Monday 18 March 2013

BIERBOKS KOEK


Dalene Brits
 BIERBOKS KOEK 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/03/bierboks-koek.html

500 ml water
150ml olie
200ml kakao
10ml vanilla essence
Bring tot kookpunt en laat prut
8 eiers
750ml suiker
Klop tot lig en donsig
875ml meel
17.5ml bakpoeier
Voeg die mengsel by die eier mengsel en voeg dan die vloeistof mengsel by.
Gooi in ‘n voorafgesmeerde bierboks wat jy met foelie uigele het, hou die blink
kant bo!Jy kan die buitekant van die boks ook oortrek om te voorkom dat jou boks brand.
Bak teen 180 Grade vir 30-35 minute.


Versiersuiker
100ml Botter of margarine
500ml versier suiker
150ml kakao
60ml yogurt


Smelt margarine en versiersuiker, voeg dan die res by.Van een van ons Kosmaters, Jy kan hom in n vierkantige pan ook bak . Maart 2010  









Oond pan Tjoklit koek!

Spuit jou oondpan goed en sit eenkant…
Hier kom die bestandele en hoe julle moet maak.
750ml (3 koppies) koekmeel
20ml (4 teelepels) bakpoeier
500ml (2 koppies) suiker
5ml (1 teelepel) koeksoda
80ml (1/3 koppie) kakao
knippie sout.
Meng die lot hier bo alles in een bak.
Vat nou ‘n ander bak/ of beker… en meng die volgende daarin.
500ml (2 koppies) kookwater
250ml (1 koppie) kookolie
10ml (2 teelepels) vanilla geursel
50ml (1/5 koppie) wit asyn

Dan maak jy so.
Gooi nou die vloeistof mengsel by die droë bestanddele en meng alles goed saam sommer met ‘n vurk. Krap maar die kante af om seker te maak als is goed gemeng.
Gooi dit in jou oondbak en plaas dit op die middelste rak van jou oond en bak dit vir 20minute.. of toets maar met ‘n sosatie stokkie tot dit skoon uitkom.

Terwyl jy nou wag, meng jy gou die versiering wat bo oor gegooi word terwyl dit warm is… en jy maak so
125g goeie margarine of botter
375ml (1 ½ koppies) versiersuiker
15-30ml (1-2 eetlepels) kakao … sif maar die twee goedjies saam want dan verhoed jy klontjies.
1 teelepeltjie vanilla geursel.
Klop daai botter/margarine tot dit romerig is.. en voeg dan die versiersuiker stadig bietjies vir bietjies by terwyl jy aanhou klits.. Voeg jou vanilla geursel by.
Sodra jou koek gaar is en uit die oond kom, smeer jy hierdie versiersuikermengsel bo oor… en los hom dat hy afkoel (as jy die wilskrag het). Eet en geniet hom want glo my.. ek het lanklaas so ‘n lekker tjoklit koek ge-eet. En vir hierdie resep sê ek baie dankie aan Maria, my buurvrou van 30 jaar…
O net nog iets.. jy bedien hom sommer so uit daai oondbak uit hoor.
O en NEEEEE daar kom GEEN eiers in nie! .
Geplaas: Ria Posthumus *.
Bierboks resep:

Voeg by mekaar:
2 kop kookwater
160 ml kookolie
10 ml vanilla
Klits saam tot Donsig:
8 eiers
3 k strooisuiker
Sif Saam:
4 kop koekmeel
30 ml bakpoeier
30 ml maizena
Knippie sout
(45 ml kakao vir sjokolade koek)

Voeg die droë en nat bestanddele om die beurt by die eier en suiker. Meng net tot als gemeng is! As jy te lank meng maak dit gate in die koek.Bak vir 45-60 min @ 180grade

Wenke:
Spuit die pan met Spray en Cook aan albei kante!
Jy kan die deeg opdeel en dan elkeen verskillend kleur vir ‘n kleurvolle effek.



Debbie Niemann
BOKSKOEK


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/03/bierboks-koek.html
Sjokolade Koffie Koek.

5 eiers
1 en half koppie suiker
1 telepel vanilla
Half telepel sout
1 kop olie
3 eetlepels kakao
1 kop water
2 koppies koekmeel
3 teelepels bakpoeier. 

Metode
Klits eier witte styf hou eenkant.
Klits eiergele, suiker, vanilla en sout saam.
Voeg water, olie en kakao by en meng goed.
Voeg meel en bakpoeier by en meng.
Voeg laaste die eierwitte in meng goed deur.
Bak vir 25 min in gesmeerde oondpan teen 180 grade.
Of tot toetspen skoon uit kom.
Sous.
Meng 1 en halfkoppies water 
1 en half kop suiker 
1 teelepel vanilla en 
3 eetlepels kitskoffie saam en kook vir vyf min.
Gooi warm sous oor warm koek.
Versier soos gewoon

1 comment: