Wednesday 6 March 2013

MEKSIKAANSE / MEXICAN GEREGTE





MAKLIKE MEXIKAANSE KOS
Cathy Joubert
Met gebakte worsies, geblikte bone en rissies kan jy in
'n japtrap 'n vullende ete hê. Bak 'n vinnige pita-broodjie daarby, en ons praat Mexikaans!



DORITOS MET BILTONG EN KAAS
 hier is ook 'n idee. Ons het hom net aangepas vir ons boertjies deurdat hy stukkies biltong ook op het. Doritos (blou pak), stukkies klam beesbilting en gerasperde kaas. Micro vir 20 - 30 sekondes en Bob's u'r uncle!*

Michael Coetzee

WORSIE-EN BONE-GEREG
30 ml olyfolie
125 g ontbytspek, gesnipper
1 chorizoworsie (Italiaans-Portugese worsies)
500 g varkworsies
200 g Country style gegeurde worsies
2 huisies knoffel, gekneus
1 groot ui, in ringe gesny
1 elk groen-, rooi- en geelsoetrissie, ontpit en in repe of blokkies gesny
1 klein brandrissie, pitte verwyder en opgekap
250 ml groente-aftreksel
1 blik (410 g) opgekapte tamaties
60 ml tamatiepasta
1 blik (410 g) gemengde bone, gedreineer
1 blik (410 g) gebakte boontjies in tamatiesous
1 blik (410 g) botterbone, gedreineer
sout en swartpeper na smaak
Metode:
Verhit die helfte van die olie in 'n pan en braai die spek en al die worsies daarin tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant. Indien nodig, voeg die res van die olie by en soteer die knoffel en ui daarin tot sag. Voeg al die rissies by en soteer sowat een minuut. Voeg die aftreksel, tamaties en pasta by. Plaas die worsies en spek terug in die pan. Bedek en laat sowat 15 minute prut. Roer nou en dan goed deur. Voeg die res van die bestanddele by en laat prut weer sowat 6 - 8 minute. Dien op met pita, rolletjies of pasta  Landbou 10/9/10
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html

 

                                                     Foto>Karmaperdiem.com

PITABROOD
Met die nuwe kitsgis, rys só 'n broodjie in 'n japtrap. Bak dit in 'n pan op die stoof of in 'n elektriese pan.
1 pakkie (10 g) kitsgis
1 125 ml koekmeel [ 4 x 250 ml + 125 ml)
10 ml sout
500 ml louwarm water
15 ml heuning
30 ml olyfolie
Metode:
Meng droë bestanddele saam. Los heuning in louwarm water op en voeg by die eerste mengsel. Knie vir sowat tien minute op 'n meelbestrooide oppervlak tot 'n sagte deeg.
Laat rys tot dubbel die volume. Knie af. Verdeel in 12 bolletjies, plaas op voorbereide bakplaat en laat weer rys. Rol elke balletjie uit tot sowat 16 cm in deursnee.
Verhit pan op hoë hitte. Borsel die pan liggies met olyfolie en plaas deegsirkels een op 'n keer daarin. Bak sowat 2 minute aan elke kant of tot bruin en gaar. Herhaal tot al die sirkels gebak is.
Die brood is op sy lekkerste as dit so warm uit die pan geëet word. Lanbou!!10/9/10 HELENA ♥ http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html


VULSEL VIR ʼn TORTILLA


MEXIKAANSE KOS IS 'N MENGSEL VAN INDIAANSE
en Spaanse kos. Hier is ʼn vulsel vir ʼn tortilla, ʼn pannekoek wat
van koring of mieliemeel gemaak is.
Bestanddele:
Gekookte, gegeurde strokies vleis, suurroom en salsa.
Salsa:
4 groot tamaties, fyngekap; 1 gekapte ui;
¼ teelepel rooi rissiepoeier en ½ gekapte groenrissie;
3 eetlepels fyngemaalde pietersielie;
2 eetlepels asyn;
½ eetlepel sout;
peper na smaak.
Metode:
Meng al die salsa bestanddele. Skep die vleis in die tortilla, dan
suurroom en salsa na smaak. Vou toe. Geniet! Helena 10/9/10 ♥ http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html



Gebraaide Tortillawiggies met Bokmelkkaas en Soetrissie- en Tamatierelish
Vir die Tortillawiggies:
Maak ongeveer 3 wiggies per gas – groot tortillas en wraps kan 10 wiggies maak, terwyl mens net 8 uitkry wanneer hulle klein is.
tortillas of wraps (werk uit hoeveel jy gaan benodig)
15 ml olie, of meer
Sny die tortilla of wrap in "pizza"-skywe.
Braai in 'n bietjie verhitte olie tot goudbruin, sit op handdoekpapier om die oortollige olie te dreineer.
Hou eenkant.
Vir die Bokmelkkaas:
Koop 'n sagte bokmelkkaas – die wat in swart peper gerol is werk baie goed. Sny dit in half sentimeter-skyfies en halveer. As jy nie bokmelkkaas in die hande kan kry nie, gebruik fetakaas of roomkaas gerol in kruie of swart peper.*

Helena Kruger http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html

Vir die Soetrissie- en Tamatierelish:
2 klein uie, dun gesny
1 rooi soetrissie
2 mediumgrootte tamaties
25 ml olyfolie
1 kaneelstokkie of 2.5 ml fyn kaneel
5 ml Cajun-speserye
5 ml borrie
60 ml bruinsuiker
60 ml rooiwynasyn
sap van 'n halwe suurlemoen – ongeveer 30 ml
30 ml fyngekapte vars kruie (Italiaanse pietersielie, basiliekruid, salie, roosmaryn)
Metode:
Sny die soetrissie in kwarte – haal al die binnegoed uit - bedek weerskante met 5 ml olie en plaas in 'n pannetjie om in die oond te rooster. Dit neem tussen 5 en 8 minute om bruin en op plekke swart te word. Haal uit en sit die soetrissiekwarte in 'n klein plastiese sakkie – knoop dit toe. Nou sal die soetrissie stoom en die skil makliker afkom. Na ongeveer 10 minute – trek die skille af – as dit op 'n plek so vas is dat jy dit nie kan afkry nie – los dit maar. Sny in klein blokkies.
Sny 'n kruisie in die bo- en onderkant van elke tamatie. Bedek met kookwater en laat staan vir 1 minuut. Spoel af in koue water en trek die skille af. Sny in blokkies. Hou eenkant.
Verhit 15 ml olie in 'n braaipan, voeg dadelik die kaneelstokkie by. As jy fyn kaneel gebruik, voeg dit later saam met die borrie by.Braai die ui tot sag en deurskynend. Voeg die borrie en Cajun-speserye by. Braai vir 1 minuut. Voeg die tamaties en soetrissie by - meng. Voeg die rooiwynasyn, bruinsuiker en suurlemoensap by. Bring tot kookpunt en kook vir ongeveer 10 minute. Die vloeistof moet wegkook. Haal van die hitte af en meng die vars kruie in. Dit kan warm, louwarm of yskoud uit die yskas bedien word.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html

Om die wiggies te maak:
Plaas 'n stukkie kaas op die breë kant van elke wiggie. Skep 'n teelepel relish bo-op.
Jou wereld 10/9/10 Helena ♥http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html


GUACAMOLE
1 groot ryp advokadopeer
1 huisie knoffel, fyngedruk
1 rooi rissie
sout en peper
1t suurlemoensap
Metode:
Sny chillies oop,, verwyder pitte en sny fyn.
Druk advokadopeer fyn en meng met suurlemoensap
Voeg rissies by en geur met sout en peper
HELENA 12/9/10 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html


MEXIKAANSE GUACAMOLE
1 groot, ryp avokado, fyngedruk
15 ml vars suurlemoensap
15 ml fyngekapte ui
1 rooiryp tamatie, skil en pitte
verwyder en in blokkies gesny
1 - 2 groen brandrissies, ontpit en gekap
30 ml vars koljanderblare
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Metode:
Meng al die bestanddele saam.
Moenie te lank vooraf berei nie,
want die avokado gaan verkleur. [200ml]
25/9/10 Helena ♥ http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html


 



CHILLI CON CARNE
Mexikaanse Boontjiegereg
80ml olie
500g gemaalde vleis
1 groot ui
5ml kerriepoeier
125ml water
1 groen soetrissie gekap
4 middelslag tamaties gekap
1 blikkie sousbone
1 blikkie botterbone
paar druppels Tabasco-sous
5ml suiker
50ml vars pietersielie gekap
10ml souspoeier opgelos in lou water.
Metode:
Braai uie in olie en voeg die vleis by...braai mooi bruin..Voeg alles by en prut stadig vir so 20-30min.. baie lekker met so n Vars Broodjie!!!  Helena!!! Feb 2010 ♥ http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html


MEXIKAANSE VLEISPASTEITJIES
Chorizo-empanadas
Deeg
450 g (800 ml) koekmeel
2 ml sout
240 g (260 ml) botter
60 – 90 ml koue water
Plaas die meel, sout en botter in jou voedselverwerker. Meng tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg die water bietjie vir bietjie by tot ’n stywe deeg vorm. Maak die deeg toe met kleefplastiek en plaas in die yskas vir minstens 30 minute.
Vulsel
15 ml olyfolie
1 knoffelhuisie, fyngekap
3 sprietuie, gekap
1 chorizo-wors, in klein blokkies gesny
1 blik gekapte tamaties
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
80 g cheddarkaas, gerasper
1 eier, geklits
Metode:
Verhit die olyfolie in ’n pan. Voeg die knoffel, sprietuie en chorizo by. Braai vir so 5 minute. Voeg die geblikte tamaties by. Geur met sout en swartpeper. Laat oop kook tot die sous verdik. Skep uit in ’n bakkie en laat afkoel. Voeg die gerasperde cheddarkaas by. Verhit jou oond tot 180 ºC. Rol die deeg dun uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Druk sirkels van so 8 – 10 cm uit. Smeer die rand van elke sirkel met geklitste eier. Skep ’n groot teelepelvol van die vulsel op die een helfte van elke sirkel. Vou die deeg toe sodat dit soos ’n halfmaan lyk. Plaas die pasteitjies op ’n gesmeerde bakplaat en smeer elkeen met geklitste eier. Bak vir 25 – 30 minute. Sit warm voor.
Sarie Kos Junie 2010 Helena ♥ http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html


MEKSIKAANSE GARNAAL-CEVICHE
(pekelvis)
Garnale, skoongemaak en uitgedop
Vars lemmetjiesap
Vars suurlemoensap
Rooi ui, in papierdunskywe gesny
1 brandrissie, fyn gekap
Vars koljanderblare, rof gekap
Komkommer, in blokkies gesny
Avokado, rof gekap
Goeie olyfolie
Metode:
Dompel die garnale in gesoute kookwater vir 1 minuut en dompel dit direk daarna in ‘n bak yaswater sodat die kookproses kan ophou.
Marineer die granale dan in ‘n glasbak met vars lemmetjie – en – suurlemoensap vir ½ -uur. Voeg dan die ui en rissie by en marineer vir ‘n verdere ½ - uur.
Voeg dan die koljanderblare, komkommer, avokado en olyfolie by Baie lekker !!! “Oosrand” Helena 11/10/10 ♥ http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html


TACO SHELLS RECIPE  HOMEMADE Taco shells
1 1/2 cup cold water
1 cup all purpose flour
1/2 cup corn meal
1/4 teaspoon salt
1 egg
Mix all together with hand beater. Pour 1/4 cup into a hot greased skillet and fry like pancakes. Use as taco shell.!!!!!
1/11/10 ♥ http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html





TORTILLA DISH

Maureen Fowler
My inbox was flooded so i made it and used my own picture. It is supposed to be done in a pie dish but thanks to my cat and his figure 8 through my feet it broke so I improvised and used baking dish. Hubby cut it into 4 pieces,,,he took one before I could snap the pic lol Thanks for your support......enjoy
*The cat is fine, uninjured, but glad he can not repeat the names he was called. :)
Ingredients
1 lbs ground beef
1/2 onion (chopped)
1 tsps minced garlic
1 ozs black olives (sliced)
8 oz can Ro-Tels (tomato and green chili blend)
sliced jalapenos to taste (optional)
8 ozs taco sauce
16 ozs refried beans
6 flour tortillas (8 inch)
Mexican blend cheese (shredded)
Preheat oven to 350 degrees F (175 degrees C).
In a large skillet over medium heat, saute the ground beef for 5 minutes. Add the onion and garlic, and saute for 5 more minutes. Drain any excess fat, if desired. Mix in the olives, Ro-Tels, jalapenos, taco sauce and refried beans. Stir mixture thoroughly, reduce heat to low, and let simmer for 15 to 20 minutes.
Spread a thin layer of the meat mixture in the bottom of a 9 inch pie plate. Cover with a layer of tortillas followed by more meat mixture, then a layer of cheese. Repeat tortilla, meat, cheese pattern until all the tortillas are used, topping off with a layer of meat mixture and cheese.
Bake for 20 to 30 minutes in the preheated oven, or until cheese is slightly brown and bubbly.
For presentation or taste you could also serve this topped with shredded lettuce and chopped tomatoes
By: Kitchen to Kitchen http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html


TORTILLAS
750 ml Meelblom (koringmeel)
1 t Sout
90 ml Olie
250 ml Warm water
Metode:
Meng die meel, sout en olie in 'n groot bak, meng tot 'n krummelrige deeg (soos koek). Voeg water by totdat jy 'n bal vorm.
Neem die deeg uit die bak en knie vyf minute op 'n gladde, meelbestrooide oppervlak totdat dit sag en elasties. Bedek met kleefplastiek laat vir 2 ure.
Nadat die deeg gerus het, verdeel in 12 gelyke dele en elke individu in jou palm van jou hand 'n bal vorm. Op 'n meelbestrooide oppervlak rol elke bal ongeveer 21 cm.uit Plaas die Tortillas in lae met kleefplastiek tussen in[of bakpapier] Of pak uit op jou werksoppervlak en bedek met plastiek.
Maak jou pan lekker warm en plaas een van die tortillas in die pan en braai 30 sekondes tot goudbruin draaiom en braai die ander kant Die tortillas kan warm of koud wees. Om warm te maak, gebruik jou mikrogolf vir n paar sek
Helena 1/11/10 ♥ http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html



MIELIEMEEL TORTILLAS
11/2k Koekmeel
1k Mieliemeel
1/4t sout
1k warm water
Metode:
Meng koekmeel en mieliemeel en sout. Maak n holte in die middel van die deeg en voeg jou water geleidelik by. Knie vir 10min tot n lekker deeg. Verdeel jou deeg in ses bolletjies en rol dit uit.Maak dit met n klam lappie toe en braai dit in n warm pan so 1min aan n kant. Uit 4x4 Safari Kookboek...Baie lekker en vinnig!!♥

Helena Kruger http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html


MIELIEMEEL TORTILLAS
*Helena Kruger* 
250ml Mieliemeel
125ml Koekmeel
Knippie sout
375ml Melk
10ml Olie
1 Eier
Metode:
Klits melk olie en eier saam. Voeg al die droee best. by en meng goeg.Bak soos Pannekoek. Handgeskrewe resep uit my" Moeder se Kookboek" !!!n.s neem aan ek het met dit groot geword!!!

Helena Kruger http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html

HOENDER-EN-MAYONNAISE-TORTILLAS 
Deur Bernice van der Merwe
1 gaar hoender
1 ui, gerasper
1 klein wortel, gerasper
1 klein selderystingel, fyn gekap
2 groot agurkies, fyn gekap
30 ml (2 e) pietersielie, fyn gekap
125 ml (½ k) mayonnaise
125 ml (½ k) natuurlike jogurt
2 ml (½ t) paprika
sout en vars gemaalde swartpeper
slaaiblare
4 sagte tortillas
1 ryp tamatie, in blokkies gesny
Metode:
Ontbeen die hoender (gooi die vel, vet en been weg), sny die vleis in kleiner blokkies en meng met die ui, wortel, seldery, agurkies, pietersielie, mayonnaise en natuurlike jogurt.
Geur met paprika, sout en peper.
Rangskik die slaaibare op die tortillas en skep die hoender-mayonnaise op die blare.
Sprinkel die tamatieblokkies oor en rol die tortillas op “Huisgenoot” 28/3/11 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html



HOENDER-QUESADILLAS MET AVOKADO EN FETA 
(4 - 6 porsies)
4 (500 g) hoenderborsies
45 ml olyfolie
2 knoffelhuisies, gekap
sap van 2 suurlemoene
8 tortillas
2 avokado's, met 'n vurk fyngedruk
200 g fetakaas
½ ui, fyngekap
2 tamaties, grofgekap
hand vol vars koljander, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
Metode:
Verhit oond tot 200 ˚C. Plaas hoender in 'n oondvaste bak en sprinkel eers olyfolie, dan gekapte knoffel en suurlemoensap oor. Rooster vir 20 minute of tot goudbruin en gaar. Plaas 4 tortillas op bakplate en smeer avokado met 'n lepel se agterkant oor. Breek gaar hoender in stukke en verdeel tussen tortillas. Krummel fetakaas oor, gevolg deur gekapte ui en tamatie. Sprinkel koljander oor en geur goed met sout en swartpeper. Plaas tweede tortilla bo-op elkeen en druk stewig vas. Plaas terug in warm oond en bak vir 10 - 15 minute of totdat fetakaas gesmelt is. Sny in kwarte met 'n skerp mes en sit warm voor.*

Benhet Nieuwenhuis http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html

Quesadillas
twee tortillas vasgesmelt aan mekaar met kaas en ‘n paar ander bestanddele – is die maklikste, heerlikste snack of middagete om te maak. Maar hoe om dit meer gesond te maak? Maak hierdie weergawe – ‘n repocheta. In die geval is daar ‘n heerlike, vars slaai wat jy op die kwarte quesadillas skep, toevou en hap.
Al wat jy hiervoor hoef te doen is om ‘n paar tortilla-toebroodjies te braai en tussenin slaai te maak.
Sprinkel ‘n mengsel van gerasperde cheddar- en mozzarellakaas op ‘n tortilla. Gekrummelde fetakaas is opsioneel – en heerlik. Sit ‘n tortilla bo-op en druk vas.
Verhit ‘n groot, plat braaipan en smeer die bokant van die tortilla-toebroodjie met olyfolie. Braai olie-kant eerste, en smeer solank die ander kant terwyl dit braai.
Braai totdat dit goudbruin aan die een kant is voor jy dit omdraai en die ander kant ook braai.
Sny in kwarte.
Maak die slaai deur gehalveerde kersietamaties, gekapte blaarslaai, gehalveerde swart olywe en gerasperde wortel. Maak ‘n slaaisous met basiliekruidpesto*, olyfolie, ‘n sprinkel suurlemoensap en ‘n knippie suiker. Meng alles saam.
Gryp dan ‘n kwart quesadilla in die hand, skep slaai in die middel, vou in die helfte en vat een, groot blissful hap. WILNA MYBURG!!!25/10/11 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html



Bean Burritos
-Serves 4
100g white rice
1 onion, chopped
1tbsp oil, plus extra for greasing
½ tsp ground cumin
1tsp easy chillies
2 x300g pinto beans
200g salsa
8 Medium tortillas
100g extra mature cheddar
Preheat oven to 180C.
Cook the rice, and fry the onion in the oil until soft. Stir in the cumin and chillies and cook
another 1 min. Add the pinto beans and mash with a fork. Stir in the rice and salsa and season with
salt. Heat the tortillas and divide the filling in 8 even portions. Spoon onto a tortilla and sprnkle with cheese and fold like a parcel. Arrange on a baking tray, with the seam side down, bake 10-15mins. Serve with salad.*

