Saturday 2 March 2013

PANNEKOEK-NAGEREGTE



GERRIE SE PANNEKOEK- NAGEREG**
Gerrie Van Antwerpen
Jy maak soveel pannekoeke as wat jy nageregte gaan maak:
 Jy het 'n groot brandewyn glas (soos Napoleon Goblets) nodig vir elke nagereg.
 1 bottel Kersie likeur
 1 x 250g strooisuiker
 1 blikkie aarbeie in stroop
 1 bak Blueberry Cheesecake roomys
 Vars room, kersies en sjokolade stroop of verkrummelde flake.
 Nadat jy die pannekoeke gemaak het moet dit warm gehou word.
 Gooi die aarbeie in 'n groot pan en voeg 'n koppie kersielikeur daarby, terwyl jy dit roer moet jy die strooisuiker byvoeg en aanhou roer totdat dit 'n dik stroop vorm.
Sny vir elke glas 'n warm pannekoek in repies en skep onder in die glas.
 Skep 'n groot lepel of twee strawberry cheesecake roomys daaroor, gevolg met die aarbei stroop uit die pan, volg op met geklopte vars room en sjokolade stroop of gebreekte flake stukkies daaroor en rond af met 'n kersie.2/3/13

No comments:

Post a Comment