water.
Chop so n bos dhanjah/solentro op voeg by.
Laat dit stadig prut tot gaar en meeste water verdamp het.
Vul jou samoosa. Kan ook chicken of ostrich mince gebruik.



Carol Elliott Claassen
SAMOOSAS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/samoesas-filling.html
3 koppies meel,
1 teelepel sout
4 eetlepels gesmelte botter,
3/4 koppie koue water, meer as dit nodig is
Voeg gesmelte botter en sout meel, meng goed.
Stadig gooi in die helfte van die water en meng met jou hande.
Hou die res van die water, of om meer by te voeg, totdat 'n sagte, gladde deeg vorm.
Knie die deeg vir 10 minute, of in 'n menger vir 5 minute.
Laat staan in 'n liggies geoliede bak, bedek, totdat gereed vir gebruik. . breek golf bal grootte rondes van die deeg,
rol in 'n 6 "sirkel in die helfte gesny, die lengte met jou vinger liggies vee die reguit rand van die half-sirkel met water en vou oor, druk plat kante saam versigtig lig., hou in die een hand en vul met ander, . Gebruik water om kante versigtig te seël .



VULSELS VIR SAMOESA DEEG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/samoesas-filling.html
Moira Kemp

Ek is seker die blog kan jou baie idees gee ~ ek het al heel pitmielies(gevries), gebraaide uie, gebraaide bacon en gepasperde cheddar kaas, gemeng met lekker grofgemaalde swart peper en bietjie fyngesnyde vars koljander blare in die degie gesit, baie lekker.


Hardie van der Westhuizen

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/samoesas-filling.htmlKook aartappels en druk fyn soos vir kapokaartappels, en voeg dan gekapte gebraaide uie, gekrummelde feta en gekapte bacon. Spinasie daarmee saam werk ook lekker. (die aartappel bind net die los goed saam)



SAMOOSAS IN DIE OOND
.


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/samoesas-filling.html
ONION FILLING
:
Oil
3 cups chopped onions(2 large onions)

2 tsp cumin seeds
1 tbsp coriander powder
1/4 tsp turmeric powder
1 -2 tsp chilli powder
2 tsp Kasuri Methi( fenugreek)
1/4 cup chopped coriander leaves
2 tsp lime juice
Salt
Heat oil. Add cumin seeds and turmeric powder and sauté for 30 sec
Add onions and salt and cook about 5-6 min then add red chilli powder, lime juice and coriander powder
Cook until onions are tender and there is no moisture in pan
Finish with crushed fenugreek and chopped coriander leaves
Let cool to room temperature before using
Bron & Foto : Marieta Van Bladeren 

WENK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/samoesas-filling.html
Ek het die filodeeg in 8cm stroke gesny en 

2 lae filo opmekaar gesit met olyfolie tussenin.
Ek drup dit sommer uit my bottel op die deeg en vee met die hand. Baie makliker as om botter te smelt en te kwas
Marieta Van Bladeren 25/4/13



RESEP VIR SAMOOSAS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/samoesas-filling.html

500 g maalvleis
1 ui baie fyn gekap
1 aartappel fyn gekap
1/4 k gemengde groente
Kerrie na smaak ( sterk so 3 eetl) en enige ander Indian spices bv breyanni mix so 1/2 tl en kerrieblare en lourierblare so 2 fyngedruk
sout en peper na smaak
1 eetl tumeric (borrie)
1 eetl suiker
1 tamatie fyn gekap of 2eetl tamatiesous
1 tl knoffel
Braai als tot droog en al die groente baie sag...laat afkoel..maak paste van bietjie maizina of koekmeel en water..smeer aan punte om samoosa te seel..sit nat lap bo op velle sodat dit nie hard word en breek as dit gevou word..bak in olie tot bruin...Vries goed gebak en ongebak**
Hester Veldman Waldron*

No comments:

Post a Comment