Monday 25 March 2013

KONDENSMELK TERTE



Ek het gou terwyl ek in kombuis gewees het die MELKTERT gemaak en n Groot Sukses
**Helena Kruger
Marlene Neilson Marina, hier volg 'n absolute flopvrye en heerlike en vinnige melktert resep: (Ek gebruik dit al jare en weet nie waar dit vandaan kom nie.

KONDENSMELK MELKTERT.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kondensmelk-terte.html

1 Liter melk

1 Blikkie kondensmelk
1 Eier
Halwe koppie maizena
Knippie sout
1 Pakkie tennisbeskuitjies
Kaneel
Method:
Smeer ‘n glasbak met margarine en pak net op die bodem die beskuitjies.
Hou bietjie van die melk eenkant.
Kook res van die melk en kondensmelk saam.
Klits eier, maizena en sout in die bietjie melk wat eenkant gehou is.
Wanneer melk/kondensmelk mengsel kook, voeg die eier/maizena mengsel by en wisk aanhoudend om klonte te voorkom.
Wanneer mengsel lekker dik is, gooi oor beskuitjies.
Laat afkoel en strooi kaneel oor.
Plaas in yskas tot geset (oornag)*12/6/13





<Foto>Helena Kruger














Dalene Brits
 KONDENSMELKTERT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kondensmelk-terte.html
1 x 397g blik kondensmelk

3 koppies water
6 eetlepels mielieblom
2 eiers, geel en wit apart
1 teelepel margarien
1 teelepel vanielje geursel
tennisbeskuitjies
Verhit die kondensmelk en water. Meng die mielieblom met ‘n bietjie water en roer dit by die melk. Roer die mengsel tot dit dik word en verwyder van hitte. Voeg die geklitste eiergele by en laat die mengsel weer kook tot dit gaar is. Voeg die botter en geursel by. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n tertbord en gooi die helfte van die vulsel oor, dan nog ‘n laag beskuitjies met die res van die vulsel oor. Rol ‘n paar beskuitjies fyn en strooi bo-oor. Versier met kersies 



CREMORA TERT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kondensmelk-terte.html
Vulsel

1 blik Kondensmelk
250g Cremora
250ml Kookwater
120ml Suurlemoensap
Kors
1 pakkie Tennis beskuitjies
100g Botter
Meng die cremora met kookwater. Laat afkoel. Voeg suurlemoensap geleidelik by & klits tot styf. Voeg kondensmelk by & klits goed.
Meng fyn beskuitjies & botter & druk in tertbak. Gooi vulsel in kors.


SUURLEMOENVLATERT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kondensmelk-terte.html
Dalene Brits Hierdie is vir my 'n wenner, ek maak dit in lae en gebruik die aanwysings op die vla houer vir stywe vla:
1 pk Tennisbeskuitjies
115 g Margarien
Krummel beskuitjies en meng met margarine.
1 blik Kondensmelk
1 k Suurlemoensap (Vars uitgedruk is die lekkerste)
1,5lt Vla (Lekker soet)

Meng kondensmelk en suurlemoensap baie goed.
Pak in lagies en begin by beskuitjies, vla, kondensmelk.
Herhaal lagies.
Versier met gekrummelde Tennisbeskuitjies



Moira Botha Dyer
Suurlemoen Skuimtert
:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kondensmelk-terte.html
Dop;
1x200g teebeskuitjies;
125ml gesmelte marg.
 Vulsel:
2 eiers geskei;
1 blik kondensmelk;
1 suurlemoensap;
60ml strooisuiker.
 Verkrummel beskuitjies,meng met gesmelte marg. Druk in tertpan, los in yskas vir 30min. Klop eiergele,kondmelk en sap baie goed tot dik. Gooi in dop. Skuimbolaag: klop eierwitte en strooisuiker tot styf, skep bo-op vulsel. Bak by 180g tot goudbruin. Koel af sit in yskas*6/4/13  .

No comments:

Post a Comment