Riana Groenewald http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html

5 Laag sous:
Blikke Tamatie en uie gegeur met sout pepper en origanum onder in 'n glas bak
Smeer 'n bakkie suur room oor
Sprinkel 1 koppie gerasperde Cheddar kaas oor
Smeer guacamole baie dik bo-oor.
Krummel 'n hele wiel feta kaas bo op die hele spulletjie... Bedien saam met die Jelapeno Chillies of groot nacho chips.*

Christabel Garisch http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html


Hard Taco Shells
Heat about 1 inch of oil in a heavy skillet over medium to medium-high heat to 365 degrees F (180 degrees C).
Use tongs to place one tortilla at a time into the oil. It should start to sizzle right away. Cook for about 15 seconds, then flip over and fold the shell in half, holding in place with the tongs until crispy, about 15 seconds. You may need a little practice at first. Drain on paper towels, and sprinkle with salt while still hot. Use for tacos right away, or they may become chewy. Leftovers may be heated in the oven for crisping. 30/5/12*All Recipes*

Helena Kruger http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html


CRISPY STRIPS FOR TWISTERS
500 g skinless chicken breasts
vegetable oil (for deep frying) MARINADE
4 cups water
1 teaspoon salt
1 teaspoon msg
COATING
1 egg, beaten
1 cup milk
2 cups plain flour
3 teaspoons salt
1 teaspoon pepper
1 1/2 tablespoons paprika
1 tablespoon Mexican chili powder
1 teaspoon msg (isn't really important it just adds extra fla  vour)
TWISTER
1 cup lettuce, shredded
1 tomato, diced
salt, pepper mayonnaise 6 tortillas (like yiros bread but thinner)
Directions:
1  Trim any excess skin or fat from the chicken breasts.
2  Slice the chicken breasts into nice size strips (approximately 1/2 inch x 3-4 inches).
3  Combine the water, salt and MSG for the marinade in a large bowl and place chicken in to set for 20 minutes.
4  Turn the strips once while they are marinating.
5  Combine the beaten egg and milk and a bit of pepper in a medium size bowl.
6  In a small plastic bag combine the remaining ingredients (flour, salt, pepper, paprika, Mexican chille and MSG) and shake.
7  At this time you can start to preheat the oil in a deep-fryer to 220 deg.
8  When the chicken has been marinating for 20 minutes, transfer each piece to paper towels so that excess liquid can drain off.
9  Using about ten strips at once, place the chicken in the bag with the flouer and shake the bag until the strips of chicken are coated.
10  Place them on a plate.
11  Once they have been coated with the flour mixture dip them in the egg and milk mixture individualy and them back into the bag for another shake.
12  Be sure to try and get as much coating on each strip.
13  If you wish you can coat them again if you want a thicker coating.
14  Drop the strips, 5-6 at a time into the hot oil.
15  They should only take a couple of minutes depending on how you like your chicken.
16  Be sure to stir when frying so the strips don't stick together.
17  Remove the chicken from the oil and allow them to drain on paper towels for a couple of minutes.
18  Heat the tortilla bread in a frying pan on each side until it is nice and warm but not crispy, then remove from the pan.
19  Place about 3-4 (depending on size) krispy strips on the tortilla bread.
20  Then add the tomato and mayonnaise.
21  Put plenty of pepper and salt on the mayonnaise.
22  Then add the lettuce.
23  Roll up and serve.

Petra Pretorius
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html




 




MAAK JOU EIE TACO'S

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html
Taco shells is VERSKRIKLIK duur. Ons het 'n plan gemaak.
Ons het bulk tortillas by Food lovers market gekoop, kleiner gesny en ek het dit oor my oondrakkie gepak teen 200C tot crispy. Dit het perfek gewerk*
Maria Liebenberg



SPICY MEXICAN CORNBREAD

(Carol Beckerman & Deb Wheaton)

