Saturday 9 March 2013

BREDIES ALLE SOORTE

                                                        >Foto<Helena Kruger




 Groenboontjiebredie:
500-750g skaapnek in skywe gesny,
15ml koekmeel,
15ml olie,
2 uie fyn gekap,
200-250ml vleisaftreksel,
sout en peper,
1kg groenbone gehalfeer,
250g aartappels geskil en in kwarte gesny
en 15ml suurlemoensap.
 Speserye na smaak. Rol vleis in meel en braai bietjies gewys in verhitte olie tot goudbruin. Soteer uie in dieselfde kastrol tot sag (ek voeg 1gekneusde knoffelhuisie by). Skep vleis terug in kastrol en giet warm aftreksel bo-oor. Geur as nodig volgens smaak. Voeg bone, aartappels en suurlemoensap by en meng. Plaas deksel op. Verlaag hitte en prut tot vleis sag is so 1-2ure. Roer deur en dien*
Moira Botha Dyer http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/bredies-alle-soorte.html



Maryna Els Slabbert

Beesvleisbredie
2e 30ml olie
1kg stowebeesvleis
 1groot ui geskil en gesny
1t 5ml knoffel fyn gedruk
 Sout en Peper
 250g knopiesampioene gesny
400ml water
1x41g pakkie Knorr Hearty Beef Stew with Rosemary Cook in Sauce
1kg gemengde groente in growwe stukke gesny
Verhit die olie in pot en braai beesvleis tot bruin Voeg 1 ui en knoffel by Geur met sout en peper na smaak Voeg die knopiesampioene by Memg die water met die inhoud van die pakkie Knorr Hearty Beef Stew with Rosemary Cook In Sauce voeg dit by die pot en laat dit vir n uur prut Maak seker dat daar altyd genoeg water in die pot is sodat die vleis en uie nie aanbrand nie Voeg na n uur die gemengde groentestukke by Moenie roer nie Prut vir ongeveer 30min of tot die groente gaar maar nie te sag is nie *Uit Resepteboek Kook met Josh>   http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/bredies-alle-soorte.html


Moira Botha Dyer
 Beesstertbredie
2kg beesstert in porsies gesny,
paprika,
 meel,
250gr swoerdlose spek opgesny,
 2 groot uie gekap,
 2 knoffelhuisies gekneus,
 60ml tamatiepasta,
10ml roosmaryn,
 500ml droe rooi wyn,
1 x 410g.blik heel tamaties gekap,
 250ml vleisaftreksel,
sout en swartpeper na smaak.
Rol porsies beesstert in mengsel van meel en paprika.
 Braai spek in eie vet. Verwyder uit pot en hou eenkant. Giet olie in pot indien nodig en braai vleis in klompies tot goudbruin. Hou eenkant. Soteer nou uie in dieselfde pot tot sag en voeg knoffel by. Roer tamatiepasta en roosmaryn by en voeg ook die wyn by. Verhit tot kookpunt en skraap boom om deeltjies wat vassit los te maak. Kook tot helfte van vloeistof oor is. Voeg nou tamaties en aftreksel by asook vleis en spek. Verhit tot kookpunt verlaag hitte en plaas deksel op. Prut tot vleis sag is sowat 2 ure. Geur na smaak. Indien verkies kan jy sous verdik met pasta van meel en water. Heerlik saam met kapokaartappels of rys http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/bredies-alle-soorte.html


Carol Elliott Claassen
Eisbein Bredie
2 eisbeins redelik groot
4 uie
4 wortels
4 aartappels
1 klein kopkool
1 rooi soet rissie
500 ml vleis aftreksel
1 blikkies bier/lager
sout en peper
Plaas eisbein in pot ( plat boom potjie pot) Kerf nou al die groente in groot stukke, en pak rondom die vleis.Sny klein kool net in vier stukke.
Voeg bier by asook vleis aftreksel.Geur met sout en peper na smaak.
Plaas in voor verhitte oond van 180grade C vir 3 ure. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/bredies-alle-soorte.html







No comments:

Post a Comment