Saturday, 2 March 2013

PEPPADEWS INMAAK



PEPPADEWS EN FETA
Wanneer ek soms blokkies Fetakaas insit, pak ek my koue gevulde peppadews in die bottels en gooi die warm stroopsous oor en bottel dit dadelik warm, sonder om die peppadews vooraf te kook, dit werk soos 'n bom !Plus 'n handvol vars geskeurde basillie blare!
Groetnis! Retha van So Maak Mens 5/6/12
1k suiker
1k asyn
Laat goed kook en gooi warm vloeistof oor jou ingepakte Peppedews in jou bottels Haal al die borreltjies uit met n sosatiestokkie en verseel dadelik****Helena Kruger. — at Die Grasdak Bultfontein.*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/peppedews-inmaak.html


 INMAAK VAN PEPPADEWS 
Stroop:
1 1/2 k Asyn
1 1/4 k Suiker
1k Water
Paar gesnyde stukke vars gemmer
Paar knoffelhuisies
2t Peperkorrels
Bay leaf of n suurlemoen blaar
knippie sout
2 groen chillis
METODE:
Sny jou stingels af en haal die pitte mooi uit
Laat in n oplossing van 4t Sout op 2k Water le oornag of n paar ure
Spoel more baie goed af en maak droog
Kook jou stroop vir so 5min. en gooi dan jou Peppedews by en kook weer 5min
Nie pap nie nog styf
Pak dan jou bottels lekker styf in en gooi jou stroop bo oor
Pak bo op n knoffel stukkie en n gemmer stukkie net soos jy wil en verseel jou bottels baie goed
Laat dit vir so 2-3 weke staan of langer voor jy dit gebruik
Baie lekker hoe langer dit staan van myne staan al 3jaar!!!
n.s.>>>skud die bottel sodat die sous in die gaatjies kan inloop voor jy dit verseel en gooi dan nog sous by as dit kort..
Helena Kruger"30/1/10
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/peppedews-inmaak.html

 




INGEMAAKTE PEPPADEWS

Lenie Engelbrecht

Haal pitte uit laat oornag in soutwater le
Kook stroop volg dag
1en ½  k Witwynasyn,
¼ K  Suiker
1 k water
Vars gemmer
Suurlemoenblare
2 e Gemaalde Swartpeper
Kook stroop 1min
Gooi peppedews se water af
Gooi in stroop en kook vir 2min. bottel warm*02/05/2014
  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/peppedews-inmaak.html


 Helena Kruger
SOET PEPPADEW PIEKELS
3 koppies vars peppadews (Stingels en sade verwyder)
1 koppie bruinsuiker
1 koppie kookwater
1 eetlepel heuning
1 teelepel growwe sout
1 koppie wit druiwe asyn
Koljander sade, heel swart peper korrels, heel anys saad, naeltjies
Sit peppadews, water, sout, suiker en heuning in 'n pot. Kook stadig vir 15 minute. Gooi dan asyn by en kook nog 2 minute. Skep in skoon bottels. Sit halwe teelepel koljander saad, so 10 peper korrels, halwe teelepel anys sade, en 2 naeltjies in elke bottel. Maak seker die peppadews is tot bo toe met stroop. Draai bottels onderstebo tot koud. Bere in yskas tot benodig. Lekker by pizza, kaas broodtjie of kouevleis! “Snip” 10/12/11
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/peppedews-inmaak.html

 Anne-Marie Jansen van Vuuren
PEPPADEW PICKLES
Klink baie lekker....mag ek my resep deel met jou? Ek kook my peppadews in gelyke dele suiker, water en asyn met bietjie picklingspice wat in weggooi doekie toegebind is, vir 5 minute en bottel warm en bere 2 weke voor gebruik. baie lekker.
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/peppedews-inmaak.html


Louise Groenewald
INMAAK VAN PEPPADEWS
Die Peppadews se kookstropie is gelyke dele suiker, asyn & water. Ek het 1 en 'n half koppies elk gebruik. Jy haal die pitjies uit en kook dit in die sousie vir 5 minute en bottel dan saam met die sous. Wag so twee weke voor jy proe. Kan 'n mens nie 'n piekel ding met die bell peppers doen nie? Kyk daar onder inmaak/inlê op die blog, dalk is daar iets lekkers.
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/peppedews-inmaak.html


Jacques Gericke
Inle van peppadews/rissies
Kook die vlgde saam en roer tot suiker opgelos is:
1K suiker
1K wit asyn
Gooi oor gebottelde rissies en seel.
Laat staan 2-3weke voor gebruik.
Sous is heerlik in disse.
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/peppedews-inmaak.html


 Tilla Stoltz
INLE VAN PEPPADEWS
3 kop suiker
3 kop asyn
2 kop water
10 kop gesnyde peppadews - verwyder pitte (1 kg)
Kook suiker, asyn en water saam vir 20 minute – roer elke nou en dan.
Voeg gesnyde peppadews by mengsel.
Kook vir verdere 10 - 15 minute - roer na 5 minute.
Sit lourierblaar of knoffel by.
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/peppedews-inmaak.html

Maria Venter
INMAAK VAN PEPPADEWS
Peppedew halwes
1ksuiker
1k asyn
1k water
Haal pitte uit laat le in kook water
Kook stroop eenkant.
Sit peppedew warm in bottel gooi stroop oor
Verseel deeglik*2/3/13
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/peppedews-inmaak.html



Peppadew inmaak
Sandra van Zyl
 ek het my peppadews met hierdie resep ingele en dit in voorwaar n wenner,
1 kop water,
1 kop witasyn,
1 kop suiker:
 kook dit saam



Haal pitte uit, plaas net in koel water,
Gooi in kokende stroop en kook vir 2 minute.
Gooi in bottels, Dit is rerig lekker en kan saam met als geeet word.*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/peppedews-inmaak.html