This spicy cornbread is really colourful & extremely good with a chilli dish.
Ingr:
280g cornmeal;
1tsp salt;
1tsp baking powder;
1tsp bicarb;
110g finely chopped green onions(green part only);
110g finely shredded cheddar cheese;
1 or 2 red chillies, (mild or hot) finely chopped;
2 eggs;
470ml buttermilk;
1x400g tin creamed corn &
60ml olive oil.
METHOD:
Preheat oven to 190dC & grease a 22x33cm loaf tin. In a large bowl, mix cornmeal with the salt, b/powder, bicarb, spring onions, cheese & chillies. In another bowl , whisk eggs with the buttermilk, creamed corn & olive oil. Make a well in the centre of cornmeal mixt & quickly pour in the egg mixture. Stir lightly until just combined, pour into loaf tin & bake for about 25mins or until golden brown & cooked through. Cool in tin for 10mins, then turn out to cool on a wire rack. (Makes 1 loaf)  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html



MEXIKAANSE AAND



BEEF ENCHILLADAS

2 E Olyfolie
2 groot uie dun gesny
550g maer beesvleis in repies of gemaal
1 E fyn komyn
1 t cayenne peper
1 t paprika
Sout en peper
8 sagte meel tortillas
Bottel Taco sous, verdun indien nodig
225 g gerasperde Cheddar kaas

Metode
Verhit oond tot 180 grade.... Smeer n groot reghoekige oondbak Verhit pan op stoof en braai uie tot deurskynend. Haal uit en hou eenkant. Vermeerder hitte, voeg vleis by en braai vir 2-3 min.  Verminder hitte, voeg by die speserye sout en peper en roerbraai vir 2 min. Gooi Taco sous in vlak ronde bak en sleep tortilla daardeur. Skep bietjie vleis in die middel, sit bietjie uie bo-op en rol op. Plaas soomkant onder in bak, gooi orige Taco sous bo-oor en strooi kaas oor....bak vir 30 min http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html

CHORISO EN KAAS QUESADILLAS

115g gerasperde Mozarella kaas
115g Cheddar kaas
225g Chorizo wors, vel verwyder en in klein blokkies gesny
4 grasuie fyn gesny
2 vars groenrissie, pitte verwyder en fyn gesny
Sout en peper
8 sagte meel tortillas
Olie om te verf
Metode
Meng kase, chorizo, grasuie, rissies, sout en peper Verdeel in 4 en sprei oor Tortillas en bedek met nog n Tortilla (soos n toebroodjie) Verf n swaarboompan met olie en braai Tortillas stadig tot goudbruin vir 4 min Draai om en braai aan anderkant Sny in 4 met pizza wiel http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html

SPICY CHICKEN WINGS HOENDERVLERKIES

1 Pakkie Chili Bite Mix
Kook hoendervlerkies vir 5 min in soutwater. Laat effens afkoel en skud in Chili bite mengsel. Diepbraai tot goudbruin http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html



REFRIED BEANS

Blikkie Bone in Tamatiesous
1 ui, fyngekap
Vars tiemie takkie
Lourier blaar
1 rooi brandrissie, pitte verwder en fyn gekap
3 E Olyfolie
2 t fyn komyn
85 g cheddar gerasper

Metode:
Verhit olie in swaarboompad en braai 10 min Voeg komyn by en braai 2 min en roer Voeg bone, lourierblaar en tiemietakkie by en prut tot dik Voeg kaas by en roer http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html

GUACAMOLE

2 ryp avos, geskil en fyngemaak
1 tamatie, fyn gekap
2 E fyn koljanderblare
1 E grasui, fyn gekap
1/2 brandrissie, pitte verwyder en fyn gekap
Sap van 1/2 suurlemoen
1/ t sout
Metode
Meng alles saam http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html

SALSA

1 blikkie pitmielies gedreineer
1 rooi soetrissie in klein blokkies
1 huisie knoffel, fyn gesny
1 - 2 fyngekapte gebottelde jalapeno rissie
4 grasuie, fyn gekap
1 E olyfolie
1 E fyngekapte koljanderblare
Sout
Metode
Meng alles goed saam Doen alle voorbereidings en bak Enchilladas net voor opdiening, diepbraai hoendervlerkies en braai Quesadillas... Skep ook suurroom in n bakkie om saam te bedien http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/meskikaanse-mexican-geregte.html

No comments:

Post a Comment